Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 133

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die tweede uitstuur van die leerlinge

133 Toe ons die herberg binnekom, was alle leerlinge ook al op, en hulle vra My om vergifnis omdat hulle hierdie oggend verslaap het.

[2] Maar Ek sê: “Wees gerus, want Ek het dit so gewil!”

[3] Daarop word hulle almal rustig, gaan aan tafel sit en neem saam met My die welbereide oggendmaal tot hulle. Hierdie keer smaak die Griekse vis vir almal goed.

[4] Na die oggendmaal sê Ek aan die leerlinge: “Slegs één keer, by die begin van My amp as leraar, het Ek julle voor My uitgestuur om in die dorpe en stede die mense oor My en My ryk te vertel, en het Ek julle die mag gegee om siekes te genees deur hulle in My Naam die hande op te lê en die duiwels en bose geeste, waarvan so vele mense besete is, uit te dryf; julle het vir `n kort tyd gegaan, en julle weet waar en wanneer Ek julle weer na My toe gebring het. En kyk, daardie vooruitstuur het `n langdurige goeie invloed gehad.

[5] Ons bevind ons nou in die groot landstreek Hauran* wat byna vanaf die oorsprong van die Jordaan tot aan die uitmonding daarvan in die Dooie See die baie bergagtige, oostelike oewer vorm. In hierdie landstreek, wat vroeër buitengewoon geseën was, lê die tien grote stede, waarvan ons daar nou in `n kort tyd enkele met baie goeie gevolg bewerk het. *(Ook genoem in Esegiël 47:16 en 18),

[6] Maar dan is daar nog vele waarheen ons moet reis; want van die tien groot stede het ons net drie besoek - naamlik Pella, Abila en Golan (want Afek behoort tot die kleiner stede) - en sodoende bly daar nog sewe groot stede en `n groot aantal kleiner stede en ander plekke oor, en My tyd loop ten einde.

[7] Ek het nou ruim twee en `n half jaar byna heeltemal alleen sonder enige rus en onderbreking gewerk, en nou wil Ek hier in die lieflingsoord van My `n ruspouse van sewe dae neem.

[8] Johannes, Jakobus die ouere, en Matthéüs, ons skrywer, moet by My bly; julle oorblywendes moet julle egter in twee groepe verdeel! Die een groep moet na Hippos gaan, `n klein stad, wat nie verder van Afek lê as dié klein dorp nie, en die tweede moet hulle na Edrei begeef, wat ook eerder `n klein as `n groot stad is, wat van hier af na die suidooste lê en maklik binne enkele ure bereik kan word!

[9] In hierdie twee stede sal julle grotendeels Grieke en ook Romeine aantref. In elk van hierdie stede is verskeie herberge; bly in die herberg waar mense julle sal opneem, en eet en drink wat mense julle sal voorsit!

[10] As julle werklik in My Naam sal handel, sal julle oral goed opgeneem word. As julle egter julle intrek neem in `n herberg, sê dan: “Die vrede sy met julle! Ons het gekom om julle die groot lewenslig uit die hemele van die Een, enig ware God te verkondig en Hom aan julle bekend te maak. As julle in Hom glo, sal julle aan ons, Sy uitgestuurdes, Sy goddelike krag ervaar.”

[11] Daar waar mense julle na die begroetingswoorde sal opneem, moet julle bly en in die huis My Naam en My leer verkondig.

[12] Julle sal in beide stede en ook in enkele klein plekkies daaromheen `n groot aantal siekes vind; genees die, dan sal julle in My Naam `n ryk oes vergaar! Maar laat julle deur niemand met geld vir julle moeite betaal nie; want so lank Ek liggaamlik op hierdie aarde is, sal julle geen geld nodig hê om van te leef nie. As iemand julle egter uit suiwer liefde iets sou aanbied, kan julle dit wel aanneem, ook as dit geld is; want oral is armes, aan wie julle dit op julle beurt weer kan gee!

[13] Oor sewe dae moet julle weer hier wees, dan sal ons daarna verder reis! Julle weet nou wat julle te doen staan, sodat julle nou goed op pad kan wees!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205