Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 219

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die kenmerke van `n vals profeet

219 Simon Juda sê: “O Majesteit en Heer, ek begryp dit alles nou so helder en duidelik, dat ek glo dat dit gewoon nie duideliker kan nie! Maar ek moet wel eerlik beken dat dit vir ons, U eerste leerlinge, wel makliker is om die dinge te begryp, omdat ons deur U barmhartigheid en liefde by veel geleenthede groot en soortgelyke verklarings gehoor het. Maar dit sal nog veel moeilikhede oplewer om ook aan vele ander, wat nog in die duisternis wandel, dergelike waarhede netso duidelik te maak soos wat ons hulle nou self insien. Met veel van U leer, wat U heel eenvoudig onder woorde gebring het, o Majesteit en Heer, sal dit nie veel beter gaan as met die baie leringe uit die mond van die profete nie, veral die profete Daniël en Esegiël, en die leringe wat van die wysheid van Salomo ontspring het. Want hoe gereelder jy dit lees, of hoe gereelder jy jou dit laat voorlees, des te minder begryp jy dit!

[2] U leer het `n soortgelyke karakter, in die besonder waar U in gelykenisse en beelde spreek. Ons begryp U gelykenisse en beelde nou goed; maar vele duisende en nog eers duisende mense wat na ons sal kom, sal U leer ook aanneem, maar die gelykenisse en beelde nie begryp nie, en hoogs waarskynlik maar al te gereeld `n verkeerde betekenis daaraan toeken, en op die manier sal U so suiwer en ware leer veelvuldig verbrokkel word. Maar wat moet ons doen om daardie kwaad teen te gaan?”

[3] Ek sê: “Het Ek julle nie gesê dat dit julle gegee is om die geheime van My ryk te begryp, omdat Ek julle uitverkies het as My leerlinge en leraars van die volk, wat My sal navolg nie? Want elke leraar en meester moet onmiskenbaar meer weet en begryp as sy leerling, anders sou hy geen leraar en meester kan wees nie!

[4] As die meester nie wyser sou wees as die leerling nie, sou dit net so gaan soos wanneer die een blinde die ander sou lei, Net vir so lank totdat hulle by `n kuil kom, waarin hulle dan albei tegelyk sou val; daarom is daar maar weiniges uitverkies, hoewel daar vele geroep is.

[5] Hulle moet aanvanklik alleen met die heel eenvoudige melk van My leer gevoed word; as hulle daarna manlik en sterk word, kan mens hulle wel manliker en kragtiger voedsel gee. Let dus veral daarop dat daar geen mense opstaan wat net geroep is en wat aan die volk sê: “Ook ons behoort tot die uitverkorenes!”, om vervolgens die volk te leer terwille van aardse voordeel; want dan sou die een blinde die ander lei!

[6] Wie van die mense egter uitverkore is, sal julle herken aan die feit dat hy, netsoos julle van My Gees vervul is, en die ware liefde vir God en die naaste sal verkondig.

[7] As hy egter net so preek soos wat die fariseërs in die tempel doen, dan is hy iemand wat deur die fariseërs uitverkies is en is netsoos hulle van hierdie wêreld en netsoos hulle `n duiwel; want wie nie deur die ware liefde en wysheid uit My vergaar wat verstrooid is nie, is `n valse leraar. So iemand stort die mense in bygeloof, waaruit - veral as die mense ouer geword het en egter heeltemal vasgegroei is in die duisternis van die bygeloof - alle engele van die hemel hulle nie meer in die sfeer van die suiwer waarheid kan bring nie, waardeur hulle dan in alle dinge sou vry word. En Ek sê julle dat alle kwade makliker te verwyder is by `n mens as die bygeloof, want by ieder ander kwaad is die siel van `n mens slegs gedeeltelik gevang, maar deur duister bygeloof, heeltemal!

[8] Ek het julle al eens gesê dat selfs nog tydens julle lewe `n groot aantal valse leraars en profete en daarmee ook `n groot aantal valse Christusse sal opstaan, die volk sal onderrig en sê: “Kyk, hier is Christus!” of “Daar is hy!” of “Hy woon in die tempels!” of "in die kamers!”. Sê in so `n geval dan aan die volk dat die volk met so `n leer bedrieg word!

[9] Die mense wat hulle tot julle sal bekeer, lê julle die hande op en doop hulle in My Naam! Ek sal My Gees oor hulle uitstort, dan sal hulle die waarheid herken en die valse profete en valse Christusse daarna self uit die gemeente verwyder.

[10] As die verleide mense nie na julle wil luister en julle terwille van hulle valse leraars en profete nog vervolg het, wend julle dan van hulle af en trek verder daarheen, waar My Gees julle heen sal trek! Laat al die oorblywende aan My oor; want Ek sal weet om sulke valse leraars en profete wel op die regte oomblik met My oordeel te besoek, en aan die anderkant sal dit met sulke valse leraars en profete net so gaan, soos met die gas by My feesmaal wat geen bruilofskleed aangehad het nie, en die siele wat hulle duister gemaak het, sal hulle mees bittere vervolgers wees!

[11] Dit is genoeg as My leer slegs by weiniges suiwer gehou word, en daarvoor sal te alle tye gesorg word. Maar die hoipolloi van die wêreldse mense, sal tot die einde toe deurgaan om hulleself te wentel en te baai in hulle ou drek en modderpoel, en daarby geld weer My gebod aan julle om My pêrels nie vir die varke te gooi nie.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205