Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 94

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die Heer genees die siekes in die herberg

94 Toe binne `n halfuur alle siekes, ongeveer dertig in totaal, in die saal gebring was, sê die herbergier: “Kyk, o Heer, Majesteit, hier is nou die siekes van my huis! As U hulle wil genees, doen dit, dan sal my gehele huis in U glo en U buitengewoon eer en liefhê!”

[2] Ek sê: “Dan geskied dit volgens jou geloof!”

[3] Toe Ek dit gesê het, word almal plotseling so volkome gesond, asof hulle nooit iets makeer het nie.

[4] Daarna hou die loof en prys vir My wese maar nie op nie, en die geneesdes beskou My as `n God in die sin van hulle heidense leer en vra My, terwyl hulle op hulle knieë staan, of Ek so genadig wil wees om hulle te sê of Ek miskien Jupiter self of `n ander God was, sodat hulle die God steeds die grootste eer en dankbaarheid kon betoon.

[5] Maar Ek sê; “Ek is nóg Jupiter nóg een of ander uit julle reeks gode, wat nooit bestaan het, nie bestaan nie en nooit sal bestaan nie!

[6] Gaan nou almal na julle kamers en neem voedsel en wyn tot julle en versterk julle ledemate! Alles wat julle verder van My moet glo en dink, sal julle môre verkondig word!”

[7] Daarop begewe die geneesdes hulle onmiddellik na hulle kamers, en sommiges loop na enkele priesters, wat in `n ander saal van hierdie herberg bymekaar sit en nog steeds met mekaar beraadslaag hoe hulle die volk nog groter offers kon afpers, en hulle vertel hulle hoe hulle op wonderbaarlike wyse genees was deur `n man, wat na sy kleding te oordeel, `n Judeër was, maar deur sy woord en wil gewerk het soos `n ware, lewende God.

[8] Toe die priesters dit oor My gehoor het en sien dat die welbekende siekes nou volkome genees voor hulle staan, weet hulle nie wat hulle moes doen nie.

[9] Een van die priesters sê: “Laat ons self na die wonderbaarlike man gaan, en dit sal wel blyk wat daar agter hom skuil; want die dom volk kan nie oor dergelike dinge oordeel nie! Maar laat eers een van ons daarheen gaan, die wonderman aan die tand voel en ons dan vertel wat vir `n persoon hy is! Waarskynlik is dit een van die Essene, wat geweldig goed tuis is in alle soorte towery!”

[10] Daarop kom een van hulle, `n Romein wat goed tuis was in baie kunste en wetenskappe, na ons toe in die eetsaal, begroet die kommandant en vra toe dadelik vir My.

[11] Die kommandant sê baie bars vir hom: “Hier regs van my sit Die Een wie se Naam ons nie waardig is om uit te spreek nie!”

[12] Toe die priester dit hoor, word hy minder brutaal, wend hom tot My en sê: “Vergeef my dat ek die vryheid neem om U met alle eerbied en beskeidenheid te vra hoe U sonder enige hulpmiddel die siekes kon genees! Ek begryp baie dinge en het baie ervaring, en weet ook hoe om te beoordeel, wat iemand, wat baie vertroud is met die geheime kragte van die natuur, tot stand kan bring. Sonder bepaalde geheime middele, wat vir sover ek weet, het nog geen enkele magiër of priester ooit `n wonder gedoen wat net die gode sou kon doen nie - as dit volgens waarheid en in werklikheid sou bestaan; maar by U lyk dit tog so te wees, dat U enkel deur U woord en U wil dade kan volbring, en U het geen hulpmiddel daarby nodig nie?

[13] Hoe het U so `n wilskrag verkry, en hoe sou `n ander mens dit kan verkry? Want dat daar by die mense, in die mag van hulle wil, groot verskille bestaan, is verseker, en daaruit val ten besluite dat iemand wat reeds van nature `n sterk wil besit, dit met die korrekte ontwikkeling van sy wil, uiteindelik tot `n verbasingwekkende krag sou moet bring, veral as hy ook volkome vertroud sou wees met die geheime kragte, magte en vermoëns van die groot natuur.

[14] Maar waar en hoe kan mens so `n ontwikkeling van sy wil bereik? Waar en hoe het U so `n mag van U wil verkry, soos wat daar nog byna nooit bestaan het nie?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205