Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 68

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Liefde en geduld, die twee grootste deugde van die mens

68 Ek sê: “Liefde en geduld is die twee grootste dinge vir alles in hierdie wêreld, asook in die ewige oneindigheid. Aan liefde ontbreek dit jou nie. Daarom het Ek My ook deur jou laat vind en baie gou laat herken; maar aan die regte geduld, wat volledig hand aan hand gaan met die liefde, ontbreek dit jou nog.

[2] Doen vandag in My Naam maar net soveel as wat vir jou moontlik is, dan sal die daaropvolgende dag jou wel sê wat jy vir die bereik van `n edel doel verder te doen staan! Want sien, in hierdie meer as groot, vir julle mense bestemde wêreld, kan mens niks so maklik oor die knie breek as `n ou vermolmde stuk hout nie; want as dit so sou gewees het, sou Ek nooit `n liggaam van vlees en bloed aangeneem het nie en sou Ek nooit as mens na julle mense toe gekom het om Self met baie moeite en baie, baie geduld julle in die dinge van My ryk te onderrig nie.

[3] Elke mens het `n volkome vrye wil, en dit moet vóór alles in die oog gehou en gerespekteer word. Dit sou dus nie so goed wees om veral die mense, wat hulle nog nie intensief met die leer van die Stoïsyne besig gehou het nie, dadelik op die groot wonder te wys wat Ek gedoen het, maar julle moet onderrig word oor My bestaan wat in die gees geen begin en geen einde het nie, dit wil sê, oor die een, enige ware God; daarna moet aan hulle duidelik gemaak word wat Sy wil is, en dat die mens wat aan die wil voldoen, die regte doel bereik.

[4] En as die mense dit sonder enige - fisieke sowel as morele - dwang aanneem en ernstig volgens die leer gaan lewe, dan kan julle met hulle ook oor My besondere tekens en oor My alomteenwoordigheid begin te spreek, en dit sal hulle versterk in hulle geloof en om daarvolgens te handel.

[5] Maar die starre Stoïsyne kan julle wel begin te bekeer deur My gedane tekens; want hulle, wat die lewe verag en wens om dood te wees en nie wil bestaan nie, kan wel `n harder stamp verdra, sonder om daardeur aan die vryheid van hulle wil enige skade te ly.

[6] Praat egter nie teveel oor die tekens hier nie; want in hierdie stad woon immers al twee mense wat Ek in Pella genees het, waar die kommandant en sy onderoffisiere die nadere besonderhede goed van ken, twee geneesdes sal wel `n goeie getuienis oor My gee! Daarna kan julle eers begin praat oor wat hier gebeur het.

[7] Doen dit wat Ek julle nou net gesê het met alle liefde en geduld, en so sal julle op die manier in My Naam `n ryk mensevangs vir My lewensryk verkry!

[8] Want sien, die meester van `n wingerd het twee arbeiders in sy wingerd laat kom en beloof aan elkeen van hulle dieselfde, baie aansienlike loon. Toe verdeel die twee gehuurde arbeiders die wingerd onder mekaar in gelyke dele.

[9] Die een arbeider wil teenoor die meester laat sien dat hy baie ywerig en aktief was, om agteraf `n goeie beloning van hom te kry, en hy werk sonder om één oomblik te rus. Hy was dan ook baie gou klaar met sy werk; maar deur die groot haas en die ongeduld blyk sy werk vir die grootste deel erg slordig te wees, en die wingerd lewer vir die meester `n maer oes op.

[10] Die tweede arbeider gee homself die tyd en oorweeg by elke wynstok goed hoe dit behandel moes word om die meester `n ryk opbrengs te gee. Hy was met sy gedeelte dan ook langer besig as sy medearbeider; maar toe die oes kom, was sy gedeelte meer as vol met die mooiste druiwe.

[11] En toe die meester van die wingerd die oes insamel, prys hy die tweede arbeider ten seerste en gee hom sy beloning; maar aan die eerste arbeider, wat met te groot haas gewerk het, gee hy geen loon nie, omdat hy in die wingerd meer skade as enige opbrengs bewerkstellig het.

[12] Bedink dit ook, as julle in My wingerd van menselewens `n waarlik nuttige werk wil doen!

[13] Die mense is die wynstokke en dien na gelang van hulle verskillende aard en karakter ook verskillend behandel te word; doen dus soos wat Ek julle nou getoon het, dan sal julle goeie vrugte oes en in My ryk `n uitstekende loon ontvang!

[14] Onderrig die mense veral alleen in die waarheid, dan sal dit hulle vrymaak van alles wat hulle siele gevange hou, en julle self sal daarby die geluksaligheid van die grootste vryheid in julle hart ervaar en geniet!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205