|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 7
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Die Romeinse kommandant en sy soldate versteur die maaltyd
7 Toe Ebal voor die kommandant staan, snou hy hom dadelik met van woede gloeiende oë toe: “Is dit by jou die manier waarop my bevele hier in ag geneem word, en weet jy nog nie wat hulle te wagte staan, wat die wette van Rome nie in ag neem nie?! Waarom het jy dit hierdie keer agterweë gelaat om onmiddellik by my aangifte te doen oor die aankoms van `n aansienlike aantal vreemdelinge, sodat ek my daar via hierdie dienare van my daarvan kan oortuig of die aankomelinge hier, al dan nie, vir `n bepaalde tyd opgeneem kan en mag word nie?
[2] Hierop sê Ebal: “Gestrenge meester en gebieder, sedert U hier U wette toepas met `n gestrengheid wat ons, bewoners van hierdie stad, nie gewoond aan was nie, het ek nog nooit `n berisping van U gekry vanweë die nie-tegemoet kom aan U wil nie. Ook hierdie keer het ek nie uit onwil vir U steeds moeiliker te verdra verordeninge agterweë gelaat om aangifte te doen oor die koms van mense, wat geen vreemde gaste is nie, maar my sedert lank bekende en opregte beste vriende is; maar alleen vanweë my groot vreugde oor hulle koms het ek suiwer vergeet om my plig na te kom, waarvan ek nou goed bewus is, en ek dink dat ek nie tevergeefs `n versoek tot U rig, as ek U vir hierdie een keer om barmhartige toegewendheid smeek nie.”
[3] Die kommandant sê: “Die wet ken geen medelye of toegewendheid nie! Jy het my wet oortree - oftewel omdat jy vergeet het, of uit onwilligheid, wat by my dieselfde is - en jy is derhalwe ook sonder meer strafbaar. Enkel en alleen omdat jy `n vername en in aansien staande burger van hierdie stad is, sal ek die straf nie in `n liggaamlike, maar in `n aansienlike geldstraf omsit; en as jy nie aan my geregverdigde eis voldoen nie, laat ek jou kinders as gyselaars gevange neem, en jy sal hulle nie weer in jou besit kry, voordat jy my die verlangde bedrag nie tot op die laaste stater betaal sal hê nie! Die straf bedra duisend pond goud en tienduisend pond silwer, en moet binne drie uur aan my betaal word! Jy weet nou wat jou te doen staan, en met jou is ek klaar. En nou rig ek my ampsuitoefening op jou aangekome vriende, bring my nou dus onmiddellik na jou nuwe saal!”
[4] Ebal word baie kleinmoedig deur die meedoënlose en onredelike straf in geld, waarvan hy nie naby die verlangde hoeveelheid besit het nie, maar tegelyk vertrou hy intens op My; hy vertrou daarop dat Ek hom sekerlik sou help, en bring met die vertroue die kommandant en sy duistere handlangers ook dadelik na ons toe in die saal, wat die kommandant ook goed aan die buitekant deur sy soldate laat bewaak.
[5] Ons sit nog baie opgewek aan die groot tafel, toe die Romein met `n werklik van woede gloeiende heerssugtige gesig en met groot barsheid en arrogansie die saal binnestap en dadelik baie fel aan ons vra: “Is elkeen van julle sy eie meester, of is daar één meester vir almal, soos wat dit dikwels by reisigers voorkom?”
[6] Ek sê: “Ek is vir almal die ware, enigste Heer! Wat wil jy nog meer van ons hê, buite die onmenslike geldstraf wat jy oor ons dierbare vriend Ebal uitgespreek het, maar wat op geen enkele Romeinse wet gebaseer is nie? Wil jy ons dalk ook `n dergelike straf oplê?”
[7] Die kommandant sê: “Diegene oor wie jy die meester is, is vry van straf; maar jy, wat weinig respek vir my blyk te hê, omdat jy `n bose oordeel oor my strafmaat uitgespreek het, sal my binne drie uur dieselfde bedrag oorhandig wat jy vir jou vriend Ebal te onmenslik vind en waarvan jy meen dat dit op geen enkele Romeinse wet gebaseer is nie! Ek sal julle Judeërs wel eens laat sien en laat begryp dat die wette van Rome wel deeglik gefundeer is! Ek het gespreek, en jy weet wat jou te doen staan!”
[8] Ek sê: “Maar wat, as ons aan jou baie ongeregverdigde eis ten eerste nie tegemoet kan kom nie en ten tweede ook nie sal kom nie? Want waar staan geskrywe dat `n Romeinse kommandant die onvoorwaardelike reg het om in `n bevriende land op dieselfde manier afpersing te pleeg soos in vyandelike lande?
[9] Laat My eers jou volmag sien, wat van die keiser self of van sy opperstadhouer Cyrenius uitgereik is! As jy nie so `n volmag het nie, sal jy met iemand te doen kry wat voor jou oë die allerhoogste volmag in Homself dra; en as Ek dit nie sou gehad het nie, sou Ek nie so voor jou praat nie!
[10] Jy is hier nou wel `n trotse, harde en byna ondraaglike gebieder, maar tog staan daar nog ander bokant jou, by wie hulle, wat al te onmenslik deur jou onderdruk word, stellig meer regverdigheid sal vind as by jou. Toon My dus jou instruksies van die keiser self of van die opperstadhouer, anders sal Ek jou My volmag toon!”
[11] Hierdie ernstige woorde van My laat die kommandant verstom staan, en na `n oomblik se nadenke sê hy: “`n Geskrewe volmag het ek nie, omdat geen enkele Romeinse kommandant in my posisie dit nodig het nie; maar iedereen staan onder die eed van trou aan die keiser en die uitsluitende welsyn van Rome. As ek by my handelswyse die twee punte in die oog hou, kan niemand my vanweë my strengheid ter verantwoording roep nie! Waarvan het jy dan wel jou allerhoogste volmag?”
[12] Ek sê: “Verlang om dit maar nie voortydig te leer ken nie!”
[13] Die kommandant sê: “Dink jy dalk dat `n Romein `n angstige haas is, wat dadelik vir `n sluwe Judese jakkals op die vlug slaan? O nee, `n Romein is soos `n leeu, wat sonder enige angs of vrees op alle diere jag maak!”
[14] Hierop gee hy aan een van sy dienare `n wenk, en hy open die deur, waardeur onmiddellik dertig tot die tande toe gewapende soldate na binne dring.
[15] Toe hulle hulle in `n bepaalde orde rondom ons tafel opstel, sê die kommandant met `n baie heerssugtige stem: “Kyk, buitengewone gevolmagtigde Judeër, dit is my effektiewe volmag, wat julle net so lank gevange sal hou tot julle aan my eis sal voldoen! Ken jy die volmag?”
[16] Ek sê: “Ja, My trotse en tot nou toe nog baie blinde Romein met jou handlangers en soldate, die volmag ken Ek al sedert `n lank tyd; maar hierdie keer sal dit jou nie baat nie! Want omdat jy My nou die volle skerpte van jou tande getoon het, sal Ek jou ook My alomvattende volmag toon - maar slegs soveel as `n sonstoffie daarvan; dan sal dit daardeur heeltemal duidelik vir jou word dat jy nie My meester is nie, maar dat Ek alleen vir altyd jou Heer sal bly!
[17] Kyk, die ruimte van hierdie saal is hoog en wyd; die plafon is ruim sewe manslengte hoog, en dit is ongeveer twintig manslengtes lank en twaalf breed! Nou wil Ek dat julle deur My alomvattende volmag saam met julle skerp wapens halfpad die hoogte van hierdie saal vry in die lug sal swewe, en dan sal ons sien wat julle skerp en leeuagtige volmag julle sal baat; en totdat jy heeltemal sal afsien van jou onregverdige eis aan Ebal en My, sal jou voet geen vaste grond raak nie! Dit geskied soos wat Ek nou gesê het!”
|
|
|
|
|