|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 89
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Die dank van die priesters
89 Toe die wyn hulle tonge beweegliker gemaak het, begin hulle onder mekaar oor al die bekende wyses uit die oertyd te praat en te oordeel, en hulle was nou eens hierdie, toe weer `n ander mening toegedaan. Ten slotte kom hulle ook by die Judese wyses en profete, en die eerste priester weet baie oor Moses en Jesaja, wat hy as die twee grootste wyses van die Judeërs beskou; slegs die baie dikwels verskuilde taal geval hom nie, en hy dink dat dit oor die algemeen `n fout van die meeste ou wyses was, dat hulle selde helder en openlik tot die volk gespreek en geskrywe het, en dat die volk as’t ware daardeur baie verkeerde insigte opgeneem het, wat by `n duidelike en onverskuilde wyse van uitspraak nooit kon gebeur nie.
[2] Terwyl hulle nog so onder mekaar praat, gee Ek Jakobus die Oudste `n teken om vir hom `n korrekte opheldering te verskaf, aangesien hy die dinge verkeerd beoordeel; want hierdie leerling was op die gebied baie goed tuis en het die ooreenstemming tussen die geestelike en natuurlike dinge goed begryp.
[3] Hy gaan daarom na die priesters van die heidene toe, begroet hulle en begin hulle die redes uit te lê, waarom Moses en ook die ander wyses en profete maar net só gespreek en geskrywe het en nie anders kon spreek of skrywe nie.
[4] Die priesters en ook die burgers het dit vinnig begryp; hulle prys die leerling daarvoor en gee My die eer en opregte dank, omdat Ek ook aan `n mens so `n diep insig in die suiwer goddelike dinge gegee het.
[5] Daarna gaan die leerling weer na sy plek, en die heidense priesters en die burgers wat by hulle was, oordeel nou baie anders oor die manier van spreek en skrywe van die ou wyses en bring baie goeie dinge na vore, waaroor ook ons kommandant hom erg verwonder; hy gaan na hulle toe, begin met hulle te praat en vertel hulle openlik ook so die een en ander wat hy oor My weet, waardeur die heidense priesters en aanwesige burgers hulle groot vreugde laat blyk.
[6] Die kommandant gee ook in `n kort bestek so `n begryplik moontlike uiteensetting oor die ware gestalte van die aarde, die aard van haar beweging en haar omvang, net so van die maan, die son, die planete en die oorblywende sterre, en hulle wat so onderrig word, was baie verheug daaroor.
[7] Een van hulle sê: “As dit so is en nie anders nie, in hoeveel dwalinge is ontelbare mense dan nog baie diep begrawe, en wanneer sal dit by hulle ook in die opsig lig en helder word?”
[8] Die kommandant sê: “Vriende, dit laat ons aan die Heer oor; want Hy alleen weet die allerbeste op watter oomblik Hy `n volk `n groter lig in alle dinge moet gee! Maar van nou af aan sal die korrekte, helder lig ooreenkomstig Sy wil baie vinnig versprei word onder die mense wat van goeie wil is, en by die werk sal ons self ons hande nie in die skoot van die traagheid laat lê nie!”
[9] Almal sê: “Dit sal ons nooit doen nie; want nou weet ons in alle waarheid wat ons te doen staan, en vir wie en waarom!
[10] O, die lang geestelike nag, wat reeds ons aartsvaders en nou ook ons met yster boeie gevange gehou het! Die Heer en enige ware God sonder begin of einde, in wie alle magte en kragte verenig is, aan Hom alle eer, alle lof en alle dank, omdat Hy Hom so diep verneder het dat Hy Homself in `n liggaam van vlees en bloed gehul het om ons uit die ou nag van die dood te verlos! Want iemand wat oor alle dinge en verskynsels wat hom omring in die grootste dwaling en volslae geestelike blindheid verkeer, is welbeskoud uiteindelik baie erger daaraan toe as welke dier dan ook, en hy is eintlik so goed as dood.
[11] Eers wanneer hy in die gees gewek word, word hy lewend en staan hy met sy suiwer kennis van God en liefde voor Hom hoog verhewe bo alle ander materiële skepsels.
[12] Tot nou toe was ons lewe slegs `n ydele droom, waarin die dromer weliswaar ook `n verwarde bestaan gevoel het, maar hom nêrens werklik rekenskap van kon gee nie en daarom ook niks ingesien en volgens waarheid begryp het nie.
[13] Aan ons droomtoestand het, nou deur die barmhartigheid van die Heer, `n einde gekom, ons het wakker geword en lewe nou in die werklikheid. En wat `n saligheid is die lewe as mense tot die volledige bewussyn kom dat mens werklik, waaragtig leef en die lewe ook nie meer kan verloor nie, as mens met die korrekte liefde in Hom bly, wat Self ewig die oerlewe van al die lewe sonder begin of einde is. O, hoe voel ons onsself nie nou reeds gelukkig in die volle teenwoordigheid van God, die ewige Heer oor alle dinge nie, hoewel die swaarte en die oordeel van ons liggaam nog op ons druk; hoe eindeloos gelukkig sal ons onsself egter voel, as die Heer ons weldra ook van die las bevry!
[14] Maar eers moet nog soveel moontlik van ons arme medebroeders deur ons uit hulle doodslaap en ydele droom tot die lewe van die gees gewek word; want wat ons nou so gelukkig gemaak het, moet deur ons inspanning in die toekoms baie duisendmaal duisende mense bietjie gelukkig maak!”
[15] Na hierdie goeie woorde raak die spreker self heeltemal ontroerd en kon nie meer deur sy trane verder spreek nie.
|
|
|
|
|