|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 118
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Die vertrek van die Heer uit Afek
118 Na hierdie baie dankbetuiginge vra die kommandant My of hy My nog verder na die volgende plek mag begelei.
[2] Ek sê: “Vriend Pellagius, jy het tot hier toe voldoende gedoen, net soos almal wat by jou was; gaan nou maar weer aan met die werk in jou amp in jou gebied, asook in die amp waarin Ek jou nou aangestel het!
[3] As jy na Pella terugkeer, sal jy ook baie werk aantref. Ek sal nou met My leerlinge alleen My reis voortsit, en ons sal elders ons weg ook sekerlik vind; bly jy dus nog `n paar dae hier en ondersteun die priesters in hulle aanvanklike swaar werk vir My ryk - maar begeef jou dan na Pella!
[4] As daar binnekort vreemdelinge en ook Judeërs na jou toe sal kom, maak nie teveel ophef oor My dade nie, en maak My nie onnodig voortydig bekend nie!”
[5] Nadat Ek dit vir die kommandant gesê het, gee Ek die leerlinge `n wenk om die herberg te verlaat en in `n oostelike rigting verder te trek en buite die stad op My te wag.
[6] Daarop pak die leerlinge dit wat hulle by hulle het op en loop vooruit - op Johannes na, wat by My bly en daarna saam met My ook die ander leerlinge volg.
[7] Ek bly egter nog `n kwartuurtjie agter vanweë Veronica, om haar te troos, omdat sy by My vertrek baie verdrietig geword het.
[8] Toe Veronica na `n kort tydjie weer rustiger was, verlaat Ek ook die herberg en gaan, vergesel alleenlik deur die kommandant en My leerling Johannes, die leerlinge agterna wat vooruitgegaan het.
[9] By die heuwel wat ons die oggend besoek het, wag hulle op My, en toe Ek daar aankom, neem die kommandant afskeid van My en begeef hom na hulle wat syne is in die stad; ook ons trek vinnig verder, en wel in `n oostelike rigting na `n ander stad, waarvan die naam nie so belangrik is nie.
[10] Menigeen sal nou vra wat se invloed My leer met verloop van tyd op die heidene in Afek gehad het, hoe dit daar gegaan het en hoe lank dit geduur het vir hierdie heidene om geheel en al oor te gaan tot die geloof in My. Kortliks kan daarvan gesê word, dat daar reeds na verloop van nouliks een jaar in hierdie hele stad en ook in die taamlike uitgestrekte omgewing daarvan nie `n heiden meer gewoon het nie.
[11] Aanvanklik was daar natuurlik wel aansienlike verset; maar omdat die volk deur die priesters en by tyd en wyle ook deur die kommandant self baie goed onderrig was, sien hulle ook baie gou die ou dwalinge in en voel hulle uitermate gelukkig in die ken van die suiwer waarheid, en Ek het sekerlik nie nagelaat om My krag aan elke getroue belyer van My leer in woord en daad te skenk nie.
[12] Na My opstanding besoek Ek ook veral hierdie plekke en skenk die inwoners alle troos en gee hulle die regte krag om in My Naam te werk.
[13] Ten tye van die groot nood in Jerusalem en in die hele Judea het die stad Afek ook gedien as `n toevlugsoord vir die vlugtende Judeërs wat My leer volkome aangehang het, en almal wat daarheen gekom het, was goed versorg.
[14] Die kommandant stig mettertyd, sonder om enige wêreldse opsien te baar, self `n gemeente, wat later, toe ek hom na My toe roep, ook sy naam gedra het.
[15] Hyself het na My hemelvaart nog ongeveer dertig jaar geleef en was tot owerste benoem oor al die tien groot stede, waaronder ook `n aantal kleiner stede geval het, wat almal onder die tien groot stede gereken was.
[16] Dit is so in die kleine `n oorsig, wat julle kan laat sien hoe dit in hierdie stede en plekke met verloop van tyd verder gegaan het met My leer.
|
|
|
|
|