|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 224
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Die Heer waarsku teen traagheid
224 Die opperstadsregter sê: “Majesteit en Heer! U ken alle weë en paaie op die aarde beter as ek, maar tog weet ek dat mens ook vanuit hierdie stad - maar meer in `n noordelike rigting - langs `n taamlik goed begaanbare pad onder in die Jordaandal kan kom!”
[2] Ek sê: “My vriend, dit weet Ek goed, maar Ek weet nog veel ander dinge wat jy nie weet nie - en tot die vele ander wat Ek weet behoort ook dat Ek weet welke weg Ek moet neem, welke plek Ek moet besoek en op welke tyd Ek in die plek wat Ek moet besoek, moet aankom; want by My gaan dit nie soos hier en daar by die mense nie, wat by `n taak wat hulle te wagte staan, sê: “Kyk mense, aan dié werk hoef nie per sé, vandag begin te word nie; môre of ook oormôre sal nog wel tyd daarvoor wees!”
[3] Maar Ek sê: Wat julle vandag kan doen, moet julle nie na die volgende dag verskuif nie. Want as daar iemand wat honger en dors na julle toe sou kom en julle om iets te ete en te drinke vra, en julle sou sê: “Kom maar môre, want vandag het ons geen tyd om jou te bedien nie!”, dink jy dan dat die arme daarmee gediend sal wees? En behoort daardie uitstel van `n tydstip om goed te doen ook tot die sfeer van die naasteliefde wat Ek julle verkondig het?
[4] Maar as dit nie tot die naasteliefde behoort nie, dan behoort oor die algemeen die uitstel van een werk na die volgende dag, terwyl mens dit ook baie goed een dag vroeër kon gedoen het, nie tot die naasteliefde nie, maar so `n uitstel van werk hoort tot die klasse van traagheid van die mense - en traagheid is altyd die begin van allerlei sondes en ondeugde. Want iemand wat altyd aan die werk is met regte en goeie dinge, sal weinig tyd hê om die een of ander sonde te begaan; maar `n trae mens sal in sy traagheid steeds meer daaroor begin na te dink waarmee hy sy verveling, wat ontspruit het aan sy passiwiteit, sou kon verdryf. En omdat elke mens voortdurend, sowel deur goeie as deur slegte geeste omring word, spreek dit vanself dat die bose geeste hulle eerder tot `n trae mens toegang kan verskaf as tot `n werksame mens; en as die bose geeste hulle eenmaal toegang tot `n mens verskaf het, verstrik hulle sy gemoed weldra in allerlei nuttelose fantasieë en trek hom steeds verder na benede in hulle smerige en duister sfere.
[5] Noudat julle dit weet, moet julle dus nie `n werk na die volgende dag verskuif nie, as julle dit baie goed vandag sou kon gedoen het!”
[6] Daarop sê die opperstadsregter: “Maar, Majesteit en Heer, ek dank U ook vir hierdie les, want daaruit het ek afgelei dat ook ek, as heiden, geen ongelyk gehad het om hierdie les van U, al sedert geruime tyd as een van my belangrikste lewensbeginsels te maak nie; ook moet elke dienaar by my die lewensbeginsels strenger opvolg, en dus sal ons op die gebied van ons werk ook nooit enige vervelige agterstand hê nie!
[7] Ek sê: Ja, ja, Ek ken julle Romeinse wette; dit is goed, en met hom wat dit in ag neem, gaan dit nie sleg in die wêreld nie! - Maar nou kom die son byna op, laat ons ons aandag daaraan wy!”
[8] Daarop begin iedereen na die ligte wolkies in die ooste te kyk, wat heeltemal rosigrooi daar uitsien en steeds stralender word, wat iedereen, en veral die Apollopriesters, so goed geval, dat hulle haas begin om die lofspreuke vir die god Apollo uit te spreek; maar hulle hou hulle baie gou in en begin My te prys, en sê dat Ek die eintlike, ware, ewige Apollo was, wat die son, netsoos die maan en alle sterre op en onder laat gaan.
[9] Ek sê aan hulle: “My beste vriende, Ek heet alleen “Majesteit en Heer”; bespaar My dus die naam “Apollo”. Want wat dit beteken, het Ek julle al gister grondig uitgelê!”
[10] Daarmee was die Apollopriesters tevrede en hulle bedank My vir hierdie teregwysing.
|
|
|
|
|