Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 72

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die herbergier en sy vrou verbaas hulle oor die wondermag van die Heer

72 Na `n oomblik sê hy (die herbergier) vir sy vrou en twee dogters: “Aangesien julle nou deur hierdie Wonderheer en Heer genees is, moet julle die dankbaarheid wat julle verskuldig is ook laat sien deur aan die werk te gaan! Gaan na die kombuis en maak vir almal `n beter maaltyd klaar as wat ek hulle kon aanbied! Neem die beste uit die voorraadkamer en berei dit goed voor!”

[2] Die drie gaan saam met die ander dienare vol vreugde na die opgedragte werk.

[3] Ek sê vir die herbergier: “Vriend, die moeite kon jy die geneesdes wel bespaar het, want vir ons was die goeie brood en die eweneens baie goeie wyn voldoende; maar omdat die drie met groot vreugde aan die kook en braai is, moet hulle dit ook maar voorberei!”

[4] Ek het dit nog maar nouliks gesê, of die vrou kom weer vol blydskap die eetsaal binne en sê vir die herbergier: “Maar wat het daar tydens my swaar siekte, wat `n halfjaar geduur het, tog alles gebeur, sonder dat ek daarvan weet? Die groot en die klein voorraadkamer is tot boordens toe vol met allerlei soorte goeie voedsel! Daar is `n groot hoeveelheid lensies, bone, meel, olie, boomvrugte, groot druiwe, verskeie van die grootste potte met heuning, gedroogte en gerookte vis, en die broodmandjie is vol met die mooiste brode; ook die kleinste voorraadkamer sit tot die nok toe gevul met melk, botter, kaas en vars eiers en nog ander dinge, met sout, goeie kruie en wortels. Wanneer het dit alles in die voorraadkamers gekom? Ek het dit vir die kinders en die bediendes gevra, en die kon my geen opheldering gee nie, maar ek dink dat jy dit wel sou weet. Hoe, hoe het dit tog gebeur?”

[5] Die herbergier was daardeur op sy beurt uiters verbaas en sê: “As dit daar in die voorraadkamers so is, begin ek weer opnuut in die ou wonders te glo, en dan is die mannareën en die neerval van die kwartels geen versinsel nie, maar die waarheid! Ek glo dat hierdie Heer en Leraar, wat jou genees het, wel die beste sal weet wie ons voorraadkamers gevul het; want `n Heer wat siekes net deur Sy woord kan genees, sal ook wel ander dinge tot stand kan bring!”

[6] Daarop gaan die herbergier ook kyk hoe dit daar in sy voorraadkamers uitsien en tref alles aan soos wat sy vrou hom netnou vertel het, en hy sê: “Hierdie man moet van buitengewone afkoms wees! Of hy is `n groot profeet, of hy is `n magiër wat deur en deur vertroud is met die geheime kragte van die natuur, en het in Egipte of êrens anders sy kennis verwerf.”

[7] Sy vrou sê: “Toe hy my genees het, sien ek uit sy hoof `n helder lig kom, en sy hele wese was met `n ligskynsel omgewe - en dit sal by `n magiër wel nooit die geval wees nie! Agter hierdie man en miskien ook agter hulle wat by Hom is, moet iets buitengewoon groots en verhewe verborge wees; miskien is hy ten slotte - wie sal dit sê - selfs die profeet Elia, wat die Messias voorafgaan - of miskien is Hy selfs die Messias Self!”

[8] Die herbergier sê: “Daarin sou jy wel eens gelyk kan hê; want wie dit enkel deur die mag van sy wil kan bewerkstellig, moet sterk vervul wees van God se ewige Gees. Dat dit alles op `n bonatuurlike wyse hier in die huis gekom het, dit is so helder soos glas, en ons kan die groot Heer alleen maar van ganser harte bedank. Maar sorg daarvoor dat daar weldra `n goeie en ryklike maaltyd voorberei word!”

[9] Daarop kom iedereen in die kombuis aan die gang, en die herbergier kom diep in gedagte weer na ons toe in die eetsaal.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205