Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die sielsubstansie en haar trapsgewyse bevryding uit die materie

21 (Die Heer:) “Daar is egter nog `n derde rede, wat al My leerlinge ook ken, en dit sal jy in die toekoms ook nog duideliker leer ken as mense jou dit nou kan uitlê; want jou innerlike verstand sou dit nie kan begryp nie. Maar soveel kan Ek jou as aanduiding nou wel sê, dat alles en nog meer, wat die aarde van haar middelpunt tot ver bokant die hoogste lugsfeer bevat, sielsubstansie is; maar die substansie verkeer gedurende `n bepaalde tyd, totdat hulle bevry sal wees, in `n baie uiteenlopende oordeelstoestand, van swaar tot minder swaar, en daardeur word hulle vir die liggaamlike oog asook vir die gevoel van die mens op hierdie wêreld sigbaar en voelbaar as volkome dooie, harder of sagter materie. Hiertoe behoort om te begin alle klipsoorte, minerale, grondsoorte, water, lug en al die nog ongebonde stof daarin.

[2] Dan kom die hele planteryk in die water en op die aarde, saam met die oorgang daarvan na die diereryk. In dié ryk neem die oordeel al `n mindere vorm aan en bevind die sielsubstansie haar al meer in die fase van `n sekere bevryding as in die vroeëre harde oordeelstoestand; die sielsubstansie, wat voorheen as’t ware chaoties deurgemeng was, word nou met die oog op die ontwikkeling van intelligensie gesorteer en tot op sigself staande eenhede gevorm, en vertoon in die tweede ryk ook `n groot verskeidenheid.

[3] Terwyl die sielsubstansie in die tweede ryk vanweë haar spesiale intelligensie ontwikkeling `n groot sortering moes ondergaan, moet hulle in die derde ryk van die diere, wat `n nog baie groter verskeidenheid ken, tot `n steeds groter vereniging van afsonderlike intelligensies gebring word, om tot `n helderder en vryer individuele intelligensie te kom. Daarom verenig hulle in die diereryk dan ook in tallose sielesubstansie deeltjies van allerlei verskillende klein diertjies tot één groter dieresiel, byvoorbeeld die van `n groter wurm of `n insek.

[4] As hulle die materiële omhulsel waarin hulle ingesluit was, kwyt geraak het, verenig tallose verskillende soorte insekte hulleself weer tot `n dieresiel van `n groter en volmaakter aard; en dit gaan so deur tot die groot en volmaakte diere, wat deels nog wild en later gedeeltelik saggeaard is. En uit die laaste eenwording van die dieresiele kom dan die mensesiele voort, wat voorsien is van alle moontlike begaafdhede soos intelligensie.

[5] As`n mens in hierdie wêreld gebore word en ter wille van sy volledige vrywording nog `n liggaam te dra kry, is dit deur God uiters wys so ingerig dat sy haar as volledige siel ewemin iets kan herinner van alle noodsaaklike voorafgaande toestande in afsonderlike bestaansvorme wat sy as oorgang deurgemaak het, as wat jou oog die afsonderlike druppels van die see kan sien en onderskei. Want as dit aan `n mensesiel gegee sou gewees het, sou sy die eenwording van so `n eindeloos verskillende sielsubstansie- en intelligensie deeltjies nie verdra nie, maar hulle self so vinnig moontlik probeer oplos, net soos `n waterdruppel op gloeiende yster.

[6] Om die siel van die mens te behou moet daar aan haar, deur die inrigting van die liggaam wat haar omsluit, elke herinnering aan `n voorgaande bestaansvorm volledig ontneem word, tot die tyd dat haar innerlike volledig één geword het met haar gees van liefde uit God. Want die gees is as’t ware die pik waardeur al die eindelose verskillende siele intelligensie deeltjies tot één ewige onvernietigbare wese vas met mekaar verbind word; as deurlig, herken en begryp sy haarself in alle helderheid, en loof en prys haar as `n voleindigde, op God-lykende wese gelyk aan God se liefde, wysheid en mag.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205