Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 79

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die goeie voorneme van die bure

79 Die een van die twee bure sê weer: “Ja, hoë gebieder, U het volkome gelyk met al U liefdevolle woorde, wat `n egte leidraad is in die soeke na die allerhoogste lewenskat, en ons sal aan die hand daarvan die skat ook gaan soek, aangesien `n bepaalde innerlike vertroue in ons nou al te kenne gee dat ons nie tevergeefs sal soek nie.

[2] Maar tot nou toe was dit nog nooit moontlik nie; want aan die een kant sit ons priesters op ons nek, en aan die ander kant het ons die geleentheid gehad om die Judeërdom gade te slaan, waarby ons slegs uiters min goddelike wysheid aangetref en `n nog groter woesteny van allerlei soorte bygeloof as by ons. Ons het daarom die middeweg ingeslaan, het die natuur bestudeer, vind daarin wette en ons leef self daarvolgens, hoewel ons vanweë die staatswette uiterlik aan ons godekultus meedoen, natuurlik slegs met teensin.

[3] Dit was dus vir ons, maar ook vir baie ander wat ons opvattinge heeltemal deel, soos wat gesê is, tot nou toe volkome onmoontlik om die allerhoogste en mees waardevolle lewenskat te gaan soek. Wat mens nie kan gaan soek nie, omdat alle vereiste middele ontbreek, kan mens ook nooit vind nie.

[4] Maar nou dat ons deur U goedheid en ware barmhartigheid `n middel ontvang het wat beslis betroubaar is; en op grond daarvan sal ons ook die hoogste lewenskat gaan soek en nie rus alvorens ons dit gevind het nie. Want dit loon die moeite om so `n skat te soek, omdat die ewige voortlewe van die siel daarvan afhang.”

[5] Nou sê Ek: “Weet dat `n volkome ernstige wil om `n werk te doen, waardeur `n baie hoë en werklik uitstekend lewensdoel bereik kan word, op sigself al so goed as die werk self is; want die voltooide werk in sy volle omvang volg des te vinniger op die eenmaal opgeneemde wil, namate die wil van diegene wat `n werk begin te verwesenlik, ernstiger is. Julle kommandant het julle al die korrekte weg getoon en die korrekte middele aan die hand gedoen.”

[6] Die vorige spreker sê: “Vriend, jy skyn die allerhoogste lewenskat al te gevind het, omdat jy heeltemal in die gees van ons hoë gebieder spreek! Na jou kleding te oordeel is jy `n Galileër; ook die ander is meer Galileërs as Judeërs, en van die Galileërs weet ons dat hulle geen besondere geloofshelde is nie. Maar dit maak nie saak nie; want ook onder die Galileërs kan daar mense wees wat die weg ontdek het om die allerhoogste skat van die lewe te soek, hulle het gaan soek en hulle het dit ook gevind. Ons is dus baie bly saam met julle; want dat julle hierdie nag vol verskrikking kon deurbring in `n huis wat maklik vernietig kon word, dien vir ons as bewys dat julle net soos ons hoë gebieder ook die een, ware God gevind het, wat julle uitstekend kan beskerm in alle gevare.”

[7] Ek sê: “Dit het jy goed beoordeel; maar hier op hierdie plek kan ons nie meer verder daaroor praat nie, omdat die volk hulle steeds meer om ons heen begin te versamel - want hulle het die kommandant opgemerk en is daarom baie nuuskierig, welke bevele hy hier op die vroeë oggend sal gee. Laat ons dus na `n oop plek buite die stad gaan, van waar af mens `n ruim uitsig het! Daar kan ons verder oor die onderwerp praat.”

[8] Dit vind die twee bure goed, en tesame met hulle huisgenote gaan hulle saam met ons die stad uit, waar `n taamlike hoë heuwel was, waarop `n ou ruïne gestaan het, wat vir die Filistyne vroeër as vesting gedien het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205