Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die orde van die ontwikkeling

30 Dat (Frankryk) hom nou vir die skyn as beskermer van Babilon voorgee, maar in werklikheid `n vyand daarvan is, is baie waar; want daardeur hou die ander Babiloniese ingestelde state en hulle gebieders hulle daarvan af om met hulle verenigde mag die ou nag weer op haar hoë troon te hervestig en hulle volkere nog meer as ooit tevore te verkneg. Want van `n vrye, goeie wil, ten opsigte van hulle volkere, is by die ou maghebbers nog maar bitter weinig aanwesig. Wat hulle nou ten gunste van die volk doen, word afgedwing deur die omstandighede. As hulle hulle deur `n gunstige middel van hulle kon afskud, sou hulle vir hulle volkere onmiddellik `n ander, en wel baie treurige lied begin te sing en sou die mense opnuut na die pype van die ou Spaanse inkwisisie moet gaan dans, wat niemand meer verseker sal wens nie.

[21Om alle huidige omstandighede, wat nog tussen goed en sleg swewe, met één klap te vernietig, sou die verwoesting van lande en volkere beteken. Daarom moet alles op hierdie wêreld `n bepaalde tyd hê en deurloop. Solank die nuwe moswyn nie goed uitgegis is en so deur sy eie aktiwiteit nie al die onsuiwere uit homself verwyder nie, word dit geen suiwer en geestelike wyn nie.

[3] Wie `n nuwe, goeie woning wil bou, mag die oue eers volkome vernietig as hy die nuwe woning gebou het; want as hy die oue dadelik vernietig, waar sal hy dan woon, en wie sal hom beskerm teen allerlei ongerief gedurende die tyd dat die nuwe woning gebou word? Dan is dit verstandiger om `n ou, nog so verslete en gelapte jas solank vir nood te dra totdat daar `n nuwe gereed is, as om naak rond te loop. En so moet volgens My baie goeie orde die een ding steeds uit die ander voortvloei, wat die bestaansduur en bestendigheid sal hê.

[4] In die tyd wat Ek My leer op aarde aan die mense gegee het, was die heidendom in alle rigtings in allerlei vorme wyd oor die aarde verspreid, en My leer was slegs `n helder môrester in die groot heidense nag. Die môrester was baie gou gemaklik deur die baie digte wolke van die heidene so totaal bedek, dat die mense slegs hier en daar en met moeite sy ware posisie kon raai. Sommiges het gesê: “Kyk, hier!”, en ander: ”Kyk, daar!” En dit gebeur dat julle ander sterre vir die môrester aansien en hoog vereer. En so was dit vir die destyds so oppermagtige heidendom baie maklik om die môrester met hulle self te versmelt en te verenig en op die manier hulle self as die enigste egte, ou môrester aan te bied aan die volk wat na die môrester vra, waaroor hulle dit herhaaldelik hoor praat.

[5] Die aldus deur wolke bedekte en vervormde môrester laat vir die volk ook wonders, terwyl alleen maar die naam van Zeus in die van U verander word, en die volk was tevrede en die ou heidendom bly met die baie geringe wysiging. Maar tog bly My leer, ondanks alle vervolging, by enkelinge ongeskonde en goed bewaar. Die edel saad, wat in goeie aarde val, skiet goed en stewig wortel, sit uit en dra goeie vrugte, alhoewel in die verborgene, onopgemerk deur die blinde oë van die hoer van Babel.

[6] Die môrester word `n son, wat nou heeltemal opgaan, en die wolke van die heidendom sal nooit meer in staat wees om hierdie son sodanig te oordek dat selfs iemand met swak oë die dag vir die nag sou kan beskou nie.

[7] Die lig van My bliksem het magtig geword en sal nooit meer deur die heidense nag verdring word nie. Hoe, - dit het Ek duidelik in die `Nota Bene” laat sien.

[8] Ek wil met die geskrif* daarmee ten besluite elkeen van My vriende in al My liefde vermaan om dit nie net alleen te lees nie, maar dit goed ter harte te neem en te glo dat dit Ek is, wat dit uit My vrye barmhartigheid aan My vriende geopenbaar het om hulle harte te troos en die verstand van hulle siele te verlig, en in ruil daarvoor niks anders te verlang as alleen julle opregte liefde en dus ook `n lewende geloof nie. *(Word bedoel die geskrif nr. 297 van die oorspronklike handskrifte van Jakob Lorber.)

[9] Wie daarvoor uit liefde vir My iets spesiaal kan en wil doen vir My steeds arme en nou al ou kneg, die sal Ek binnekort veelvoudig vergeld, amen! Dit sê Ek, die Heer, die ewige Lewe en die Waarheid.

[10] En nou in die volgende geskrif weer terug na die evangelie! `n Halwe dag het ons onsself nog in Genésaret opgehou, daarna het ons kortliks deur die tien stede gereis.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205