Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 237

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die herbergier vra na die redes vir die verwoesting van Babilon en Nineve

237 Nou dink die herbergier `n tyd lank na en sê ten slotte: “My beste, wonderbaarlike Vriend, wat vervul is van alle krag en mag van die enig ware Godheid! Omdat U deur U wil alles kan skep wat U wil, vra ek U waarom die God van die Judeërs, wat julle as die een en enig ware beskou, dit toegelaat het dat stede soos Babilon en Nineve sodanig verwoes is, dat jy nou nie eers meer kan vasstel waar hulle geleë was nie!

[2] Waarom het die Godheid toegelaat dat die werke van menslike vlyt vernietig word. Weliswaar sal ook die mense, wat die stede bewoon, nie veel minder gesondig het as die Sodomiete nie - maar wat is eintlik sonde?

[3] Dit is niks anders as `n handelswyse wat in stryd is met bestaande wette nie, waarvan elke mens in `n land heeltemal nie, of slegs weinig op die hoogte is, en dit is ook heeltemal in orde dat `n volk vanweë die noodsaaklike burgerlike orde wette moet hê.

[4] By die wette hoort egter ook `n ooreenkomstige opvoeding - maar in watter hande lê die opvoeding dikwels! Wie is die vernaamste opvoeders van die kinders? Dit is die ouers, wat vir die grootste deel, met uitsondering van die taal en enkele ervarings, netso dom is as hulle pasgebore kinders - en die kinders groei op sonder enige kennis, wetenskap of ervaring.

[5] In die staat bestaan weliswaar wette waar aldus opgegroeide kinders niks van weet nie, en dit is sowel in die stede as op die platteland die geval, en gereeld in die stede nog meer as op die platteland.

[6] Nou is dergelike mense met veel hartstogte, weinig insig en weinig verstand behep; die hartstogte oefen dus `n groot krag op hulle uit, en dergelike mense gee hulle oor aan hulle hartstogte en sondig teen die bestaande wette, waarvan hulle nie op hoogte is nie.

[7] Hoe langer so `n volk bestaan, des te dommer word dit en des te meer word daar gesondig, en die maghebbers van so `n volk, soos die priesters, lewe dan steeds meer tevrede, namate die volk dommer word, en niemand bekommer hulle oor die opvoeding van die mensdom, ook die almagtige Godheid nie; maar as so `n mensdom eenmaal ten dode opgeskryf is deur haar sondes, dan laat die Godheid oordele van bo en van benede kom.

[8] Sou dit eintlik nie wyser gewees het as die Godheid reeds by die ontstaan van so `n volk `n dermate groot sorg sou dra vir `n doelmatige opvoeding van die mens nie, dat die mense sou weet waaraan hulle toe is en dat hulle dan ook moet sorg dat dit so bly?

[9] Maar nou sien mens niks anders as die ewige straf op aarde nie, en die leraars wat met van God se Gees begiftig is, kom eers wanneer die mense al so sleg geword het, dat hulle nie meer te verbeter is nie.

[10] Dat dergelike mense dan ontaard, sowel op die platteland as in die stede, is vanselfsprekend, en benodig geen verdere toeligting nie, en die profeet en leraar wat van God besiel is, kan by so `n dom geworde volk geen wonders meer doen nie. Uiters min, enigsins goeie mense sal na hom luister en sy leer aanneem; maar die allergrootste deel van die mense sal hom gryp en doodmaak.

[11] Kyk, my beste, wonderbaarlike Vriend, dan kan ek dink wat ek wil, maar ek vind so `n verwaarlosing in die opvoeding van die mense, wat deur `n uiters wyse en magtige Godheid toegelaat word, nie heeltemal in orde nie! Die wette van die Godheid kan wel uiters wys wees; maar waarvoor het dit nut as die mensdom in die algemeen nooit grondige kennis daarvan verkry nie?

[12] Waarom is daar in die Romeinse staat meer orde as oral elders? Omdat die Romeinse regering daarvoor sorg dat haar baie wyse wette aan elke Romein bekend gemaak word, en wel net so lank tot hy `n eksamen moet aflê, waarin hy bewys dat hy die nodige kennis van die staatswette het. Want jy kry eers die Romeinse burgerreg, as jy by die eksamens aantoon - sowel in die stede as op die platteland, dat jy die nodige wetskennis besit.

[13] Dit sou volgens my opvatting ook by alle ander volkere ingevoer moet word; maar so laat mens sowel van goddelike asook van staatskant toe, dat die volkere gereeld tot laer as die diereryk verwilder, en hulle vervolgens nie anders as volgens hul hartstogte kan handel nie, en in plaas van beter steeds slegter en nog duisterder word en dan buitensporig veel sondes en misdade begaan. En as hulle met die manier van lewe die hoogtepunt bereik het, dan kom die straf van bo en van benede, en dan word stede en volkere van die aarde weggevee. Met die manier van opvoeding van die mense is ek dit absoluut nie eens nie!

[14] Daarom vra ek waarom die Godheid toegelaat het dat stede soos Babilon en Ninéve heeltemal van die aardbodem af verdwyn het. Die mense moet tog wel sterf, sonder om te weet wat hulle die dood gebring het; maar die woonplekke en die deur die mense gekultiveerde aardbodem kan tog niks daaraan doen dat hulle saam met die sondige mensdom van die aardbodem moes verdwyn nie!

[15] As daar dan weer `n volk op die wêreld kom, moet hy weer van vooraf aan begin, om wonings te bou en die land in bewerking te bring, en by daardie werk het so `n volk ook weer geen rus nie, maar word dit deur allerlei vyande van bo en benede aan één stuk deur bedreig, wat daarvoor sorg dat die hulle nooit volledig kan ontplooi in die ware, suiwer sedelikheid en deug nie.

[16] Ons Romeine hier in die dorpie, wat merendeels ou soldate is, het ons ontplooi vir sover dit vir `n mens oor die algemeen moontlik is, en ons het ook ons kinders `n sodanige opvoeding gegee, dat hulle op ons manier lank verder kan lewe, miskien eeue lank, as iemand daar vir ons instaan dat die klein dorpie van ons nie deur welke vyand dan ook bedreig en verwoes sal word nie - wat die almagtige Godheid wel sou kan verhinder as Hy dit wil, maar wat Hy sekerlik nie sal doen nie!

[17] En so sal U, beste, wonderbaarlike Vriend, met U veel dieper wysheid as die van my, goed insien dat dit op hierdie skrale aarde wel ontsettend moeilik is om `n goeie mens te wees. En dit sou nie so moeilik gewees het nie, as daar van die kant van `n ware, almagtige God voor gesorg sou word dat alle mense goeie mense was! Maar op hierdie manier laat die Godheid toe dat die mense hulleself al lank vantevore tot op die bodem bederf; daarna eers wek hulle onder so `n volk verskillende wyse leraars en profete op, en die moet dan die volk terugbring na die ou reinheid van sedes en deug, soos in die oergeskiedenis van die Judese volk te siene is.

[18] Toe die volk Israel onder die heerskappy van die farao’s al byna heeltemal sedeloos geword het, wek die Godheid eers iemand soos Moses op, wat hulle van al hulle sondes en slegte gewoontes moes bevry. Maar ek vra: waarom het die Godheid nie eerder `n wyse Moses in die volk Israel opgewek, toe hulle nog beter en gewilliger was nie?

[19] Kyk, my beste, wonderbaarlike Vriend, ek en ook my bure het gereeld daaroor nagedink en met mekaar gespreek; maar geeneen van ons kon op die vraag `n passende en ware antwoord gee nie. Daarom het ek hierdie vraag met al my bedenkings nou aan U voorgelê, en ek is in alle vertroue die mening toegedaan dat U my daarop `n juiste antwoord sal kan gee.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205