Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 82

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die terugkeer na die herberg

82 Nou begin mense hulle egter eers te verbaas, en die heidene onderaan die heuwel begin mekaar te vra wie en wat Ek was, waar Ek vandaan gekom het, en wat die kommandant met My doen, aangesien Ek immers geen Romeinse kleding dra nie.

[2] Sommiges, wat meer met die godsdiens van die Judeërs vertroud was as hulle bure, beskou My as `n profeet; want die soort halfgoddelike mense het ook wel dergelike dinge gedoen. Ander beskou My as `n Judese verklede groot magiër. Ander weer bestry dit, omdat hulle by My geen magiërtekens en in My hande en geen towerstaf bespeur nie. Nog ander beskou My weer as `n halfgod in menslike gedaante, wat hom aan die altyd streng regverdige kommandant openbaar en nou, om sy geloofwaardigheid te vergroot, hierdie tekens doen wat geen enkele mens kon doen nie.

[3] En so was daar onder hierdie mense nog `n hele spul menings oor My; maar geeneen van hulle durf die heuwel op na ons toe om daar aan iemand te vra wie Ek was nie. Ons maak egter aanstaltes om van ons enigsins vormlose klipsitplekke op te staan en ons gereed te maak om na die herberg terug te keer.

[4] Toe die heidene, wat nog rondom die heuwel vertoef en vir wie alles nog `n raaisel was, dit in gedagte kry, word hulle deur vrees vir My oorval, en hulle trek vinnig voor ons uit na die stad en begewe hulle ook onmiddellik in hulle huise, waar hulle verwante al op hulle wag. Dat daar aan die vra en vertel byna geen einde kom nie, spreek vanself.

[5] Toe die genoemde heidene hulle in die stad bevind, verlaat ons ook die heuwel en begewe ons met `n rustig tempo na ons herberg, waar die reeds voorbereide oggendmaal al op ons gewag het.

[6] In die stad aangekom, tref ons die heidense priesters aan, wat al ywerig besig was om die mense te vertel dat hulle dit alleen aan hulle te danke het dat hierdie stad teen ondergang gespaar was. Die dag, wat daar vanoggend nog so skrikwekkend en vol dreigende gevaar uitgesien het, was deur die gode, wat deur hulle priesterlike, geheime gebede en beloftes makker gestem was, opeens in `n pragtige en meer menslik gemoed verblydende dag verander - en daarom moes die inwoners van hierdie en ook van die ander stede hulle as teenprestasie sonder uitstel en met alle ywer, insette lewer om die tempel ryklik van offers te voorsien.

[7] Ook die twee Judese priesters doen nie minder moeite om in hulle sinagoge die Judeërs te bewerk nie. Maar nóg die heidene nóg die Judeërs toon `n groot bereidwilligheid om te doen wat die priesters van hulle verlang.

[8] Ons bly nog `n oomblik voor die herberg staan en kyk hoe die priesters en die volk besig was, en die twee bure van ons herbergier sê: “Het ons nie gelyk, toe ons netnou sê wat die priesters, wat self geen enkele geloof het, sou doen as die dag so helder sou word dat mense geen navolgende storm meer hoef te vrees nie? Die dag is deur die wondermag van die met onmiskenbaar goddelike mag begiftigde Galileër in `n oogwenk heeltemal helder verander, en ons het die stad nog nie binnegekom nie, of ons tref die priesters al aan, besig met die mees selfsugtigste aktiwiteite, terwyl hulle tydens die storm vannag so buitengewoon vreesagtig was en ontbloot van alle geloof en vertroue op goddelike hulp!

[9] As juis hulle wat op hierdie aarde die verteenwoordigers van die gode wil wees - van verskeie gode of net van die een, enige ware God, dit is voorhand nie van belang nie - by `n gevaar, waarin hulle hulle die sterkste in die geloof sou moet betoon, die eerstes was om vandaar te gaan en weg te hardloop - hoe moet `n ook maar enigsins helder denkende mens by mooi en kalm weer enige geloof aan hulle woorde skenk?

[10] Ons sien nou maar al te duidelik in, dat niemand anders as alleen die priesters, deur hulle oormatige hebsug en heerssug, onvermydelik elkeen van die volk se waaragtige geloof en elkeen se lewende vertroue in `n allesbeheersende en almagtige God afvallig gemaak het.

[11] Maar as die arme volk nou eenmaal alle geloof en vertroue kwyt is - wie sal dit weer kan ophef tot die ware geloof en die ou vertroue in bonatuurlike goddelike hulp?

[12] Vir mense is dit nie maklik of heeltemal nie moontlik nie, maar moet die - een of baie - gode die werk aanvat; want alleen deur groot tekens kan heeltemal blinde mense weer tot geloof en vertroue in die hulp van `n godheid gebring word.

[13] Dat julle jul vannag in die herberg nie deur angs of vrees vir enige gevaar uit die huis laat dryf het nie, dit begryp ons nou ook eers beter; want as jy iemand in jou huis herberg aan wie alle elemente op één wenk gehoorsaam, omdat hy vervul is van goddelike mag en krag, is dit maklik om te glo en te vertrou. Maar in wie moet ons glo en vertrou? Dalk in ons half stukkend, gebreekte, steen afgodsbeelde, of in die beskermgeeste van ons huis of in die priesters, wat deur hulle groot angs en vrees eerste uit hulle woonhuise en tempels weggehardloop het en hulle beskerming op die plein gaan soek het, en vir geen prys meer die tempel in te kry was nie?

[14] Ons het ook buite beskerming gesoek, omdat ons verteenwoordigers van die gode ook liewer daar beskerming gaan soek het, waar die natuur dit nog die eerste bied en laat vind.

[15] Maar hierdie groot Heer in die ware goddelike mag en wysheid sou ook die luid skreeuende priesters eens moet laat sien wie die meester is, dan sou dit by ons weldra baie anders gaan met die ware geloof en vertroue in die een, enige ware en lewende God; ook die twee Judese priesters sou weldra op ander gedagtes kom en miskien weer tot die ou geloof van die eerste vadere terugkeer.”

[16] Nou sê Ek vir die twee bure: “Gaan nou met julle gesinne na ons herberg en gebruik die oggendmaal met ons! En laat die priesters maar aangaan met hulle gekerm; want van die rykes sal hulle weinig van die verlangde offers kry, en by die armes, wat by ons rondom die heuwel was, sal hulle wel weet te vertel hoe Die Een daar uitsien, aan wie die hele natuur van die aarde gehoorsaam is, en dan sal daar nog tyd genoeg wees om aan hulle praktyke `n einde te maak!”

[17] Daarmee was die twee bure baie tevrede; hulle roep hulle gesinne, begewe hulle saam met ons na die herberg en nuttig saam met ons baie welgemoed en opgewek die ryklike en goed voorbereide oggendmaal.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205