|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 127
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Die geestelike alomteenwoordigheid van die Heer en die leiding van Sy barmhartigheid
127 Toe die leerlinge van Johannes en ook die Jerusalemmers dit van My gehoor het, neem hulle tog die vis en ontdek dat dit baie goed smaak; hulle het al die vis baie gou opgeëet en dank My vir My woorde; hulle het ook gesê, dat daar ondanks die oorvloedige lig wat hulle van My ontvang het, nog die een en ander aan ou Farisese reste in hulle sit, wat hulle nog nie heeltemal kon kwytraak nie.
[2] Ek sê: “Julle sal al daardie ou slyk in julleself wel kwyt raak, as Ek weldra nie meer liggaamlik in julle midde sal wees nie. Julle het te gewoond geraak aan My persoon en ken My, en Ek is vir julle geen buitengewone verskyning meer nie; maar wanneer Ek nie meer in hierdie sigbare en tasbare persoonlikheid van My onder julle sal wees nie, sal julle baie verdrietig word en dan eers meer volkome begin insien wie Ek was, is en ewig sal wees.
[3] Ek sal in My persoon ook wel by julle wees, maar net geestelik - en nie sigbaar vir julle liggaamlike oë nie, maar alleen vir julle hart deur die egte, ware liefde vir My.”
[4] Hierdie woorde van My stem My leerlinge diepsinnig en nadenkend; maar geeneen van hulle durf My verder nog iets vra nie.
[5] Die herbergier, wat al heeltemal geesdriftig geword het van die goeie wyn, sê egter aan My: “O Majesteit en Heer, ek weet baie goed dat U met hierdie meer as heilige persoonlikheid van U nie tot die einde van ons lewe by ons sal bly nie, soos U nou ook nie met U persoon ons voorraadskure ryklik met graan en ons voorraadkamers met brood, meel en ander vrugte gevul het en netso die water in wyn verander het nie, maar enkel deur die mag van U goddelike wil, aangesien nog veel sondes aan ons kleef, sou ons onsself dan ook veel te onwaardig voel om U persoon steeds in ons midde te hê; maar verlaat ons nie met U barmhartigheid, U liefde en U seëninge nie, o Majesteit en Heer!
[6] Ons was heidene en het U, die een en enig ware God, in die boeke en geskrifte van die Judeërs gaan soek, en ons het baie gou ontdek dat slegs die God van die Judeërs die enig lewende ware kan wees.
[7] Ons het die vertroue in Hom opgeneem, Sy gebooie gehou so goed ons kon, en kyk, ons het baie gou bewus geraak dat die God van die Judeërs merkbaar aan ons begin te dink! Hy het ons die idee gegee om ons vissersbedryf te verlaat en ons hier in hierdie eensaamheid te vestig.
[8] Ons het sekerlik hier geen wêreldse rykdomme aangetref en geen bont gedoe van mense, soos dit in die stede die geval is nie, waar niks anders as handel en nog eens handel, bedrog, leuens en huigelary bedryf word, en alle mense van God die enige Heer afgekeer raak en die mense dag en nag mekaar opjaag, rusie met mekaar maak en mekaar bedrieg en vervolg; tog tref ons diegene aan wat ons nodig het om in lewe te bly, maar veral rus in ons gemoed en ook `n goeie geleentheid om ons steeds meer vertroud te maak met die een, enig ware God van die Judeërs, Sy gebooie steeds weer gewetensvol te hou en ons kinders binne Sy geopenbaarde orde op te voed.
[9] En omdat ons dit gedoen het, het God ons in U, o Majesteit en Heer, ook persoonlik besoek en ons die loon vir ons beter strewe oorhandig, en Hy het ons almal meer as duidelik daarvan oortuig dat ons strewe nie tevergeefs was nie.
[10] Omdat U, o Majesteit en Heer, ons al so barmhartig was, dat U ons steeds groter verlange na U bevredig het en persoonlik na ons toe gekom het in `n tyd wat ons dit nie kon verwag het nie, hoop ons nou almal om ooreenkomstig U heilige woord met vaste vertroue dat U ons nooit meer sal verlaat met U barmhartigheid, liefde en seën nie, noudat ons U welbekende wil van nou af aan seker nog veel getrouer in ag sal neem as wat tot nou toe die geval was en kon wees.
[11] Ons sal weliswaar ook treur, as U ons binnekort met U heilige persoonlikheid sal verlaat; maar ons sou nog meer moet treur as U ons ook met U barmhartigheid sou verlaat, wat U sekerlik nie sal doen nie, as ons deur ons doen en late en deur ons liefde vir U en ook vir ons medemense standvastig by U sal bly nie.
[12] Maar laat geen al te groot beproewings oor ons kom nie, o Heer, waarin iemand van ons swak sou kon word in die geloof in U en in die liefde vir U! Mog U heilige wil by ons bly en altyd in ons werksaam wees tot aan die einde van ons dae, en daarna aan die anderkant ewig!”
[13] Ek sê: “O, as iemand tot My sal bid soos wat jy nou gedoen het, nie net met die mond nie, maar ook in sy hart, sal sy gebed by My ook altyd volledig gehoor vind! - Maar laat ons dit nou oor iets anders hê!”
|
|
|
|
|