Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 168

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die geloofsbelydenis van die opperstads­regter

168 Nou staan die opperstadsregter, wat langs My aan ons tafel sit, ook op en sê: “Majesteit en Heer, U weet dat ek `n Romein is wat goed tuis is in alle wetenskappe, anders sou mense my nie aangestel as opperstadsregter van een van die grootste gemeenskappe op die Haurangebergte nie. Omdat ek my egter al van kindsbeen af aan op allerlei kennis en wetenskap moes toegelê het, om na die aflê van streng eksamens te kan word wat ek nou is en nog steeds meer kan word. Dit is dus in `n sekere sin vanselfsprekend dat ek reeds in my vroegste jeug die volstrekte leegheid en betekenisloosheid van ons afgodedom voldoende leer ken en verag het, en `n wyse man, of dit nou `n Griek of `n Romein was, was my duisend keer beter as al ons Egiptiese, Griekse en Romeinse halfgode en gode.

[2] Reeds die groot keiser Augustus het veel daartoe bygedra om daardie ou afgodedom soveel moontlik uit te roei; in plaas daarvan het hyself hoë eer aan die egte wetenskappe bewys en geweet hoe om hom in sy hof in Rome te omring met wetenskaplike manne uit alle lande, en die bekende digter Ovidius, wat in dieselfde tyd onder die naam “Metamorfose” `n soort godeleer geskryf het - waartoe die priesters hom heimlik en teen goeie betaling aangesit het - lewenslank uit Rome verban is.

[3] Die gesindheid wat Augustus gehad het, het ook sy opvolger, onder wie ek gebore en opgevoed is, en omdat ek so afwysend gestaan het teenoor die gode, wat die keiser welgevallig was, het ek reeds in my jong jare so `n vooraanstaande posisie verkry soos wat ek nou beklee, terwyl ek nog nie eens dertig jaar oud is nie.

[4] Maar met die verwerping van al ons afgode het ek ook die geloof in die onsterflikheid van die menslike siel na die dood verwerp - en na ek meen met goeie reg.

[5] Daardeur het ek weliswaar geen epikuris geword wat my lewenswyse aanbetref nie, maar des te meer wat my geloof aanbetref, wat by my nie net deur die lees van boeke van vele filosowe nie, maar deur my veelsydige ervaring, tot volkome duidelikheid ontwikkel het.

[6] Ja, ek het ook die werk van mense soos Sokrates en Plato met veel aandag gelees; maar saam met hulle, het ook hul bewys vir die voortlewe van die menslike siel verstom, deurdat hulle in die algehele bekende natuur geen weerklank gevind het nie. As dit anders sou wees, dan sou hierdie tog wel hoogs gewaardeerde skrywers `n duidelike teken moes gegee het van hulle, as te ware in `n ander wêreld voortlewende idees, waaraan te herken sou wees dat hulle nie gesterf en vergaan het nie; so `n teken sou vir ons, soekende en denkende mense, beslis van groot belang gewees het, want ek glo dat `n siel, wat na die dood voortleef, tenminste daarvoor sou moet sorg dat die geestelike werk wat sy in haar liggaam by ons voortgebring het, mense wat nog op aarde leef, `n positiewe invloed het.

[7] Maar hierdie groot, deur iedereen hooggewaardeerde manne het ooreenkomstig die wêreldse natuurwette gesterf, en na hul liggaamlike dood het hulle ook maar nooit die minste teken gegee dat wat hulle geleer en beweer het, waar is nie! Elke uur van die dag lê hulle egter aan elke mens des te meer en sprekender bewyse voor dat die lewe van die siel nie voortbestaan na die dood van haar liggaam nie; want wat ons sien, bestaan slegs `n bepaalde tyd; bietjie langer of korter, dit is in feite om te ewe.

[8] Wat eenmaal gesterf en vergaan het, het gesterf en vergaan en kom nooit weer as dieselfde te voorskyn nie. `n Plant wat gesterf, verdor en vergaan het, bemes weliswaar die aardbodem, maar self kom hulle nooit weer as heeltemal dieselfde plant te voorskyn nie; en wie sê dat die dood stom is en geen teken van lewe meer gee nie, het gelyk, en ook hy het gelyk wat sê dat alles wat gesterf het ons uit die grafte van die ontbinding nog die betekenisvolle woorde sal toeroep: “Ons was, ons het vergaan en sal nooit meer wees nie - behalwe as `n atoom wat `n kort tydjie hierdie aarde bemes en vermeerder.”

[9] Ek het my soseer vertroud gemaak met hierdie sienswyse, wat in waarheid erg voor die hand liggend was, dat ek nou nie meer die allerminste vrees vir die dood het nie, maar alleen maar net daarna verlang; want my huidige bewussyn sê my dat daar vóór die bestaan van my, ewighede na ewighede verstryk het, en ek het in myself nooit verdriet en treurnis gevoel oor die feit dat ek nie voortdurend ooggetuie was van die eindeloos lang tye nie.

[10] Die noodlot en die kragte van die natuur het my ewenwel tot `n selfbewuste bestaan geroep, waarvan ek nooit die redes en die doel te wete gekom het nie. Waarskynlik het hulle in my, netsoos in ander skepsele, `n monumentale bewonderaar van hul bestaan en werk wou skep. Maar wat het ek en wat het hulle uiteindelik daaraan? As die bewonderaar nie meer daar is nie, dan is met hom ook al die ander nie meer daar nie; want of daar nou één wêreld of tallose wêrelde met hul wonders bestaan, vir hom, wat self nooit daar was of nooit meer daar sal wees nie, bestaan hulle nie meer nie en het hulle ook so goed as nooit bestaan nie.

[11] Maar daarom verag ek absoluut nie diegene wat ek op die wêreld gevind het nie; maar ek ag dit as iets wat byna heeltemal sonder betekenis en waarde is. My grootste waarde heg ek aan die egte, reële, volkome nonbestaan; want as ek nie daar is nie, dan dink ek ook nie, wil ek niks en doen ek niks, het ek geen bewussyn nie, nóg goed nóg sleg, en bly ek sodoende in ewigheid niemand iets skuldig nie, hoef ek geen wet in ag te neem en geen strafgerig te vrees van die kant van die mense en al heeltemal nie van die kant van die nie bestaande gode nie.

[12] Kyk, buitengewone Majesteit en Heer, dit was sedert my jong jare my volkome ware geloofsbelydenis, netsoos die van my ouers, waarvoor ons in die natuur, wat oral dieselfde sê, onweerlegbare bewys en redes gevind het! Wie hierdie grondbeginsels in sy kort aktiewe lewe geheel en al in ag neem, sal tot sy laaste uur nog `n eerlike mens bly; want hy weet dat hy `n volkome niks is, en hy weet dan ook dat alles wat hom omring, met hom dieselfde lot deel.

[13] Toe ek met sulke geloofsbeginsels na die Judeërs kom en hulle sien bid en boete doen, kry ek werklik medelye met hulle omdat hulle so kortsigtig was; daar moes wel, netsoos onder die heidene, allerlei bygeloof in hulle skuil, wat hul gemoed miskien enigsins gelukkig gemaak het, maar daarenteen meestal buitengewoon sterk verwoes het. En diegene wat hulle daardie bygeloof bybring sal, netsoos by alle ander volkere, sekerlik die gesamentlike priesters wees, wat hulle goed deur die mense laat bedien en voed vir die deur hulle bedagte bedrog, hulle nie in die minste bekommer oor die heil van die mense nie, wat êrens anders vandaan kom, en daarby dink: “As die dood julle eenmaal gehaal het, dan het julle saam met ons vir ewig genoeg van alles!”

[14] Daarmee wil ek egter geen genoeë neem nie, en ek verskaf myself die boeke van die Judeërs, lees hulle met groot aandag deur, en ek moet eerlik beken dat hulle vir my te geheimsinnig en onbegryplik voorkom. Die beste daaraan was nog dat daarin van slegs één God sprake is, wat baie goed en regverdig is; maar verskillende dreigemente met aan die anderkant te verwagte ewige straf ontbreek daar netso min as in die oeroue miteleer van die Egiptenare, Grieke en Romeine. Ek lê die boeke dus eenkant en sê: julle is netso seer `n werk van swak mense van hierdie aarde as ons afgode, gode en die vele boeke oor hulle, waarvan die groot biblioteek in Alexandrië veel daarvan besit.

[15] Grote Majesteit en Heer, dit was tot nou toe my geloof; maar nou, in U teenwoordigheid, voel ek vir die eerste keer in myself - weliswaar veroorsaak deur U dade en weinige woorde - dat ek my tog in `n verkeerde geloof bevind. Daarom vra ek U of U my `n goeie lig wil gee, veral oor wat U geheel volgens waarheid bedoel het met U opwekking tot die ewige lewe op `n bepaalde jongste dag!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205