Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 63

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die ware wyding van die Sabbat

63 Ons rus ook almal ongestoord tot die oggend van `n Sabbat, wat by hierdie Judeërs egter nie van besondere belang was nie, omdat hulle al byna meer heidens as Judees gesind was. Maar tog kom die oudste die oggend na My toe en vra My, of Ek en My leerlinge ons streng aan die Sabbat hou, aangesien dit deur Moses vasgestel was as `n dag van JaHWeH, wat streng gewy moes word.

[2] Ek sê: “Om die Sabbat te wy volgens die insettinge van Moses is vir elke Judeër passend en goed; maar van nou af aan is elke dag `n dag van JaHWeH, en wie elke dag ooreenkomstig My leer aan sy naaste goed doen, wy die Sabbat werklik. Julle hoef julle vandag, wat nou die Sabbat is, dus nie anders te gedra as op elke ander dag nie!

[3] Die mens het op `n Sabbat dieselfde behoeftes vir sy liggaam as op elke ander dag, en moet dit vir sover moontlik eweseer bevredig. Hy moet hom slegs weerhou van swaar, slaafse arbeid in ruil vir loon. As hy daarmee egter vir een of meer van sy naaste iets nuttig kan doen, word die Sabbat nie daardeur ontheilig nie, ook al pak hy hoe `n swaar slaafse werk aan, en Ek sal hom daarvoor seën. Maar as so `n geleentheid homself nie voordoen nie, is dit goed om op `n Sabbat uit te rus en sy gemoed met die dinge van die gees besig te hou. Want by die swaar werk van `n werkdag is die siel nie goed in staat om in haarself diep geestelike dinge te bespiegel en haar tot God te verhef nie; en daarvoor het Moses die Sabbat dus ingestel.

[4] Maar dat mense op `n Sabbat na sonsopgang en eweneens vóór sonsondergang niks sou mag eet en drink en ook niemand `n liggaamlike weldaad sou mag bewys nie, soos wat die Fariseërs in Jerusalem en ook in ander plekke in die sinagoges onderrig, dit is onsin wat daarvan getuig dat die leraars die leer van Moses self nooit begryp en in ag geneem het nie; en deur dit te leer het hulle die gees van Moses se leer en die van die profete totaal vir die Judeërs verdraai. Doen dus vandag net soos wat julle steeds gedoen het, so sal julle die Sabbat in My oë nie ontheilig nie!

[5] Julle hoef nie vir die heidene vandag, nóg op `n ander dag vir `n armsalige loon die laagste werk laat verrig nie; as julle My leer egter ook aanneem en hulle as julle naaste beskou en behandel, kan julle hulle ook in alle liefde en broederlike vriendskap allerlei goeie dienste bewys, sodat daar vrede en eenheid onder julle heers. Daarmee het julle nou alles wat die ware wyding van die Sabbat betref.

[6] Selfs die wyser heidene sê immers dat dit beter is om `n medemens te dien - as die omstandighede daarom vra – as om na die tempel te gaan en daar `n God te dien, wat die dienste van mense nie nodig het nie. En so het die enige ware God die dienste van die mense nooit vir Homself nodig nie; maar wat Hy nodig het, is dat die mense uit liefde vir Hom en vanuit dieselfde liefde, mekaar oor en weer goeie dienste bewys.

[7] Want die liefde is die ware lewensbemesting vir die siel vir die ewige lewe, en God het die mense immers geskape met die bedoeling dat hulle in die ewige lewe sal oorgaan. Die ware godsdiens, wat My as enigste welgevallig is, bestaan dus hoofdsaaklik daaruit dat die mense mekaar oor en weer in My liefde sal dien; en as dit die godsdiens is wat My die meeste welgevallig is, word die Sabbat daardeur seker nooit ontheilig nie.

[8] Daar staan immers geskrywe deur `n profeet, in die tyd toe die Judeërs hulle heeltemal op uiterlike seremonies begin te rig het - soos wat die Fariseërs nou doen: “Sien, die volk eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My!”

[9] Dien My dus van nou af aan alleen in jou hart en laat die dooie seremonies agterweë; so sal julle elke dag die Sabbat op `n manier wy wat vir My die welgevalligste is! - Het jy dit nou begryp?”

[10] Die Judeër sê: “Ja, o Heer, en daarom sal ons die Sabbat ook ooreenkomstig U bedoeling wy!”

[11] Hierop gaan die ou man meteens na syne en lê aan hulle uit hoe Ek die Sabbat gewy wil hê, waarmee almal dit volkome eens was; daarna begin hulle ook baie gou met die bereiding van die oggendmaal, waarby Veronica hulle weer goeie dienste verleen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205