Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 110

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die kommandant se vraag oor die hel

110 Na die uitgebreide woorde bedank almal My, omdat Ek hulle met soveel geduld oor sulke belangrike dinge onderrig het, en hulle beloof My ferm dat hulle die leer onmiddellik in hulle lewens sou toepas, al sou dit ook menige stryd kos.

[2] “Want geen enkele goeie en groot saak ten behoewe van die lewe van die mense”, sê hulle, “kan sonder moeite en baie stryd bereik word nie; hier gaan dit egter om die bereik van die hoogste lewensbesit van die mense, en dus is dit des te meer `n saak van groot inspanning, werk en stryd en om nie terug te deins nie.

[3] Ons Romeine is egter nie mense wat vir die stryd terugdeins en ons het geen vrees vir `n vyand nie, en daarom sal ons in `n kort tydjie menige oorwinnings behaal; in die eerste instansie oor ons eie swakhede, wat ons mees nabye en dikwels hardnekkigste vyande is, en daarna ook maklik die vyande buite ons oorwin - as U, o Heer, ons nie met U barmhartigheid sal verlaat, ook dan nie as ons wat nog mense van hierdie aarde is, ooit in die een of ander lewensituasie `n fout sou maak en val nie.

[4] Maar laat nie te groot versoekinge oor ons kom nie, daarom vra ons U nou in die blye hoop, dat U die versoek nie onverhoord sal laat nie!”

[5] Ek sê: “Kyk, hierdie aarde en die hele sigbare hemel met alles wat dit bevat sal vergaan, maar My woorde en My beloftes sal ewig nie vergaan nie! Ek sal julle geregverdigde bedes ook nooit onverhoord laat nie; maar in hierdie tyd het die ryk van God geweld nodig, en alleen julle sal dit in alle volheid besit, wat dit met geweld na hulle toe trek. Daarom sal die volledige bereik daarvan nog baie innerlike en uiterlike stryd kos.

[6] Vrees egter nie vir die vyande nie, wat wel die liggaam van `n mens kan doodmaak, maar die siel geen skade kan toebring nie; as julle iemand vrees, vrees dan God, wat `n bose siel in die hel kan werp!”

[7] Nou tree die kommandant na vore en sê: “O Heer en Majesteit, aangesien U nou melding gemaak het van die hel - die oord waarvan die Judeërs glo dat die slegte siele daar deur die ergste duiwels vir ewig gemartel word, terwyl ook die heidene so `n oord van verskrikking ken onder die naam Orcus of ook wel Tartarus - sê ons nou ook, so helder dat ook ons dit kan begryp, hoe dit met die hel gesteld is, waar dit is, en wie daar na sy liggaamlike dood in die oord van verskrikking beland!

[8] Want noudat ons baie duidelik uit U mond gehoor het watter salighede die mense te wagte staan, wat ooreenkomstig U leer lewe en handel, glo ek dat dit nie minder noodsaaklik is om ook nader op hoogte te raak van die lot van verskrikking van hulle, wat op hierdie wêreld uitgesproke en onverbeterlik U vyande en teenstanders is, sodat ons hulle ook kan sê en toon hoe, waar en wat hulle daarvoor aan die ander kant kan verwag, om hulle so moontlik makliker van hulle bose verkeerdheid af te bring en vir U ryk te wen.”

[9] Ek sê: “My vriend, jy het wel gelyk dat jy My dit vra; maar nou is dit nog moeilik om jou iets begrypliks daaroor te sê, omdat jou innerlike liefdeslewensgees nog nie volkome in jou siel oorgegaan het nie. Maar Ek wil jou wel soveel sê soos wat jy en die ander dit kan begryp, dus luister en let goed op!

[10] Kyk, soos wat die hemel oral is waar goeie mense is wat My liefhet en welgevallig is, so is ook die hel oral waar veragters van God, vyande van al die goeie en ware, leuenaars, bedrieërs, boosaardiges, diewe, rowers, moordenaars, gierigaards, heerssugtige mense wat op wêreldse eer belus is, en boosaardige, liefdelose hoereerders en egbrekers is.

[11] As jy wil weet hoe dit daar in so `n hel uitsien, kyk dan maar net na die gemoed, die bose liefde en die bose wil van so `n mens, in wie die hel heers; dan sal jy jou daardeur maklik kan realiseer hoe dit daar uitsien in die hel, wat as’t ware `n werk van dergelike mense is!

[12] In die hel wil iedereen die eerste, die hoogste en mees onbeperkte heerser en gebieder wees, die hoogste mag en heerskappy hê, alles besit, en almal moet hulle gehoorsaam en vir `n baie slegte loon vir hulle werk.

[13] Van `n waarheid, wat sulke boosaardige onsinnigheid en baie slegte blindheid en dwaasheid verlig, kan daar vanselfsprekend nog minder sprake wees in hierdie wêreld, waar `n heerssugtige tiran hom deur `n verligtende waarheid oor die onreg wat hy op wrede wyse die mense aandoen, ook nooit sodanig sal laat bekeer, dat hy sy goue troon sou verlaat, egte boete sou gaan doen, sy onreg sou insien en sou probeer om die onreg wat hy soveel mense aangedoen het, weer soveel moontlik goed te maak.

[14] Probeer jy so `n woesteling maar net te bekeer; dan sal dit vir jou maar al te gou duidelik word hoe hy jou tegemoet sal tree!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205