Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 142

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die Heer in nog twee ander stede

Op deurreis

142 In die oggend gaan ons verder op reis, nadat Ek die hele dorp eers geseën het.

[2] Die herbergier en verskeie inwoners vergesel ons dankbaar `n hele ent en keer toe weer na huis terug, en ons trek na `n stad wat ongeveer `n dagreis ver lê; ons bereik dit eers teen die aand, en word baie goed opgeneem in `n ou herberg.

[3] In hierdie stad, waar vir die merendeel heidene woon, bly Ek met die leerlinge ook enkele dae; netsoos in die vorige stede en dorpe onderrig Ek die mense oor die ryk van God op hierdie aarde en ondersteun My leer met doelmatige en vir die mense nuttige tekens.

[4] Ook hier word die meeste heidense priesters tot die Judeërdom bekeer, en vele ander mense met hulle; net met enkele Judeërs in hierdie stad, wat die geloof van die Sadduseërs gehad het, verloop dit nie so goed soos met vele heidene, wat in hierdie behoorlik groot stad geleef en handel gedryf het nie.

[5] Na enkele dae verlaat ons onder My seën op `n oggend ook weer hierdie stad en trek na `n ander, meer na die suide, en bereik dit eweneens teen die aand.

[6] Halfpad het enkele leerlinge honger en dors, want daar was langs hierdie verlate weg ook maar net ou, verlate waterputte en twee eweneens verlate herberge, wat deur enkele arm herders bewoon was, wat ons, behalwe bietjie kaas en melk, niks aangebied het nie.

[7] Toe vra die leerlinge My of Ek nou ook vir hulle `n teken wou doen om hulle liggaam te versterk.

[8] Maar Ek sê: “Dit sou Ek wel kan doen, as dit streng noodsaaklik sou wees; maar as Ek nou `n bietjie kan vas, waarom kan julle dit dan nie? In die plek wat ons oor `n paar uur bereik, sal ons veel te doen kry, en dit is goed dat ons daar nugterder aankom as elders. In dié plek sal daar vir julle liggaam wel `n matige versterking te vinde wees!”

[9] Daarmee neem die leerlinge genoeë.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205