|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 47
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Die vraag van kommandant Pellagius oor besetenheid
47 Toe ons almal onsself op die genoemde heuwel bevind, vanwaar mens oor `n deel van die meer van Galilea kon sien, asook die stede Abila, Golan en Afek, lê Ek alle aanwesiges die hande op en verleen aan hulle die mag om deur die oplê van hulle hande in My Naam allerlei siekes te genees en om die bose geeste uit besetenes te verdryf.
[2] Na hierdie handeling vra die kommandant aan My: “Heer en Majesteit, ek het al verskeie kere mense gesien en gadegeslaan, wat hulle baie sonderling gedra en beweeg. `n Tydlank was hulle baie kalm, en as mense hulle die een of ander vra, gee hulle baie verstandige antwoorde en merk mens niks van een of ander geestelike versteurdheid nie. Maar plotseling word hulle deur die een of ander onsigbare mag gegryp, verwring hulle hele wese, begin hulle te raas en misdra hulle deur allerlei gruwelike lasteringe, selfs ten aansien van alombekende staande goeie mense en voor die gode of voor die een God van die Judeërs en voor die profete, en slaan hulle self vreeslik met hulle vuiste; en as mense hulle met geweld wil boei, bars hulle uit in `n huiweringswekkende gelag, en wie hulle aanraak, kom sleg daarvan af.
[3] In die ou mynstad Gadara, nie ver hiervandaan, het ek daar twee geken, waar een hele Romeinse legioen weinig of niks met hulle kon uitrig nie. Hulle het hulle opgehou in die ou groewe en was `n groot kwelling vir die reisigers en ook vir die inwoners. As mense hulle vang en met kettings en toue vasbind, dan help dit niks; want as hulle deur die geheime mag gegryp word, ruk hulle selfs die sterkste kettings en toue in één oomblik stukkend, slaan hulle self en ook ander wat dit waag om hulle te nader, en as hulle deur soldate omsingel word, word hulle sodanig met klippe bestook, dat hulle ylings op die vlug moet slaan om nie verskriklik vermink te raak nie. En as mense van `n afstand met skerp pyle op hulle skiet, lag hulle; want selfs die beste en mees geoefende boogskutters kry geen enkele pyl in hulle omgewing nie.
[4] Dit was tog seker mense wat deur baie bose geeste besete was? Wie en wat is die demone, en waarom word dit toegelaat dat dikwels die mees onskuldige mense, ja so nou en dan selfs onskuldige kinders, deur hulle gekwel word?”
[5] Ek sê: “Oor alles waarna jy vra is My leerlinge en ook al verskeie van jou vriende in Rome en ook elders volledig onderrig, en jy sal ook nog wel op die korrekte tyd duidelikheid daaroor verkry. Laat dit vir jou voorlopig voldoende wees, dat Ek ook aan jou nou die mag geskenk het om dergelike bose geeste by mense uit te drywe deur die mag en die krag wat in My Naam heers; wat jy My nou egter gevra het, sal jy in die eerste instansie te wete kom van hulle wat deur jou genees word, en jy kan baie te wete kom van My leerlinge, wat getuie daarvan was dat Ek die besetenes in Gadara genees het.”
[6] Toe die kommandant dit van My gehoor het, bedank hy My vir die versterking, net soos al die ander, behalwe Judas Iskariot, wat nie hierdie heuwel saam met ons opgegaan het nie, maar intussen in die stad rondgeswerf het om by almal wat Ek genees het, vir `n sogenaamde fooi te bedel - `n besigheid wat by hulle nie nuut of ongewoon was nie; want hy was en bly `n reëlregte dief en was nooit tevrede nie. Niemand vra verder ook na hom nie, en ook niemand mis hom nie.
|
|
|
|
|