Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 217

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die verklaring van die gelykenis van die onregverdige rentmeester en van die koninklike gastemaaltyd

217 (Die Heer:) “So was die patriarg Abraham, die eienaar van die hele Beloofde Land, ook `n onregverdige rentmeester; maar julle sou wel gehoor het, dat hy in Salem waar hy gewoon het, altyd `n groot tafel laat gereedstaan het, waar `n paar duisend armes en behoeftige mense elke dag te ete gekry het, en in die tyd het die spreekwoord ontstaan dat diegene tot die geluksaliges behoort, wat die geluk het om aan die tafel van Abraham te eet.

[2] Kyk, daarom was Abraham My liefling en Ek het hom en sy hele huis veelvoudig geseën - wat julle kan aflei uit die feit dat Abraham die vernaamste en grootste vriend was van die Koning van die konings en die Priester van die priesters, wat sonder begin en einde was en Melgisédek geheet het, aan wie hy self die tiende gegee het en wat onder die vele toenmalige konings, as enigste die geluk en die reg gehad het om die woonplek van Melgisédek te nader; en Melgisédek het `n keer Self na hom toe gekom, vergesel van twee engele en voorspel aan hom, dat sy bejaarde vrou Sara hom `n seun in die wêreld sou bring, wat Abraham dan ook baie verseker geglo het!

[3] Maar tegelykertyd het Melgisédek onthul dat die stede Sodom en Gomorra sou vergaan, en verder voorspel Hy vir hom dat Hyself uiteindelik as mens in `n liggaam van vlees en bloed uit sy stam sou voortkom om alle mense waaragtig gelukkig te maak.

[4] Maar ons sal Abraham en Melgisédek nou laat rus, want die Laasgenoemde sit nou in My persoon by julle, en die ou patriarg Abraham is in die gees nie ver van Hom vandaan nie! Laat ons eers kyk na `n ander onregverdige rentmeester, wat nou in die omgewing van Jerusalem lewe, en in wie se huis ons weldra sal verblyf! Dit is ons Lasarus, `n seun van Simon die melaatse, wat Ek reeds in my twaalfde jaar, nog voordat Ek die tempel besoek het, met My wil genees het, sonder dat hy daarvan bewus was, en wel omdat hy in alle opregtheid met sy groot, onregverdige Mammon aan vele duisende groot weldade bewys het, waar hulle ookal vandaan gekom het, soos wat sy seun Lasarus nou ook doen!

[5] Julle weet wat hy alles gedoen het toe ons verskeie kere na sy stad na sy huis afgebring was - en kyk, wie die onregverdige Mammon op hierdie manier gebruik, maak verseker baie goeie vriende in My ryk en is My ook welgevallig; en wanneer hy sterf, sal Ek hom terstond weer tot lewe wek, sodat hy ewiglik nooit meer sal sterf nie, en sy oorgang van hierdie na die ander wêreld sal wees soos lank gelede die van My beste Henog, wat nou hier as `n egte aartsengel langs My sit.

[6] Ek dink, My beste Juda, dat Ek jou daarmee nou meer as sonneklaar getoon het waar My lof oor die onregverdige rentmeester op slaan, en daarmee het Ek die een krom lyn in jou reguit gemaak.

[7] Nou gaan dit nog om diegene wat van My gastemaaltyd na buite gegooi word omdat hy geen feesgewaad aangehad het nie en wat deur jou `n “arme duiwel” genoem word.

[8] Kyk, die genooides wat nie verskyn het nie, en hulle vanweë hul wêreldse besighede laat verontskuldig het, is louter van die baie onregverdige rentmeesters, wat van My kant egter geen lof verdien nie; die ander, wat later in die stegies, strate en by die hekke uitgenooi word, is diegene wat, hoewel hulle aards gesien, arm is, innerlik deur hul regverdige lewe volgens My wet tog feestelik gekleed is.

[9] Die een, wat ook na My gasmaaltyd kom, stel deur sy persoonlikheid die starre fariseërdom voor, en hy neem ook aan My gastetafel plaas. Toe Ekself egter kom, wat nou in julle aller teenwoordigheid die geval is, sien Ek, My beste Simon Juda, dat die “arme duiwel” van jou geen feesgewaad aanhet nie, en daarom het Ek My dienare bevel gegee hom te gryp en na buite in die buitenste duisternis te gooi.

[10] En sien, die gastemaaltyd gee Ek nou - sedert die tyd dat Ek as leier en leraar van die mense in hierdie wêreld opgetree het, en jy sal al herhaaldelik gemerk het dat by baie verskillende geleenthede dergelike gaste hulleself na My tafel gedring het, wat Ek deur My woord ook altyd buite die deur laat sit het - en waarom eintlik? Omdat hulle geen feesgewaad aanhet nie! Begryp jy nou, Simon Juda, wat Ek wou aangedui het met die niefeestelik geklede gas aan die tafel van My gastemaaltyd?”

[11] Simon Juda sê: “Ja, Majesteit en Heer, ek begryp dit nou meer as sonneklaar, en ek voeg nog daaraan toe dat daar aan die tafel van U gastemaaltyd sekerlik nog baie gereeld sulke gaste sal verskyn wat geen feesgewaad sal aanhê nie, en ek glo dat dit tyd is om sulke gaste onmiddellik van die eettafel te verwyder.”

[12] Ek sê: “Seer seker, maar op hierdie wêreld sal dit waarskynlik nie altyd uitvoerbaar wees nie! Ek sal julle daarvoor `n ander beeld van `n saaier gee, waarna julle julleself in die toekoms behoort te rig, luister dus!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205