|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 226
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
`n Oggendgroet van die kraanvoëls. Oor die uiterlike lewensfeer (die aura)
226 Net toe Ek dit gesê het, vlieg daar `n groot vlug kraanvoëls in die lug vanaf die weste in `n oostelike rigting, en wel na die moerassige gebiede van die Eufraat rivier.
[2] Toe die hele vlug reg bo ons taamlik hoog in die lug sweef, hou die voëls in `n sekere sin stil en begin in velerlei sirkels die plek waar ons staan, te nader.
[3] Die opperstadsregter sê: “Majesteit en Heer, dit beteken dat ons weldra ander weer sal kry! Wat dink U, o Majesteit en Heer, van die veronderstelling?”
[4] Ek sê: “Dit het die volksgeloof wel uit ervaring daarvan gemaak; maar kraanvoëls of geen kraanvoëls nie, dit spreek tog wel vanself dat in die tyd van die laat herfs, waarop die winter onvermydelik volg, die weersgesteldheid ook na `n korter of langer tyd sal verander. Slegs dié jaar sal die weer nog ietwat langer bly soos wat dit nou is.
[5] Die kraanvoëls wat daar bo ons sirkel is hierdie keer geen profete van `n weersverandering nie, maar ook hulle siele word gewaar in Wie se nabyheid hulle hul bevind; hulle betuig Hom nou `n soort eer en bring Hom in sekere sin `n oggendgroet, omdat hulle gewaar word dat Hy ook hulle Skepper is.
[6] Kyk, `n hond wat sy baas goed ken en hom baie toegedaan is, word ook die nabyheid van sy baas gewaar, loop na hom toe en betuig hom deur allerlei spronge, gelaatsuitdrukkings en liefkosings dat hy sy baas liefhet en hom goed ken; `n vreemde loop hy egter nie toe nie, en as iemand sy baas nader, word hy woes deur die hond aangeval, en hy volg die stem van niemand anders as alleen dié van sy baas nie. Maar wie vertel die hond dat die een mens sy baas is en `n ander nie?
[7] Kyk, My beste vriend die opperstadsregter, dit weet nie die liggaam van die hond nie, maar die reeds op `n ietwat hoër trap van intelligensie staande siel van die hond! Maar hoe?
[8] Kyk, sowel `n mens as `n dier besit na buite toe `n sfeer wat hulle omring, wat vir die lewe noodsaaklik en met hulle siel baie nou verwant is. Baie mense wat heel eenvoudig lewe, neem gereeld op `n afstand van vele ure waar dat `n vriend wat hulle vroeër geken het en wat lank afwesig was, na hulle toe kom, en hulle kan selfs die tyd vasstel waarop hierdie vriend by hulle sal aankom.
[9] Diere besit dikwels in `n nog skerper mate die vermoë om iets wat hul vyandig- of vriendelik gesind is, van `n nog groter afstand te bespeur en waar te neem. Honde en katte het die vermoë in `n besondere hoë mate. Jy kan dus een van jou huishonde enkele dagreise ver van jou laat wegvat en daar vrylaat, en hy sal sonder enige kennis van die aarde of die pad- binne `n kort tyd na jou toe terugkeer. Wie het hom dan die weg getoon, en waarop het hy hom gerig, sodat hy weer na jou toe teruggekom het?
[10] In die eerste plek toon jou verreikende uiterlike lewensfeer dit aan hom, wat hy deur sy sterk speursin baie goed as die van jou herken, hoewel dit deur tallose ander deurkruis word. En in die tweede plek: Wat dryf hom vervolgens na jou toe? Niks anders as sy instinkmatige liefde en trou vir jou nie. Dat hy hom egter nie in die pad vergis het en baie goed weet of hy steeds nader aan jou kom of nie, dit weet hy deur die steeds verder word of nader word van jou uitwendige lewensfeer, wat jy in sekere sin uitstraal.
[11] Want met die uiterlike lewensfeer, is dit net so gestel soos met die uitstraal van `n lig, maar dan alleen meer op die vlak van die siel. Waar die lig homself bevind is die uitstraling natuurlik die digste, en hoe verder van die lig verwyder, word ook die straling van die lig steeds dunner en swakker, en op groot afstand sal mens nouliks meer iets merk van `n aangesteekte lig. Veral by iemand wat nie so `n skerp blik het nie, sal van die uitstraling niks meer merk nie, maar wel iemand wat `n skerp blik het.
[12] En so merk ook mense en diere tot op groot afstand die uitstralings van sowel bevriende mense, asook van diere, des te sterker op, namate hulle `n sterker gewaarwordingsvermoë besit.
[13] Sien, Ek is die Heer van alle skepsele in die hele oneindigheid en derhalwe ook van die op hierdie aarde - en so bring hierdie kraanvoëls My, soos Ek jou al gesê het, `n oggendgroet! En om dit vir jou te bevestig sal die kraanvoëls baie naby ons kom, en op My wenk sal hulle hul dan na die vywer begeef wat Ek gister deur My RafaEl vir jou geskape het; daar sal hulle `n oggendmaal neem en hulle voorsien van `n watervoorraad, wat hulle nodig het om verder te vlieg.”
[14] Ek het dit nog maar nouliks gesê, of daar daal ongeveer driehonderd-en-veertig kraanvoëls op die aarde neer, stel hulle in sekere sin in twee rye om ons heen op en kyk na My. Spoedig daarna wink Ek hierdie diere met My hand na die vywer; hulle vlieg op en bevind hulle in `n ommesientjie by die vywer, en deur hulle gefluister toon hulle dat hulle baie bly was met die voedsel wat in die vywer aanwesig was en ook met die skoon water, waarmee hulle hul inwendige watersakke vul.
[15] Iedereen kyk met groot genoeë na die skouspel van die natuur en hulle almal prys My liefde, wysheid en mag.
|
|
|
|
|