Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Oor die verval van die suiwer leer

23 (Die Heer:) nou sê jy by jouself: “Maar hoe kon die volk, wat reeds in die waarheid gestaan het, hulle so dwaaslik deur die slegte en leuenagtige priesters dom laat maak en verblind het?”

[2] Ek sê vir jou: Niks was makliker as dit nie! Die ou, ware wyses het met verloop van tyd van die aarde verdwyn, en reeds tydens hulle aardse lewe het hulle bepaalde towenaars en waarsêers opgerig wat dit wat hulle geleer het, bekragtig het met allerlei wonders, wat aan hulle deur `n bose gees getoon was en as goddelike bewys beskou was deur die blindes en mense wat van dergelike bedrieëry volkome onkundig was, en op die manier was dit maklik om die mense, wat oral `n groot aanhang na wonders gehad het, volkome van die ou waarheid af te bring en sover te kry, dat hulle alles rotsvas geglo het wat die valse wyses, wat op hulle eie voordeel uit was, hulle wou leer.

[3] Vele van sulke magiërs, waaruit priesters en valse profete baie gou voortgekom het, verstaan - en verstaan ook nou nog - die kuns om byvoorbeeld hulle stem so te verdraai, dat dit deur die mense gehoor word asof dit van `n afstand of uit `n boom of uit `n dier kom.

[4] Hulle boots die klank van die stem en ook die tongval van bekende, maar reeds gestorwe mense na, waarby dit lyk asof die stem uit `n boom, klip, fontein of ook willekeurig uit `n dier kom, en wel so bedrieglik, dat elke aanwesige moes sê: “Ja, dit is die siel van ons bekende afgestorwene, wat origens `n ou, goeie en waaragtige mens was! Wat kon hy tog teenoor God gesondig het, dat sy siel nou in `n kameel moet versmag en sekerlik baie moet ly?”

[5] Wie het sy antwoord vinniger gereed, as so `n magiër en priester, wat sy stem kon verdraai! Baie gou hoor die bang toehoorders uit die kameel die volgende sin: “Ek wil met my hele huis streng by die leer van die ou vadere bly - en het daardeur die nuwe, deur God opgewekte wyses en profete geminag! Sodoende het ek gesondig en is ek vir tien jaar in hierdie kameel verban om ondraaglik te ly. Glo in die nuwe profete van God, en gee hulle as boete vir my sonde `n offer wat hulle verlang, uit die skatte wat ek agtergelaat het; so sal julle by God om barmhartigheid vir my vra en sal ek van my groot kwelling verlos word, en julle sal na julle liggaamlike dood daarvan bevry wees!”

[6] Na so `n antwoord van die kameel sal jy waarskynlik wel kan begryp hoe die blinde mense maar al te gou die ou waarheid verlaat het en vas in die leringe van die valse profete begin glo.

[7] En soos wat dit toe was, sal dit na My weer word, soos by die verbreiding van My leer, wat as enigste volmaak waar is, as daar nie alle versigtigheid betrag word nie.

[8] Kyk, op die manier het die veelgodedom ontstaan en die hele heidendom, wat `n totale verkeerde geloof in hulle sielsverhuising het en in baie duisende ander afskuwelike domhede!

[9] Al is daar deur God steeds egte lerare onder die eenmaal blind gemaakte volk gestuur, het hulle weinig uitgerig - want die vrye wil, waarsonder die mens `n dier sou word, moet by die menslike siel van hierdie aarde onaangetas gelaat word; dit is dus `n saak om geduld te hê met die mensdom en waarskynlik die grootste deel daarvan in `n ander wêreld tot `n beter insig te laat kom.

[10] Maar wee eenmaal alle valse leraars, priesters en profete, wat die ou, suiwer waarheid self nog wel baie goed ken, maar die leer, vanweë hulle hebsug en heerssug, steeds hardnekkig van die volk weerhou; hulle sal My toornoordeel later nie ontkom nie!

[11] Op hierdie aarde het ook julle `n vrye wil en kan tot op `n bepaalde tyd ook doen wat julle wil; maar as julle dit op hierdie aarde eenmaal te bont gaan maak, sal Ek Self soos `n fel bliksem My lig der ewige waarheid in alle dinge oor die mense op aarde uitgiet, soos wat Ek dit nou Self aan julle getoon en geleer het. Dan sal alle valse leraars, priesters en profete begin weeklaag en hulle vir My verligte mense en vir die mag van My lig probeer verberg. Maar hulle moeite en groot inspanning sal heeltemal tevergeefs wees; want hulle sal deur die verligte volkere van die een einde van die aarde na die ander soos wilde, verskeurende diere met vurige gesels opgejaag word en nêrens meer `n veilige plek vind waar hulle opgeneem kan word en veilig onderdak kry nie, en hulle ryk en duistere heerskappy sal vir altyd volkome ten einde wees.

[12] Daarmee, vriend, het jy nou, behalwe die derde rede, wat Ek jou nou so duidelik moontlik vir jou verstand getoon het, nog baie ander dinge, wat nie net jy nie, maar ook alle ander goed ter harte moet neem!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205