Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 244

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die kritiek van die herbergier op die Judese priesters

244 Daarop sê die herbergier: “Jy het weliswaar nie sleg gespreek nie, maar ek moet tog die opmerking maak dat ons, suiwer Romeine, wat deur julle as heidene genoem word, nog nooit iets besonder goeds oor julle priesters van Jerusalem gehoor het nie! Want julle sit vol hoogmoed, vol selfsug en heerssug en vervolg iedereen wat dit waag om julle met die suiwer waarheid te konfronteer; en ek is sterk van mening dat julle profete - wat julle self gestenig het, omdat hulle vir julle die waarheid vertel het - geen ongelyk het dat hulle vanweë julle nie so prysenswaardige eienskappe aan julle die ondergang voorspel het.

[2] Want vir sover ek weet het veel van wat hulle oor julle voorspel het, uitgekom, en daar staan julle nog die een en ander te wagte, en dit sal ook gebeur. Want julle godsdienskultus bestaan alleen daaruit dat julle `n tempel het, ryklik voorsien van allerlei kosbaarhede, `n offeraltaar en `n sogenaamde Allerheiligste, voorsien van die wonder Ark van die Verbond, wat nog van Moses en Aäron afkomstig sou wees - terwyl julle met die oue weggedoen het en `n nuwe in die plek daarvan gesit het, wat sonder krag en werke is, wat baie Romeine weet. Dan vra ek as waarheidsliewende Romein: Waarom bly julle nie by die waarheid nie, en waarom bedrieg en belieg julle die volk daarenteen en dryf hulle met geweld die duisternis van `n klinkklare bygeloof in, terwyl julle tog self geen jota glo van wat julle die volk leer nie?

[3] Was dit dan van julle kant nie verstandiger gewees nie, aangesien julle waargeneem het dat die ou Ark van die Verbond sy krag verloor het, om aan die volk te sê: “Ons God het vanweë ons vele sondes Sy barmhartigheid van ons weggeneem; laat ons daarom almal werklik boete doen en net so lank tot God bid, totdat Hy Hom weer in Sy barmhartigheid oor ons ontferm!” Maar sien, dit het julle nie gedoen nie; terwille van julle wêreldse goeie lewetjie en wêreldse eer het julle eerder die volk bedrieg as wat julle jul weer saam met die volk tot julle God gewend het!

[4] Kyk, dit is by ons Romeine nie die geval nie! Daar is ook by ons weliswaar baie soorte bygeloof; maar `n ware Romein hou hom by die waarheid, en as hy `n mens aangetref het wat in allerlei waarhede grondig tuis en ingewy is, neem hy Hom vriendelik op en verryk hy homself met die geestelike skatte van die waarheids- en wysheidsvolle man.

[5] Geestelike skatte is immers onvergelyklik veel meer werd as materiële; want alle materiële skatte is verganklik en gaan eendag tot ontbinding oor, maar die geestelike bly steeds bestaan en bring goeie dinge onder die mense, en daardie goeie en ware moet daarom onder die mense in steeds toenemende mate in stand gehou word, so lank hierdie aarde deur mense bewoon sal bly.

[6] Wanneer hulle egter menslike gemeenskappe vorm, wat hulle uit hoogmoed, heerssug en selfsug, asook uit traagheid met alle middele wat hulle ten dienste gestaan het, teen die goeie en ware verweer, dan is dit maklik te begryp dat sulke mense en die volk wat hul aanhang van dag tot dag dieper in die duisternis sal wegsak en dat hulle die manne, wat deur die Godheid gewek is, sal vervolg wat dit waag om hulle met die waarheid tegemoet te tree. En ek het die indruk dat dit by julle Judeërs nie net nou nie, maar al sedert baie lank betreurenswaardig genoeg so was, dat julle al die manne vervolg het wat weer by julle die ou goddelike waarhede wou ingevoer het.

[7] As ons Romeine nie so magtig was as wat ons is nie, sou julle hoogmoed en julle heerssug ons al lankal uit julle land verdryf het! Maar ons is tans `n groot en dapper volk en hou ook julle Moses en julle profete in ere; maar vir julle het ons geen vrees nie en ons verag in julle wat al lang tyd verag dien te word. En ek wil julle wel sê dat ons julle bedrieglike spel nie lank meer sal aansien nie, en as ons opnuut sal kom, met die wapens in die hand, sal julle nie so skaflik daarvan afkom soos destyds nie, toe ons vir die eerste julle land binnegedring en julle aan ons onderwerp het nie.

[8] Want as ons weer kom, sal ons julle stede en sinagoges nie so ontsien soos ons vroeër gedoen het nie; daarom gee ek jou die advies om nie wyse en waarheidsvolle manne te vervolg nie, maar hulle liefdevol op te neem, na hulle te luister en jou daarvolgens te rig, dan sal ons dit maklik eens word.

[9] Ek sou die Galileër baie graag wou ontmoet en my halwe vermoë daarvoor oor hê as hy my die eer sou aandoen om hierdie herberg van my te besoek! En ek is dan ook van mening dat julle Jerusalemmers dieselfde sou moet doen; dit sou vir julle sekerlik beter wees as julle dieselfde sou dink en wens as ek, en die wyse Galileër allervriendelik sou opneem, na Hom luister, maar daarna ook doen wat Hy julle aan goeie en ware dinge gesê het. En ek sê vir jou, my beste vriend: Al die goeie en ware beloon uiteindelik hulleself; die teendeel straf hulle egter ook vanself!

[10] Kyk, dit is my opvattings, wat ek deur my vele reise in ons Romeinse keiserryk vergaar het! Bly jy ook by hierdie opvatting en die strewe van my, dan sal jy beter vaar as wanneer jy aan jou starre vervolgingsug vashou teenoor iedereen wat dit met jou opvatting onmoontlik eens kan wees, omdat dit op sigself volkome verkeerd is, en die wyse manne vervolg, waar hulle ook vandaan kom, soos wat byna al jou metgeselle en kollegas hulle vervolg! - Is jy dit met my eens of nie?”

[11] Daarop sê die fariseër heel verleë: “My beste herbergier, vanuit jou standpunt gesien kan jy wel gelyk hê; mens moet veral die waarheid en die goeie soek - maar waar is dit te vinde? Ten slotte is en bly die mens tog altyd beperk tot een of ander geloof, en nog niemand het julle sluier van Isis kon oplig nie! Ons is derhalwe van mening dat dit beter is om `n volk by `n geloofsisteem te laat - of die grondbeginsels daarvan nou veel of weinig waarheid bevat - as om hulle al te veel met nuwe waarhede te laat kennis maak, wat hulle uiteindelik tog nie heeltemal kan vat nie, terwyl hulle dan wel die ou geloof verlaat en dan die ou leiers van daardie geloof begin te haat en te vervolg.”

[12] Die herbergier sê: “Daarin vergis jy jou lelik! As geen mens meer die waarheid soek nie, gaan alles wat daar op hierdie aarde bestaan, oor tot `n soort verrotting en ontbinding...”

Met hierdie betekenisvolle woorde breek die diktaat van die Heer, vir sover dit aan Lorber gegee word, op 19 Julie 1864 af. Jakob Lorber, wat al geruime tyd sieklik was (sien die voetnoot by hoofstuk 150), word op 23 Augustus 1864 deur die Heer uit sy aardse werksaamhede weggeroep.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205