Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 140

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die gelykenis van die landheer

140 (Die Heer:) “Die fariseërs, die woekeraars, wat weet om hulle baie goud en silwer steeds teen hoë rente veilig aan ander groot makelaars en woekeraars te leen en hulle hoë rentewins dan met hoere en mede-egbreeksters verspil en verbras, maar as daar armes en noodlydende mense na hulle toe kom en aan hulle sê hulle: “Wend jou tot God, Hy sal julle goed help; want ons is self arm en moet bedel!” - hulle sal hulle later moeilik teenoor My moet verantwoord!

[2] Sulke valse dienare van God, wat met die volk wel oor liefde vir God en die naaste predik, maar wat dit self nog nooit beoefen het nie, is vir My die ergste sondaars en misdadigers en sal aan anderkant hulle loon daarvoor by die vors van die hel kry, wat hulle gedien het. Want dergelike hoereerders, egbrekers, woekeraars, brassers en daarmee die grootste godloënaars, sal My ryk nie binnegaan nie; rig julle dus nie volgens hulle voorbeeld nie!

[3] Wie van julle kan aan sy naaste sê: “Wend jou in jou nood tot God, wat jy bo alles moet liefhê, dan sal Hy jou help!” - as hy self nie in God glo en Hom nie heeltemal bo alles liefhet nie!

[4] Wie sy noodlydende naaste, wat hy sien, nie liefhet nie, hoe sal hy dan God, wat hy nie sien nie, bo alles kan liefhê? Liefde vir God, van die kant van die mens, word bepaal deur die liefde vir sy naaste. Wie sê dat dit vir sy saligheid voldoende is om net God bo alles lief te hê, maar daarby sy hart en deur sluit vir sy arme naaste, verkeer in groot dwaling! Want liefde vir God is sonder liefde vir die naaste ewig nie denkbaar nie en ook nie moontlik nie. Wees daarom vir julle naaste lief, omdat hulle, netsoos julle, God se kinders is, dan sal julle deur dit te doen ook God bo alles liefhê!

[5] Kyk, daar was eens `n baie ryk landheer wat `n hele boel besittings gehad het, en iedereen wat by hom in diens was, het `n goeie lewe gehad. Hierdie landheer het ook baie kinders gehad, wat hy liefhet, en wat hy na wêreldse skole gestuur het, sodat hulle ervare mense sou word.

[6] Hy gee hulle egter slegs die mees noodsaaklike saam na die wêreldse skole, sodat hulle hul nie te buite sou gaan, traag sou word en dan ongeskik sou word om sy besittings te beheer nie.

[7] Hierdie kinders het dit op die wêreldse skole nie so goed gehad nie, en gereeld moes hulle `n egte skamel bestaan lei en dikwels vreemde mense om `n aalmoes vra.

[8] Enkele van die mense wat hulle benader het sê: “Og, julle het immers `n baie ryk vader! Vra hom maar, hy sal julle wel help!”, en het die kinders niks gegee nie.

[9] Enkele ander, slegs weiniges, dink egter in hulle milder harte by hulleself: “Ons weet goed dat die vader van hierdie kinders baie ryk is en sou sy kinders wat hier studeer goed kon help, as hy nie baie wyse redes sou gehad het om dit nie te doen nie - maar die kinders ly by ons nou eenmaal sigbaar nood, en ons sal hulle help so goed ons kan.” En so gesê, so gedaan!

[10] Na enige tyd kom die baie ryk landheer self na die vreemde wêreldse stad, waar sy kinders hulle die verskillende kennis en ervarings eie moes maak, en hulle stel hom daarvan op die hoogte wie aan sy kinders liefde bewys het.

[11] En sien, die kinders bring hulle vader oral heen, waar mense hulle liefde bewys het, en die vader beloon die weldoeners van sy kinders honderdvoudig en neem die grootste weldoeners by hom op in sy besittings en behandel hulle soos sy eie kinders.

[12] Kyk, hier voor julle staan in My die landheer! Die armes in hierdie wêreld is oral werklik My kinders; die rykes is egter vir die merendeel kinders van hierdie wêreld.

[13] Sodat My kinders hulle nie te buite sal gaan nie, laat Ek hulle in hierdie harde, maar vir hulle buitengewoon heilsame lewenskool ook nood ly en in hulle nood by die rykes van die wêreld kom; - wat hulle vir My kinders doen, sal Ek ook vir hulle doen en Ek sal hulle reeds hier veelvoudig en in My ryk eindeloos veel beloon.

[14] Wie derhalwe die liefde van die kinders het deur sy liefde vir die kinders, die het ook die liefde van die Vader en daarmee die ewige loon verwerf. - Begryp julle nou wat “God liefhê bo alles” wil sê?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205