|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 55
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Die Heer in Abila - die reis na Abila
55 Toe ons by ons herbergier aankom, staan daar voor die saal van die huis `n groot aantal mense wat My nogmaals wil sien en spreek, aangesien hulle self getuie was van My dade en ook al die een en ander oor My leer gehoor het.
[2] Ek verwys hulle egter na kommandant Pellagius en sê vir hulle dat hulle My volledige leer van hom sou kry.
[3] Die kommandant beloof hulle dat hy hulle in alles sou onderrig.
[4] Daarmee was die mense tevrede en gaan hulle geleidelik uiteen; ons gaan die huis binne, waar die middagmaal al op tafel gestaan het. Ons neem die maal tot ons en was daarby baie goed gestem.
[5] Toe ons na `n kort tydjie klaar was met die maaltyd en Ek aan alle aanwesiges aankondig dat Ek oor `n uur met My leerlinge na Abila sou vertrek, vra die kommandant My of hy saam met sy onderoffisiere en Veronica My mag begelei na die stad en ook na die ander plekke en stede wat onder sy bevel gestaan het.
[6] Ek staan hulle dit toe, waaroor hy baie bly was, en hy tref dadelik voorbereidings vir die vertrek.
[7] Na `n uur verlaat ons die huis van die herbergier, wat My, saam met sy geneesde seun, ook nog `n aansienlike end buite die stad vergesel het, net soos die Griekse herbergier en die bekende smid en dierearts.
[8] Toe Ek buite die stad van hulle vier afskeid neem, verleen Ek ook die smid die mag om bose geeste by die mense uit te drywe, waarvoor hy My nie genoeg kon loof en prys nie.
[9] Daarna trek ons met `n taamlike spoed oor `n goeie heerweg na Abila, en bereik hierdie nie te klein stad `n uur voor sonsondergang.
[10] Ook hierdie stad was merendeels deur heidene bewoon. Slegs tien Judese gesinne in hierdie stad het `n onaansienlike onderdak gehad, en hulle moes die heidene dien en van hulle lewe. Al tien gesinne het slegs één oeroue en vervalle huis gehad om te bewoon; hulle het in hierdie stad daarom ook geen eie herberg en geen sinagoge gehad nie.
[11] Toe ons die stad nader, sê Ek vir die kommandant: “Gaan met jou geselskap nou voor ons uit die stad in, en laat die tien Judese gesinne weet dat Ek na hulle toe sal kom en by hulle sal oornag! Al die res sal later wel vanself duidelik word.”
[12] Toe die kommandant dit van My gehoor het, loop hy met syne onmiddellik vooruit, gaan dadelik na die Judeërs en vertel hulle wat hulle te wagte staan.
[13] Die straatarme Judeërs sê egter vir die kommandant: “O, hoë gebieder in die naam van die keiser! Dit sou alles wel goed wees; maar waar moet die meer as veertig mense in die vervalle huis `n toereikende onderdak vind? Ou, vervalle kamers is daar nog wel voldoende; maar wie wil daar woon? Paddas, adders, salamanders en skerpioene is daar meer as genoeg, maar mens kan tog geen mense daarin herberg gee nie. Wat ons eie kamers betref, die het self nouliks voldoende ruimte om in te woon, veral snags, en dit sou moeilik wees om, behalwe ons, nog `n paar mense behoorlike onderdak te gee. Van enige versorging kan al heeltemal geen sprake wees nie, aangesien ons self meer as straatarm is.
[14] Probeer dus die groot Heer en Leraar, oor wie se wonderbaarlike dade ons reeds heelwat gehoor het, daarvan te laat afsien om by ons onderdak vir die nag te soek en te wil neem; daar is in hierdie stad immers verskeie goed ingerigte herberge.”
[15] Toe sê die kommandant: “Ek sal Hom julle nood, wat ek goed ken, uitlê; maar ek weet ook al reeds dat ek Hom nie van Sy voorneme sal afbring nie - want wat Hy eenmaal besluit en sê, dit gebeur! Hy sal julle benarde toestand en julle ellende ook lankal ken en kom vas en seker na julle toe om julle te help en die ware troos te bring, maar nie om julle te kwel en met groot sorg te belas nie. Kom Sy wil dus maar vriendelik tegemoet, dan sal julle barmhartigheid en `n groot liefde en erbarming by Hom vind!”
[16] Die oudste van die huis sê: “Ja, ja, laat hulle maar kom as hulle dit goeddink! As Hy hier is, sal dit vir hulle vanself wel duidelik word hoe dit daar met ons staan. Ons is almal werklik bly dat hy na ons toe wil kom; maar ons is verdrietig, omdat ons hulle vir so `n barmhartigheid geen teenoffer kan bring nie!”
[17] Terwyl die kommandant nog met die oudste spreek, arriveer Ek met die leerlinge al voor die Judese huis, wat as `n verbrokkelde ou kasteel op `n hoogte buite die stadsmuur was.
[18] Die kommandant merk My onmiddellik op, hardloop My tegemoet en wil My begin te vertel hoe dit daar met die Judese huis en haar bewoners gaan.
[19] Maar Ek sê vir hom: “Vriend, spaar jou die woorde, aangesien Ek lankal weet! Maar Ek het inderdaad - soos wat jy reeds voor hierdie mense opgemerk het – as’t ware na hulle toe gekom, omdat Ek baie goed weet hoe dit met hulle huis en met hulle self gestel is. Laat ons dus dadelik na die oudste gaan!”
|
|
|
|
|