|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 205
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Die verbaasde dienare vang en tem die olifante
205 Na daardie gesprek gaan die son onder, en ons staan op en begeef ons weer na die stad na ons herbergier.
[2] Ons kom baie gou weer in ons gastekamer; ook RafaEl kom met ons saam, en toe ons aan tafel gaan sit, vra die herbergier My of hy ook voor die besondere gas, RafaEl, moes laat dek.
[3] Ek sê: “Natuurlik; want nou is ook hy vir hierdie tyd omhul met `n liggaam, wat uit die lug van hierdie aarde geneem is, en hy het ook netso goed aardse versterking nodig as Ek, die Heer Self. Die voedsel wat hy tot hom neem word weliswaar op `n heel ander manier in hom omgesit as by `n natuurlike mens; maar dit doen niks aan die saak nie. Hy sal dus netso goed saam met ons spys en drank tot hom neem as onsself, alleen aansienlik veel meer as ons, waarmee jy deeglik rekening moet hou. Maar laat nou eers brood en wyn op tafel sit, en eers later die visse en `n goed voorbereide, gebraaide lam!”
[4] Die herbergier sê: “O Majesteit en Heer, met `n lam sal dit nie so goed geluk nie, omdat ek geen meer het nie! Maar ek het wel ongeveer dertig skape; as die herder hulle al huistoe gedryf het, kan ek die jongste daarvan dadelik laat slag.”
[5] Daarop sê Ek: “Maak vir jou geen onnodige sorg daaroor nie! In die kombuis sal jy `n reeds geslagte en vir die braai `n heeltemal voorbereide lam aantref, en sodoende hoef daar dus geeneen van jou dertig skape geslag te word nie; want op die ram na is hulle almal dragtig en sal oor twee weke jou skaapkudde twee keer so groot maak.”
[6] Hierna sorg die herbergier dadelik vir die brood en die wyn en gaan toe na die kombuis om na die lam te kyk, wat voorberei was om te braai. Hy verwonder hom nie meer so baie daaroor nie, omdat hy al die ander wonders gesien het en hy die wonder ook heel verstaanbaar vind; maar sy kombuispersoneel was des te meer verbaas, netsoos sy vrou. Want terwyl ons op die berg was, was hulle in die klein, aan die herberg grensende kombuistuin om welriekende kruie te versamel vir die vis wat in die aand voorberei sou word, en hulle was eg verbaas toe die andersins skraal uitsiende kombuistuin, plotseling voor haar oë opnuut groen word en `n oorvloed bied van alles wat daar vir die huis nodig was.
[7] Die vrou kom woorde tekort om die herbergier te vertel hoe dit met haar by die gebeurtenis gegaan het; maar na verloop van tyd het hulle gedink dat niemand anders dit bewerkstellig het, as die aanwesige wonderbaarlike gas, wat sy ook nou, netsoos al haar huispersoneel, as `n ware God beskou en vereer, en wel te meer omdat ook die drie Apollopriesters hulleself aan hierdie God onderwerp het. Daarna begin hulle dadelik die visse voor te berei en die lam te braai.
[8] Terwyl ons onsself in ons eetkamer versterk, kom die twee troue dienare van die opperstadsregter, wat hy op die berg al genoem het, byna uitasem na ons toe, en begin te vertel wat hulle almal gesien en meegemaak het. Die meeste verbaas hulle hul oor die vywer, wat plotseling ontstaan het op die plek waar daar vroeër maar `n klein bron was, wat slegs af en toe water gegee het.
[9] Een van die dienare sê aan die opperstadsregter: “En - o strenge meester, meester - nog `n groot wonderwerk: In die omgewing van die vywer wei twee heeltemal volgroeide olifante! Die twee diere sal waarskynlik deur gebrek aan voer ontsnap het uit `n Persiese of selfs Indiese karavaan om hulle hier te versadig, waar deur `n godswonder allerlei soorte plante, gras en bome baie weelderig begin groei het. Die diere wei presies op die stuk grasland wat aan u behoort, en u sou dus die reg hê om hierdie twee seldsame en kosbare diere vir uself in besit te neem. Soos u weet verstaan ons twee die kuns baie goed om sulke diere die baas te word. As u wil, sal ons daarheen gaan en hulle met groot gemak vinnig in u groot stal afbring; en as hulle eenmaal daar afgebring is, sal ons daarvoor sorg dat hulle ons nooit meer ontsnap nie.”
[10] Daarop sê die opperstadsregter: “Doen dit, ek sal weet om julle goed daarvoor te beloon!”
[11] Daarop voorsien die twee dienare hulle dadelik in die herberg van verskeie koringbrode en gaan dadelik vol blydskap na buite, waar beide diere wei. Toe hulle in die omgewing van die diere kom, spreek hulle die op hul manier toe. Die diere word opmerksaam, die geur van die brode trek hulle nader na die dienare toe; die gee hulle dadelik stukke brood en loop toe na die stad, terwyl hulle onderweg, wat nie so ver was nie, die diere van tyd tot tyd stukke brood gee. En weldra sien ons vanuit ons gastekamer deur die oop vensters hoe die twee reusagtige olifante die twee dienare van die opperstadsregter soos mak lammers te voet volg, en so na die groot stal gebring word, terwyl die vele mededienare, knegte en burgers van die stad verbaas toekyk. In die stal voorsien hulle die diere dadelik van `n goeie hoeveelheid voer en water.
[12] Hierdie twee diere bly dadelik in die stal en laat hulle deur die twee dienare versorg; die ander dienare kan hulle egter nog nie in die omgewing van die twee diere waag nie, wat later egter ook moontlik geword het.
[13] Vyf jaar daarna kry ons opperstadsregter, deur bemiddeling van die kommandant Pellagius en opperstadhouder Cyrenius `n veel hoër posisie in die groot stad Damaskus, waar hy die Christene in beskerming neem en hulle soveel moontlik aansienlike voordele skenk; by die geleentheid gee hy hierdie twee diere saam met die twee dienare aan die keiser as geskenk, waaroor die keiser baie bly was en uit dankbaarheid aan hom, asook aan sy nakomelinge, die oppergesag oor die stad, waar hy soveel goed gedoen het, volledig in eie beheer beleen.
[14] Dit het Ek nou so terloops daarby vertel.
|
|
|
|
|