Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die kommandant vra om `n uitleg oor die wese van die aarde

13 Toe die kommandant dit van My gehoor het, word hy baie nadenkend gestem, net soos sy twee ondergeskiktes, en dit duur nou `n rukkie vir iemand aan tafel om ook maar `n woord met sy buurman te begin wissel. Self swyg Ek ook; maar alle oë en ore was op My gerig.

[2] Ten slotte deurbreek `n harde windvlaag die stilswye, en die kommandant vra onmiddellik aan Ebal wat dit was; want hy het die idee dat dit donder was. Sy metgeselle meen ook om donder te gehoor het.

[3] Ebal sê: “Hier aan die meer en veral in hierdie baai is dergelike verskynsels in hierdie tyd egter nie seldsaam nie; maar hierdie windvlaag, wat so plotseling ontstaan het en wat soos donder lyk, sou as gevolg van die allerhoogste aanwesigheid van die Heer oor alle dinge in hemel en op aarde wel eens iets hoër kan beteken! Maar wat dit is, sal Hy wel die allerbeste weet; ek kan jou verder geen uitsluitsel daaroor gee nie.”

[4] Toe Ebal dit vir die kommandant sê, wend hy hom dadelik weer tot My en sê, nou vol egte Romeinse soldatemoed: “Hoogste Heer en Majesteit, ek het uit U woorde tot die slotsom gekom dat in U werklik die hoogste gees van die enige alleen ware Godheid woon! Sonder U wil kan daar nóg in die hemel nóg op hierdie aarde iets gebeur, ontstaan, werksaam wees, bestaan en vergaan; en as daar iets gebeur, ontstaan, werksaam is en bestaan, sal U in U ewige Gees van ewigheid seker die rede en die oorsaak daarvan ken, waarvolgens U U wyse bedoelinge gerealiseer wil hê. Vir U sal ook hierdie windvlaag sekerlik nie vreemd en onbekend wees nie! Hoe het dit ontstaan, en met watter doel?”

[5] Ek sê: “Ja, My vriend, daar sal nog wel geruime tyd verloop, voordat jy sal insien waar die wind vandaan kom, hoe hy ontstaan en met watter doel; want solank jou voorstellinge van die vorm en die wese van die aarde totaal verkeerd is, sal jy nooit kan begryp hoe die wind ontstaan, waar hy vandaan kom, waar hy heengaan en waarom hy ontstaan het nie.

[6] Jy moet eers die grond en die bodem wat jou dra, goed ken; daarna kan jy eers vra na die oorsaak van die verskynsels op hierdie aarde.”

[7] Die kommandant sê: “Heer en Majesteit! Wie, behalwe U, sou my nou die ware gedaante van die aarde uit die doeke moet en kan doen? U weet tog wel welke denkbeelde ons oor hierdie aarde van ons het; maar ek het ook met baie van julle skrifgeleerdes oor die wese van hierdie aarde van ons gespreek en het geen beter inligting gekry nie, maar inteendeel nog baie onduideliker en verwarder berigte.

[8] Ook met die Essene, wat alles weet en ken, het ek oor die wese van die aarde, die maan, die son en die sterre gespreek, maar die verklaring wat ek gekry het, was geen haar beter as wat ek gehad het nie.

[9] U kan my vas en seker die beste verklaring gee oor hierdie aarde, die maan, die son en ook die sterre! Ek en my twee metgeselle vra U daarom! Want ek het lankal ingesien dat ons opvatting en ons ou, ingeprente denkbeelde oor die aarde, asook die sterre aan die hemel, nie waar kan wees nie; want die verskynsels wat daarmee saamhang, laat hulle absoluut nie of maar baie sleg verklaar deur allerlei bygelowige toevoegsels, waar iemand in alle dinge die waarheid soek en nadink, sleg mee gedien is. O Heer en Majesteit, ons vra U nogmaals daarvoor!”

[10] Daarop sê Ek: “Kyk, die son is al aan die ondergaan, en daar sal te weinig tyd wees om julle verlange geheel en al te kan bevredig!”

[11] Die kommandant sê weer: “O Heer en Majesteit, as U niks daarteen het nie - ons sal met die grootste aandag en gerus die hele nag deur na U luister!”

12] Ek sê: “Nou goed dan! Kyk eers na hierdie skynbare jongman hier! Hy is al baie lank een van My egte dienare; laat hy julle wens vervul! In wat hy doen en sê sal julle My mag in Hom herken.”

13] Hierop gee Ek vir RafaEl `n wenk, en hy staan vinnig op, loop na die drie toe en sê: “Vir al die ander wat hier aan tafel sit, hoef dit alles nie meer uitgelê te word nie, omdat hulle al volledig in alles ingewy is; maar vir julle wil ek dit ooreenkomstig die wil van die Heer doen. Maar laat ons na buite gaan, sodat ons des te vinniger daarmee klaar kan wees!”

[14] Hierop staan ons kommandant en sy twee ondergeskiktes van die tafel af op en gaan brandend van nuuskierigheid saam met RafaEl na buite.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205