Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 53

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die Heer vermaan die aanvoerder van die uitgedryfde geeste

53 Toe ek die taamlike lang, alles verklarende betoog met betrekking tot besetenheid beëindig het, waarvoor almal My uit die diepte van hulle hart bedank, verhef hom uit die reeds bekende kloof plotseling `n swart newel - soos wat dit dikwels uit die skoorsteen van `n pottebakker opstyg - wat na ons toe kruip en weldra baie naby aan ons kom.

[2] Toe dit ons tot op tien treë genader het, sê Ek baie luid: “Tot daar en nie verder nie! Onthul jouself en toon jou in jou vorm!”

[3] Toe ontstaan daar uit die swart newel `n uiters ruwe gestalte van `n man, sigbaar vir almal wat aanwesig was. Die gestalte was egter `n bietjie bruinswart, soos die van `n Moor en dra op sy arm `n goue kalf, asof hy daarmee wil laat sien dat dit nog steeds sy God en sy liefde was.

[4] Ek laat egter met `n luide gekraak `n geweldige bliksem in die gedaante van `n gevleuelde slang uit die hemel afdaal; dit tref die goue kalf en vernietig dit binne één enkele oomblik.

[5] Toe begin die gestalte te beweeg en te kronkel, en bring ten slotte die woorde uit: “Heer, waarom laat U ons nie ongestoord geniet van dit wat ons liefde wil hê nie? Ons het U tog nooit gevra om ons te skep en ons na U behae duisende jare en hele ewighede lank te kwel nie! Maar noudat U ons, sonder dat ons dit gewil het, eenmaal geskape het en ons ook `n liefde en `n vrye wil ingeasem het - waarom straf U ons, as ons volgens ons liefde en ons wil handel?”

[6] Ek sê weer met `n baie luide stem: “Wie in die hele ewige oneindigheid kan My, die enige Heer vol van alle mag en krag, voorskrywe wat Ek moet doen? Alleen My ewige Liefde skryf My voor wat daar moet gebeur, en My ewige en eindelose Wysheid is die handlanger van die almag van My wil en bring orde daaraan!

[7] Ek het julle deur My regverdige kneg Moses uit die harde slawerny van Egipte verlos, toe hulle julle eersgeborenes moes dood; Ek het julle in die woestyn gevoed, en niemand het honger of dors gely nie - behalwe enkeles van julle wat hulle in die land van gruwels teveel oorgegee het aan - vir die mensesiele die uiters verderflike swelgery. Hulle het Ek aangeraai om nugter te wees, tot heil van hulle liggaam en veral tot heil van hulle siel.

[8] Waarom verlang julle daarna om julle van My te verwyder, terwyl Ek julle by die berg van kennis tot My kinders wou omvorm? Omdat julle nie onder My lig durf te swelg nie! Toe het julle jul verwyder, om te swelg en in plaas van My as Vader, `n dooie, deur julle hande vervaardigde goue kalf te aanbid!

[9] Wie het julle liefde eintlik die behoefte ingeblaas? Ek werklik nie, maar julle self, deur julle vrye wil, waarsonder julle diere sou gewees het wat nooit tot My kinders sou kon ontwikkel nie!

[10] Maar aangesien julle deur jul vrye wil van My afvallig geword het - waarom verhef julle julleself nie weer opnuut teen My deur julle nog altyd vrye wil nie?

[11] Julle dink dat Ek julle kwel? O, absoluut nie! Elke duiwel kwel homself deur sy verkeerdheid en verstoktheid, as hy hom daarmee teen My wyse orde verset en meen dat hy dit ooreenkomstig sy boosaardige liefde kan omvorm.

[12] Ek bly ewig een en dieselfde onveranderlike Heer oor die hele sintuiglike en geestelike wêreld. Met die suiwer liefde vir My en van daaruit vir sy naaste, kan elke mens en elke gees met My alles bewerkstellig en alles van My kry, maar met `n soort geweld of trots - ewiglik niks nie; want Ek is die Geweldigste van alle geweldiges en die Magtigste van alle magtiges.

[13] Maar Ek is ook die Sagmoedigste van alle sagmoediges, die Beste van alle goeies en die Barmhartigste van alle barmhartiges. Wie in ware, berouvolle liefde na My toe kom en My om erbarming vra, van die sal Ek dit nie weerhou nie. Maar wie My, as hy My leer ken, afwys, sal in eeue geen verlossing verkry nie, maar slegs hulleself in steeds groter ellende stort.

[14] Laat elke bose gees en elke duiwel dit bedink! Ek is die Heer, buite My is daar nie nog `n ander nie! En maak nou dat jy wegkom!”

[15] Toe Ek dit gesê het, verdwyn die gees dadelik, en spoedig daarna sien mense vanuit die kloof sewentien donker newelwolke opstyg, wat deur die wind na die noorde gedryf word.

[16] Ek sê vir die kommandant: “Kyk, nou is ook julle wens vervul; want die sewentien donker newelbundels was die sewentien bose geeste. Die een wat hier was het vir die ander sestien gesê wat hy hier gehoor het, en toe het hulle die besluit geneem om hierdie streke vir altyd te verlaat en in die woeste noorde met mekaar oorleg te pleeg wat hulle sal doen. Want in hierdie streke sou hulle deur `n bepaalde ooreenkomstige invloed te veel deur die dinge van hierdie wêreld geprikkel word en nie in hulle self kan keer, en hulle self beskou en hulle sondige lelikheid sien nie. Daar sal dus ook by hierdie sewentien geeste nog verbetering intree; maar voor dit sover sal kom, sal op hierdie aarde die somer nog baie dikwels die winter moet verdring!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205