|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 124
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Die Heer vra na die Messias
124 Ek reik die herbergier My hand en sê: “Vriend, so `n geloof en sulke suiwer gedagtes het Ek nie in heel Israel aangetref nie; daarom sal dit ook gebeur dat die lig van die Judeërs weggeneem en aan die heidene gegee word.
[2] Jy en ook jou bure is reeds geheel en al op die goeie weg, en Ek het na julle toe gekom, om by en in julle die seëninge van God te vergroot, en julle ook te laat sien dat julle geloof en trou in God se oë volkome goed, waar en regverdig was. Maar ons sal dit nou laat rus, want ons sal vandag en môre nog wel verder daaroor praat!
[3] Maar het jy, My beste vriend, nog nie veel gehoor oor die feit dat die Judeërs hulle beloofde Messias verwag, en wanneer die sal kom nie?”
[4] Die herbergier sê: “Die oue in Betsaida het my veel daaroor voorgelees uit die profete en waar nodig ook toegelig; maar ek dink dat die Messias, wat niks minder as JaHWeH God Self sal wees nie, waarskynlik nie na die Judeërs toe sal kom nie, soos dit nou veral in Jerusalem en ook in baie ander plekke te vinde is en wie se harte nie meer aan God nie, maar net aan die skatte en goedere van hierdie wêreld hang. En al sou Hy kom, dan sou hulle Hom tog nie herken nie; want Hy sal gewis nie met wêreldse prag en praal kom nie, maar in alle deemoed, liefde en geduld, die leefwyse wat Hy van alle mense op hierdie wêreld verlang - en dan sal die baie hoogmoedige Judeërs, en veral die vername priesters, wat oorloop van goud en edelstene, Hom gewis nie soos die ware Messias aanneem nie.
[5] Maar ons het ons ware Messias al in ons harte, en wie Hom nie daar het nie, sal waarskynlik tevergeefs op Hom wag in hulle met goud omsoomde gewade.”
[6] Ek sê: “Daarin het jy alweer heeltemal korrek en waar geoordeel, en dit is nou inderdaad so; maar kyk, daar kom jou drie seuns nou aan, swaar belaai met visse! Stuur hulle `n paar bure tegemoet om hulle las bietjie te verlig!”
[7] Dit hoor `n paar aanwesige bure, wat die aankomendes onmiddellik tegemoet hardloop; tot groot vreugde van die hele dorp was hulle binne enkele oomblikke daar, en niemand kon daaroor uitgepraat raak dat hulle soveel vis gevang het en hulle loof en prys God daarvoor.
[8] En die herbergier sê: “Sien hoe God ons nou sigbaar geseën het; daarom aan Hom alleen alle eer!”
[9] Onmiddellik na die aangrypende tafereel word daar vir die visse gesorg.
[10] Van die hele dorp besit alleen die herbergier `n fontein en `n klein vywer, wat vroeër moeisaam in die klipperige grond uitgekap was; hierdie ontvang sy water van die bron en dien om die klein kudde van die dorp te laat drink.
[11] As die vissers af en toe nog lewendige visse uit die Meer van Galilea huistoe bring, word hulle in die vywer gelos; maar soos dit - veral in die somers - nie gebeur nie, word die visse onmiddellik oopgesny, gereinig, goed gesout en daarna dadelik bo die eie vuurherd gehang om te droog, waarvoor mens `n klein vuurtjie maak en dit die hele nag laat brand. Want die beste by die dorp was, dat daar naby `n taamlik goed versorgde klein bos van sipresse en mirte gestaan het, wat die dorp die nodige brandhout gelewer het, en so kon die inwoners hulle visse en ook ander vleis op hulle goeie, eie manier droog en vir langer tye bewaar totdat hulle dit gebruik het.
[12] Maar hierdie keer was daardie werk nie nodig nie, omdat daar nie één vis dood was nie, terwyl die reis tog die hele dag geduur het, en die visse nie in dravaatjies nie, maar in sakke na die huis gebring moes word.
[13] Daaroor begin almal hulle baie te verwonder, en hulle bring die visse na die klein vywer, waar hulle weldra heel lewendig begin om rond te swem. `n Klein gedeelte hou die herbergier in die huis om vir ons `n aandete te berei.
[14] Omdat dit in die aand al taamlik koel geword het, gaan ons die huis van die herbergier binne, wat `n kamer gehad het wat vir ons almal voldoende ruimte bied.
|
|
|
|
|