Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 73

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die wese van die ryk van God

73 Toe hy weer by ons is, bekyk hy My `n tydjie van kop tot tone en sê toe: “My vrou sal wel gelyk hê; want U, o Heer en Majesteit, is of wel die beloofde profeet Elia, wat die Messias sal voorafgaan, soos wat dit in die Skrif geskrywe staan, of dat U wel uiteindelik die groot Messias Self is! Want as Hy kom, sal Hy geen groter tekens kan doen nie! In Hom wat in staat is om te doen wat alleen vir God moontlik is, moet die hele volheid van God se Gees woon. U liggaam, o Heer en Majesteit, is weliswaar dieselfde as die van `n mens, maar U siel is vol goddelike krag en mag; daarom word die krag en mag in U siel bo alles hoog geloof en geprys!”

[2] Daarop sê Ek: “Heil jou en jou huis, dat julle dit in My herken het; maar salig sal alleen hulle word wat die wil van die Vader in die hemel doen en vervul, wat My in hierdie wêreld gestuur het.

[3] Ek en die Vader is één. Wie My sien en hoor, sien en hoor ook die Vader; sonder My kan niemand egter die Vader sien of hoor nie. Wie dus in My glo en volgens My leer leef en handel, sal van My die ewige lewe ontvang!”

[4] Vol hoogagting en ontsag vir My sê die herbergier: “Hoe lui U leer dan? Wat moet mense doen om van U die ewige lewe te ontvang?”

[5] Ek sê: “Wie nou in My glo en aan My geen aanstoot neem nie, en bowendien die gebooie hou wat Moses gegee het, het reeds die ewige lewe in hulle; want Ek gee julle geen ander wet as wat Moses ook alleen van My ontvang en aan die mense gegee het nie.

[6] Erken God, het Hom lief bo alles en jou naaste soos jouself, en daarmee vervul jy die hele wet en daarmee die wil van Die Een wat nou met jou spreek! Die resultaat daarvan sal hom in jou siel toon. - Begryp jy dit?”

[7] Die herbergier sê: “Ja, o Heer en Majesteit, en ek het by alle swakheid van My geloof die wet van Moses tog steeds getrou in ag geneem, en sal dit van nou af aan nog getrouer in ag neem; maar omdat daar ook geskrywe staan dat die Messias `n egte Godsryk op hierdie aarde sal vestig, wat voortaan geen einde sal hê nie, is die vraag: Hoe, waar en wanneer? Sal U troon in Jerusalem of êrens anders opgerig word, en wanneer sal dit gebeur?”

[8] Ek sê: “My ryk, wat Ek nou onder die mense op hierdie aarde vestig, is geen wêreldse ryk nie, maar `n Godsryk sonder enige wêreldse prag en praal; dit het niks uiterlik nie, maar is inwendig in die mens, en My stad, My sterk stad en die kasteel waar Ek woon, is `n suiwer hart, wat My bo alles liefhet. Kyk, so staan dit met die vestiging van My ryk op hierdie aarde!

[9] Almal wat wag op die vestiging van `n nuwe ryk van God op aarde met uiterlike pragvertoon, sal hulle in hulle blinde hoop erg vergis en hulleself mislei; want so `n ryk sal daar op aarde nooit in die lewende waarheid uit en in My gevestig word nie.

[10] Valse profete sal dit wel doen, terwyl hulle dit in My Naam sal doen; maar Ek sal nooit in so `n ryk woon en My troon oprig nie. Kyk, so staan dit volgens die volle waarheid met die vestiging van My ryk op hierdie aarde! - Het jy dit begryp?”

[11] Die herbergier sê: “Ja, o Heer en Majesteit, nou het ek dit ook begryp! Maar baie wat aan die wêreld hang, sal dit nie begryp nie en op `n uiterlike grootse wêreldse ryk wag; maar omdat so-iets, volgens wat U sê, nooit volgens waarheid op aarde sal plaasvind nie, sal baie ook in hulle ou blindheid vol oordeel en dood bly.

[12] Wees egter ook die blindes barmhartig en betoon medelye, o Heer, en verlaat ons nie, die wat die waarheid herken het, maar hou ons in die lewende waarheid van U ryk op hierdie aarde, sodat ons steeds ooreenkomstig U wil kan lewe en handel!”

[13] Ek sê: “Dit was `n goeie bede, en dit sal sekerlik verhoor en ingewillig word. - Maar nou kom die reeds voorbereide aandete, en ons sal dit tot ons neem!” “


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205