Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Oor die geestelike omstandighede in die eeue na Jesus tot in die tweede helfte van die 19e eeu. Die geestelike wending deur die instraal van die goddelike lig

25 NOTA BENE: `n Toeligting vir ons tyd!

[2] Van die mededelinge oor alles wat Ek tydens My liggaamlike lewe op hierdie aarde in die hele Judese ryk gedoen en geleer het, is reeds na verloop van vyfhonderd jaar na My aardse lewe - veral wat die verklaringe van die dinge en verskynsels in die natuurlike wêreld betref - het die meeste gedeeltelik in vergetelheid geraak, grootendeels egter opnuut sodanig met die ou onsin vermeng, sodat niemand meer die suiwer waarheid daarin kon ontdek nie.

[3] Daar is wel baie taamlike gelykluidende, meestal in Griekse en Romeinse vervaardigde handskrifte bewaar, deels in die tien stede in die lang en breë Jordaanvallei (waaronder seker ook die ongeveer sestig stede inbegrepe moet word, wat in My tyd, maar ook al daarvoor en na My nog tot na die tyd van die verwoesting van Jerusalem en die omgewing daarvan alles grotendeels deur Grieke en Romeine bewoon was), deels in Essea (waarvan egter al twaalfhonderd jaar gelede geen spoor meer te vinde was nie, omdat die orde te sterk vervolg was deur die heidense Romeinse keisers)” maar merendeels in die groot biblioteek in Alexandrië. Kyk egter net na al die vernietigende oorloë en groot volksverhuisings, waarby die helfte van Asië, die noorde van Afrika en byna die hele Europa betrokke was, en wel omdat baie gou na My - soos wat die profeet Daniël en, na My, My leerling Johannes op die eiland Patmos deur My aan hom in `n gegewe openbaring getoon is - dat die mense, en veral die leiers van die gemeentes, My leer begin verdraai het en met die ou onsin vermeng het, omdat dit vir hulle, as die suiwerste waarheid uit die hemele, te min wins opgelewer het.

[5] Toe was dit wat My betref: Goed dan,- omdat hulle die ou, wêreldse vuil liewer gehad het as My suiwer goud uit die hemele en hulle daarby steeds meer soos honde gelyk het wat terugkeer na hulle braaksel, en ook soos varke wat in alleryl weer na die poel terughardloop waar hulle hulleself al dikwels vreeslik bevuil het,- sal die goud van die hemele hulle vir `n lang tyd ontneem word; in alle rampspoed, duisternis en nood sal hulle na My smag, en die dood sal weer vir hulle `n groot skrik op aarde word!

[6] En so is dit dan ook, tot in hierdie tyd. Byna alle stede en plekke, waarin geskrifte oor My baie werke en leer ruimskoots voorhande was, is vernietig en verwoes; slegs die klein evangelies van Johannes en Matthéüs was, om tot sedeleer te dien vir die mense van goeie wil, het tot nou toe nog min of meer taalkundig korrek as egte dokumente oor My werke en leer bewaar gebly, net soos die geskrifte van Lukas en Markus, vir sover hulle dit, wat hulle van Paulus gehoor het, baie kortliks vir hulleself opgeskrywe het, en tewens verskillende briewe van die apostels, waarvan daar egter ook baie verlore gegaan het, en die Openbaring van Johannes, maar wel ook met enkele taalkundige onwaarhede, wat egter vir diegene wat deur My gelei word, geen afbreuk sal maak aan die hoofsaak nie.

[7] Van die ander leringe oor die dinge en verskynsels en die hoedanigheid daarvan, is tot in hierdie tyd hier en daar baie verborge en nog slegs weinig het bewaar gebly; en waar daar iets uit die tyd van die Romeine en Grieke gevind was, het dit in die kloosters beland, maar aan die mensdom wat in die duister gesmag het, was nooit, selfs geen jota, daarvan meegedeel nie.

[8] Sons- en maansverduisteringe, komete en ander baie natuurlike verskynsels wat, wanneer dit aan julle ooreenkomstig die waarheid uitgelê word, die priesters niks opgelewer het nie; het die priesters maar al te gou weer tot voorbodes en verkondigers gemaak van straf wat Ek die mense sou opgelê het, sodat die daardeur bang gemaakte mense in groot skares bedevaarte sou maak na die tempels, wat baie gou soos paddastoele uit die grond geskiet het, en sodat hulle baie ryk offers aan die voete van die priesters kon neerlê.

[9] In die katakombes van Rome en in die pouslike kastele van Spanje en Italië en hier en daar ook in die Duitse ryk is daar nog baie belangrike handskrifte uit My tyd; maar wat ook nou nog deur die grootste hebsug, heerssug en sug na prag en praal van die hoer van Babel (Babilon), niks daarvan onder die mense beland nie, en wel uit vrees en groot besorgdheid dat hulle hulleself nou geweldig sou verraai en aan iedereen streng rekenskap sou moes aflê oor die rede waarom hulle die waarheid vir soveel eeue van die mense weerhou het. Aangesien die smadelike rede vir elke denkende mens sonder meer duidelik is, is dit werklik nie nodig om dit hier nog van naderby toe te lig nie.

[10] Hoe kort gelede is dit maar nie, dat hierdie mense die volk die vier evangelies en die “handelinge van die apostels” van Lukas, die briewe van die apostels en die openbaring van Johannes ten strengste weerhou het en in verskillende lande doen mense dit nog steeds?

[11] Waarom het die mense hulle verset teen die lig van My helder bliksem van die wetenskap, wat oral, van die ooste na die weste, alles wat daar op aarde was, opnuut helder begin te verlig het, en wel reeds driehonderd jaar gelede! En die lig daarvan skyn nou steeds helderder, en wel sodanig dat in hierdie tyd selfs die mees geheime en verborge vertrekke van die vroeër so groot en magtige hoer van Babel soos by `n klaarligte dag oop lê!

[12] Mense kan met reg vra: Ja, hoe lank sal hierdie hoer van Babel nog haar gang kan gaan?

[13] Dan sê Ek: Wat `n kleingeestige vraag! Kyk na die lig van My bliksem, wat van dag tot dag steeds ligter en magtiger word! Hoe kan die ou duistere, heidense Babiloniese wonderonsin, waarvan die bedrog tot in alle hoeke en gate aan die lig gebring is, hom nog staande hou naas die duisende, nou geheel matematiese bewese waarhede, wat vir alle mense vry te gebruik is en oop staan, uit alle vakgebiede van die wetenskappe en tegniek?

[14] Julle kan julle handhaaf, solank daar nog enkele ou en vanuit vroeëre tye nog dom gehoue, bygelowige vroue en enkele huigelagtige sogenaamde dweperbroeders lewe, wat hulle deur die priesters sand in die oë laat strooi, en solank die heersers nog enige middele besit om die troon van die hoer van Babel te beskerm. Maar dit kan en sal nog maar `n baie kort tydjie duur, omdat goed daarvoor gesorg sal word dat dergelike heersers se middele afgeneem sal word, soos wat dit al baie afgeneem is, en wat nou sonder land en volk moet sien hoe hulle ou werksaamhede, inspanning en duistere werke in rook opgaan!

[15] Sê eers: Kan die nag haar heerskappy op aarde uitoefen, as die son reeds hoog bokant die horison staan? En so is dit nou ook al op die aarde! Die lig het te magtig geword, en die maghebbers, wat voorheen alle duisternis soseer aangehang het - ter wille van hulle trone en hulle onbeskryflike goeie lewetjie - begin in die onoorwinlike mag van die lig hulle groot magteloosheid in te sien. As hulle wil voortbestaan, moet hulle nou `n vriendelike houding gaan aanneem teenoor hulle eertydse so gehate lig; en as hulle ongemerk weer op die ou duisternis wil terugval, dan merk die volk dit, en weier hulle dan gehoorsaamheid, dan bring hulle hulle weldra in groot verleentheid en - soos wat nou al in baie voorbeelde te sien is - verdryf hulle hulle dan ook van hulle heerserstrone.

[16] My wil is nie te weerstaan nie! Ek laat die mense weliswaar voortdurend hulle vrye wil toe, waar dit die besonderhede betref; maar in die algemeen is Ek Heer en hou Ek geen rekening met die magtiges van hierdie aarde nie! Die tyd van die lig is nou daar en kan deur geen aardse menslike mag meer teengehou word nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205