Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 154

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die Heer motiveer Sy barmhartigheid

154 (Die Heer:) “Waarna jy, Simon Juda, My so pas gevra het, hoort vir die allergrootste deel tuis aan anderkant, en ondanks My veelvuldige uitleg kan jy dit nie heeltemal tot op die bodem begryp nie en beskuldig jy My sodoende heimlik van `n bepaalde onregverdigheid en tirannieke wreedheid. Dit is nie so mooi van jou nie, en des te minder omdat jy nou goed weet wie Ek is, en dat Ek alleen uit liefde vir julle mense en nie uit toorn en wraak `n liggaam van julle aardse vlees aangeneem het om Myself in al My diepte en grootsheid persoonlik aan julle te kan openbaar, sonder dat Ek My van die mond van die een of ander profeet hoef te bedien om My wil aan julle mense bekend te maak.

[2] Glo jy nie dat Ek die aantal mense nog veel beter op aarde ken, wat nog nooit iets oor My kon gehoor het nie, wat dit nou nie hoor en nog `n lang tyd niks sal hoor nie? Hoe sou Ek hulle kan oordeel en verdoem, as hulle buite hulle skuld nie in My kan glo nie, terwyl Ek tog selfs onder die vele Judeërs, wat My gehoor en My sien werk het, nog niemand geoordeel en verdoem het nie - behalwe enkele wat hulle liggaam aanbetref, wat ons met brutale haas en gretigheid wou gryp en doodmaak? Hoe sou Ek dan onwetendes en onskuldiges oordeel en verdoem?!

[3] Daar bestaan geen volk op die hele aarde wat, aangesien hulle van Adam afstam, nie uit die oertyd nog `n restant van die leer oor die een en ware God wat aan die stamvaders geopenbaar is, besit nie. Dat die priesters en wêreldse heersers later, louter uit eiebelang, hierdie een en ware God baie verhul en verberg en in Sy plek allerlei afgode gesit het, waarin die volk glo en waaraan hulle ook offer, is bekend.

[4] En sien: As die volk gewetensvol volgens die verskillende leringe leef en handel, dan is dit in My oë geen of weinig sonde nie! Hulle leef weliswaar in die duisternis van allerlei dwalinge, maar wanneer hulle siele aan die anderkant kom en My lig daar oor alles ontvang, sal dit net so met hulle gaan as iemand hier, wat in die nag êrens heen moet gaan en onderweg teen allerlei voorwerpe stuit, wat hy nou eers as mense, as diere en dan weer as iets anders beskou, maar nie vir wat dit eintlik was en nog is nie.

[5] Laat ons die nagtelike wandelaar egter op `n klaarligte dag oor dieselfde weg gaan, dan sal hy die dinge wat vir hom in die nag wonderlike verskynsels was, sekerlik sien as dit wat dit werklik is en onmoontlik as iets anders; ten slotte sal hy vir homself lag, omdat hy so dom kon gewees het om `n boomstomp as `n uiteindelike straatrower en `n klip wat in die pad lê, as `n hiëna te beskou!

[6] Daaraan sal jy nou maklik sien dat dergelike siele in die groot wêreld aan die anderkant in My lig van lewe veel eerder en makliker hulle weg sal vind as die siele, wat volgens waarheid van My gehoor het en maklik kon sien en begryp dat Ek die lig, die lewe en die waarheid is - maar wie se wêreldse instelling en kwade wil hulle dit nie toegestaan het nie.

[7] As ons hulle na die anderkant laat kom, sal hulle die lig van die lewe en van die waarheid, wat hulle hier al so verag het, nog meer ontvlug en verag as hier!

[8] Het Ek dan ongelyk wanneer Ek sê: “Ek sal ook hierdie geestelik dooies opwek, wanneer hulle uit die vlees van hierdie wêreld tree, en Ek sal hulle oordeel en hulle die loon vir hulle dade laat vind!”?

[9] Ek sal hulle sekerlik nie persoonlik oordeel nie; maar die ewige waarheid, wat ook in hulle is en waarteen hulle buitengewoon vyandig staan, sal hulle oordeel en voor My aangesig op die vlug laat dryf. Kan enige skuld aan daarvoor My toegeken word?

[10] Sê die wyser wette van Rome dan nie: “Volenti non fit iniuria*!” Of sou Ek My dalk uit `n soort liefde vir My teenstanders van My ewige lewens- en waarheidslig moet ontdoen en die kleed van leuens en bedrog moet aantrek? Hopelik sal niemand van julle dit tog wens nie? Maar selfs vir dergelike deur hulleself verwerpte siele het Ek julle twee troostende dinge gesê; één keer in die gelykenis van die verlore seun en later by `n soortgelyke omstrede kwessie as nou, toe Ek aan julle gesê het dat daar in die huis van My Vader baie wonings is - maar om My nou duideliker uit te druk - baie leerinstitute en opvoedingsinrigtings is, waar selfs die mees verwerpte menslike duiwels op hierdie wêreld bekeer en verbeter kan word. *(Latyn vir: Aan diegene wat dit self wil, geskied geen onreg nie.)

[11] Ek glo, Simon Juda, dat jy hieraan wel taamlik duidelik sal kan sien hoe jy dit moet begryp waaroor Ek al so gereeld met julle gespreek het.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205