Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 45

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die teenwerping van die onderaanvoerder

45 Tog sê `n onderaanvoerder, wat `n geleerde Romein was, na `n oomblik se diep nadenke: “Heer en Majesteit, ek sien die waarheid van die wyse raad wat U ons hier gegee het goed in, maar tog kan ek dit nie nalaat om `n klein teenwerping te maak nie!

[2] As mense by die verbreiding van U leer geen ophef mag maak van U tekens en dade, wat slegs `n God kan doen nie, dan is U in die oë van die dikwels maar net natuurlik denkende mense, weliswaar `n baie wyse leraar van die volk wat uit die beste verstandelike oorweginge put en van daaruit sy medemens ook die beste onderrig gee, maar daarmee nog geen God nie. Want by alle volke wat ons ken, veral die in reeds lank vervloë tye, was daar immers baie wyse lerare gewees, wat die mense in allerlei nuttige dinge onderrig het en hulle ook die voorstelling van `n God bygebring het, wat met verloop van tyd weliswaar erg vervorm geraak het.

[3] Die lerare is vir hulle amp stellig ook deur U Gees onderrig, maar daarmee was hulle nog nie direk Uself nie; en so was dit ook goed moontlik dat hulle leringe nie as `n lewende Godswoord beskou is nie, maar alleen gesien was as `n wyse menslike woord wat voortgekom het uit die ervaring en oplettende waarneming van die natuur en haar wisselende verskynsels van baie mense in baie eeue, wat tot nut van die mense op verskillende maniere in die praktiese lewe opgeneem word.

[4] Die mynwerker leer die metale ken en bewerk; die landbouer begin op die velde graan te verbou; die tuinier veredel die vrugtebome, die wynstokke en nog ander vrugte en geneeskragtige kruie; die herder begin sy kudde op `n geordende manier te versorg; mense begin beter woonhuise en ten slotte groot stede te bou, en begin ook sy liggaam steeds doelmatiger te klee.

[5] Al hierdie nuttige dinge vir die lewe en nog baie meer wat die mense aan verskillende, oerwyse lerare te danke het, en onsself is hulle sekerlik ook nog baie dank verskuldig, aangesien ons sonder hulle nog soos die uiters ruwe en meer as barbaarse Skitiër-hordes sou gelyk het, wat met hulle wilde kuddes in gate in die aarde en in ou, hol bome woon. Hulle het egter nie `n taal nie, maar huil soos die diere in die bos, en het geen enkele voorstelling van `n Godheid en ook geen enkele ander ontwikkeling nie.

[6] By hierdie volkere het daar verseker nog nooit `n wyse leraar opgestaan nie, en daarom bevind hulle hulleself ook nog in `n toestand wat weinig verskil van die van wilde diere. As daar onder hulle ook ooit een of meer wyse leraar sal opstaan, sal hulle ook langsamerhand `n hoër menslike ontwikkelingsvlak bereik. Maar al sal so `n leraar vir sy volk nog sulke wyse grondbeginsels vir die lewe opstel en sy volk daardeur verhef - sal hy daarmee net soos U, `n enige ware God wees, en sal hy in staat wees om enkel deur sy wil en deur sy lewende woord siekes te genees, leë wynsakke met die beste wyn te vul en die vywers in één oomblik met vis te vul?!

[7] Dit is dus `n hemelsbreë verskil of die mense deur `n gewekte menslike leraar of - soos wat hier nou oorduidelik en onmiskenbaar die geval is - dadelik deur God Self oor alles onderrig word!

[8] Daarom sou die mense, volgens my menslike verstandelike mening, nie net U baie wyse en waaragtige leer moet ontvang nie, maar ook te hore kry dat die leer nie soos wat in die oertyd uit die mond van `n wyse mens gekom het nie, maar direk uit die mond van God, wat ooreenkomstig Sy ewige raadsbesluit die menslike natuur en gestalte liggaamlik aangeneem het; maar tewens dat hierdie dade, wat slegs God kan doen en waarvoor duisende getuies kan borgstaan, dit meer as oorduidelik bewys dat hy geen mens nie, maar na volle en onbetwisbare waarheid die enige ware God Self was!

[9] Om die blinde mense, wat nog lank nie die minste begrip van die eintlike lewenswaarheid het nie, dit te laat begryp en duidelik te maak, kan en mag mense U wonders nie verswyg nie, maar mens moet dit getrou en volgens waarheid - naamlik hoe, waar en by welke geleentheid dit deur U gedoen is- saam met die heilsleer aan die mense verkondig.

[10] Ek wil nou nie dadelik beweer dat mens egter alles wat U gedoen het op die baie plekke wat U goddelike voete betree en besoek het, aan die mense moet oorlewer nie; maar die belangrikste dade mag nie vergeet word nie!

[11] Of die mense wat baie later sal lewe, dit miskien enkel en alleen as vrome historiese mites sal beskou, sal na my mening die waarheid van U leer nie erg nadelig beïnvloed nie. Want hy, wat die goddelikheid van U persoon in die leer ontdek het, sal U dade ook waar en baie begryplik vind; maar wie U leer nie sal aanneem vanweë die dade wat U in ons teenwoordigheid gedoen het, omdat dit vir hom heeltemal te ongeloofwaardig voorkom, sal ook, sonder om U dade te ken, die lewenswaarheid in U leer netso min vind as wat die tempeldienare in Jerusalem dit tot nou toe, en die Fariseërs in ander plekke, dit nie gevind het nie! - Heer en Majesteit, het ek gelyk of nie?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205