|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 77
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Buite na die storm
77 Toe ons die oggend heeltemal versterk wakker word en die leerlinge sien dat dit `n baie newelagtige oggend was, vra hulle My of Ek ook hierdie oggend buite sou deurbring.
[2] Ek sê: “Ons het tog al dikwels sulke newelagtige oggende en grou dae beleef, en dan het Ek tog met julle na buite gegaan; so kan ons ook hierdie oggend wel `n uur buite deurbring. Ek wil deur hierdie grys oggend `n teken doen vir die heidene wat geen enkele geloof het nie, sodat hulle daardeur makliker tot die geloof in één, enige ware God bekeer kan word, en daarom sal ons hierdie oggend ook na buite gaan. Maar wie in die huis wil bly, moet dit doen!”
[3] Almal sê: “Heer, ons laat U nie in die steek nie; ons gaan waar U gaan, en ons wil steeds by U wees!”
[4] Ek sê: “Staan dan op, en dan gaan ons na buite!”
[5] Met hierdie oproep van My staan almal op, ook die herbergier, en ons maak ons klaar om na buite te gaan; en toe die herbergier instruksies vir die oggendmaal gegee het, gaan ons na buite met die breë pad op, wat langs die herberg loop.
[6] Buite gekom, sien ons `n groot mensemassa, wat op die breë weg gaan lê het; want die mense het die nag nie in hulle huise durf deurbring nie.
[7] Die storm, waarmee `n taamlike kragtige aardbewing gepaardgegaan het, het wel heeltemal gaan lê; maar iedereen was bang dat dit weer opnuut kon begin; daarom durf die mense nie na hul huise terug keer nie en het hulle die nag in die ope deurgebring.
[8] Ons tref ook die twee bure van die herbergier aan, wat ons in die nag in hulle groot angs besoek het, terwyl die storm die ergste gewoed het. Hulle het ons nie herken nie, omdat dit taamlik donker in die eetsaal was.
[9] Toe hulle die herbergier en naas hom ook hulle welbekende kommandant sien, loop hulle hulle tegemoet, en begroet veral die kommandant en sy ondergeskiktes en wens hulle geluk, omdat hulle die vorige nag oorleef het sonder om skade te gely het.
[10] Die kommandant beantwoord die oggendgroet en vra aan die twee of hulle net soos die orige inwoners van hierdie plek die nag buite deurgebring het.
[11] Die twee antwoord: “Hoë gebieder! Ons het aanvanklik nie die moed daarvoor gehad nie! Totdat die storm losgebreek het, was ons wel in ons huise; maar toe die aardbodem begin te bewe, verlaat ons ons huise, net soos byna alle ander burgers van hierdie stad om buite beskerming te soek vir die lewe van onsself en ons familielede.
[12] As ons ou huise van hout gebou was, soos wat die meeste huise van Galilea, Judea en nog ander landstreke, wat ryk aan hout was, sou die storm en die aardbewing ons nie na buite gedryf het nie; maar omdat ons huise gebou is van die maklik breekbare klippe wat in hierdie omgewing voorkom en by `n hewige aardbewing maklik kan ineenstort, is dit vanselfsprekend baie raadsaam om by sulke hewige storms die huise so vinnig moontlik te verlaat en ons na buite te begewe.”
[13] Die kommandant sê: “Hoe is dit dan met die beskerming van die gode, waarvan die meeste Grieke en Romeine tog so `n hoë dunk het?”
[14] Kyk, ek het my onder die beskerming van één God en in die volste geloof en vertroue op Hom baie goed en sonder enige vrees of angs in hierdie Judese herberg bevind! As julle ook so `n geloof en so `n vertroue gehad het, sou julle sekerlik in julle huise gebly het, sonder enige vrees of angs dat julle enige ongemak sou kan oorkom, terwyl julle bowendien nog geweet het dat die huise al baie en miskien selfs groter storms getrotseer het. Teen sulke angs en vrees beskerm alleen `n vaste geloof en `n werklike vertroue op die een ware, almagtige, uiters wyse, uiters goeie, alwetende en alsiende God. Wie nie so `n geloof en so `n vertroue het nie, is by alle stormagtige verskynsels, wat altyd weer op aarde voorkom, aan alle moontlike kwelling en pyn blootgestel, en aan die grootste, wanneer sy laaste uur onafwendbaar voor die deur staan! - Begryp julle dit?”
|
|
|
|
|