Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 209

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die voedingsproses in die menslike liggaam

209 (Die Heer:) “My beste vriend en opperstadsregter, Ek sal jou op jou vraag, wat heel skerpsinnig uit jou mond gestel was, ook `n helder en skerpsinnige antwoord gee.

[2] Kyk, tussen die deur My bewerkte wonders bestaan daar wel skynbaar `n duidelik voelbare verskil, maar nie in die grond van die saak nie. Kyk, alles wat jy eet en in jou maag opneem om jou liggaam te versterk en in lewe te hou, is gladnie so dood soos wat jy dink nie! Dit het drie dele: Ten eerste `n materiële deel, wat jy sien en voel en waarvan jy, as die voedsel goed voorberei is, in jou mond `n lekker smaak waarneem en waarvan jy tevore ook al met jou neus die fyn geur ingeadem het. Kyk, dit is die gedeelte wat jou liggaam in die lewe hou!

[3] As, ten tweede, die spyse in die maag aankom, word hulle daar in sekere sin vir die tweede keer gekook, en daarby ontwikkel daar twee hoofbestanddele, waarvan die een, die growwere, dien om die liggaam, sy ledemate en spiere te voed, terwyl die ander deur die bloed, wat van hierdie twee bestanddele afkomstig is, oral heen gelei word waar die liggaam voeding en versterking nodig het.

[4] As hierdie twee bestanddele in die boonste maag voldoende onttrek is aan dit wat jy geëet het, en in die liggaam versprei is, word jy dors en neem jy drank in. Daardeur kom die voedsel in die onderste, kleiner maag, wat in twaalf vakke verdeel is. Hier word, deur middel van `n spesiale gistingsproses, die eteriese stof uit die klein selle van die voedsel gehaal en dien om die senuwee lewend te hou, vandaar dat jy die stof ook die “senugees” kan noem.

[5] Die buitengewoon fyn eteriese, wat ons “substansie” sal noem, word deur die milt langs `n heel verborge weg na die hart gelei en gaan vanuit die hart volledig gesuiwer oor in die siel van die mens, en so haal die siel uit al die opgeneemde voedsel ook wat aan haar verwant is, na haar toe, en word daardeur in al haar afsonderlike bestanddele, wat geheel ooreenkom met die van die liggaam, gevoed en versterk.

[6] Dit kan jy maklik merk aan die feit dat die dinge wat jy sê, en jou oordeel onbeholpe en onsamehangende spinsels van gedagtes en idees is wanneer jy honger en dors het; maar as jy eers goeie, suiwer voedsel geëet het en ook goeie, suiwer wyn gedrink het, sal die dinge wat jy sê en ook jou oordele in `n baie kort tyd `n heel ander karakter kry - en dit gebeur deurdat die siel dan ook versadig en versterk word. As jy vir `n lang tyd geen voedsel en geen drank tot jou sou neem nie, sou die denke, spraak en oordele weldra baie gebrekkig daar uitsien.

[7] As die spyse eenmaal hulle belangrike deel aan die liggaam, die senuwee en die siel afgegee het, word die in feite onsuiwer deel van die materie, wat jy tot jou geneem het om jou liggaam in die lewe te hou, via die twee natuurlike uitgange uit die liggaam verwyder. As `n mens egter in ieder opsig `n swelger geword en sy buik tot afgod gemaak het, dan kan die voedsel wat tot hulle geneem is, asook die te veel wyn wat in die maag gegiet is, nie meer volledig afgeskei word in die twee mae nie, wat Ek vir jou uitgelê het. Daardeur beland daar nog baie dele - wat die liggaam, die senuwee en die siel in die lewe moet hou, maar wat nie van die voedsel onttrek is nie - in die groot buik en die derms en vir `n ander deel via die lewer en die milt in die urineblaas; daar veroorsaak dit opnuut gisting, waaruit allerlei siektes vir die liggaam mettertyd ontwikkel en wat die siel traag, afgestomp en gevoelloos maak.

[8] Uit die kwade stowwe kom dan egter nog `n ander kwaad voort. As die slegte, nog ongegiste natuurgeeste uit die invloedsfeer van so iemand, duidelik merk dat hulle in sy buik en sy onderliggaam al `n groot aantal aan hulle verwante natuurgeeste versamel het, dring hulle weldra die liggaam van so `n mens binne en verenig hulle met die soortgelyke geeste in die liggaam.

[9] As dit gebeur het, sien dit al met so iemand baie sleg daaruit. Weldra maak `n aantal moeilik of ongeneesbare siektes meester van, nie net sy liggaam nie, maar ook van sy siel; en deur die feit dat sy in haarself baie verswak en traag gemaak word, kan sy nie verhinder dat sy steeds meer in haar sinnelike en lydende vlees oorgaan nie.

[10] Om te verhinder dat `n siel heeltemal materieel word, bestaan daar geen ander middele as die groot siektes van die liggaam self nie. So iemand verloor dan alle eetlus en probeer deur geneesmiddels die ou vuil uit sy liggaam te verwyder. Hier en daar bereik hy wel `n soort genesing, maar nooit heeltemal volledig nie, en so iemand hoef maar `n bietjie bedagsaam te wees of hy sy vroeëre kwelgeeste weer tot lewe gewek het, en sy tweede lydende toestand is dan gewoonlik erger as die eerste.

[11] Maar dit alles is nie die enigste erge toestand wat die mens hom deur sy vraat- en dranksug op die hals gehaal het nie; daar kom nog `n derde, veel erger een by, en die bestaan uit die sogenaamde besete-wees deur één of verskillende werklike bose geeste, wat korter of langer gelede in werklikheid in die liggaam van die een of ander mens hul lewe ter beproewing van hul vryheid deurgemaak het.

[12] Van die derde kwaad kan geen enkele aardse arts die mens meer bevry nie, maar net Ek en ook diegene wat van My die krag en mag daarvoor ontvang het.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205