Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 213

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Oor die verkondig van die evangelie aan alle skepsele

213 Ek sê: “Nou begin My Gees tog eindelik aktief in julle te word! Want as julle `n beter geheue sou gehad het, sou julle jul ook herinner het dat Ek julle die beeld voorheen by `n goeie geleentheid sodanig uitgelê het, dat julle by die uitbreiding van My leer nie so sal handel soos die onverstandige saaier nie, wat die koring ook op strate, klippe en struikgewas saai, maar soos die verstandige saaier, wat sy koring in goeie aarde saai. Kyk, Ek het julle al voorheen gesê dat julle die hele wêreld moet ingaan en My evangelie moet verkondig aan alle skepsele! Sê My, Simon Juda, hoe het jy dit eintlik begryp?”

[2] Simon Juda sê: “O Majesteit en Heer, met hierdie heilige vraag van U, het U `n enorme klip van my bors gewentel. Want dat U daardie beroep op ons gedoen het, het altans die dwase gedagte by my opgeroep, dat U daarmee in erns wou dat ons later nie net aan die mense nie, wat eintlik `n goeie akker voorstel, maar ook aan die berge, bosse, mere en riviere, aan alle voëls en alle in die lug lewende diere, alle diere op die aarde en selfs aan alle visse in die water U evangelie moes predik; want die skepsele is nou eenmaal alles wat deur U geskape is, en as ons U evangelie in die hele wêreld aan al die geskapene moet verkondig, het my verstand tog onmoontlik iets anders kon bedink as letterlik ten uitvoer te bring wat U aan ons opgedra het.

[3] Of ons met daardie werk, in die besonder by die verskeurende ongediertes van die woestyn, heelhuids sou weggekom het, kan nie met sekerheid aangeneem word nie. U wil is natuurlik die Heer oor alles, en as ons dit ooreenkomstig U wil ook letterlik sou doen, sou ons van die woestheid en woede van die diere stellig minder te vrese hê as van die hoogmoed en die eiebelang van die wêreldse mense; maar met die taal wat ook vir sulke skepsele verstaanbaar sou moet wees, sou dit met ons duidelik baie sleg afgaan!

[4] Mens sê dat daar in die groot Indië werklik mense bestaan wat met die diere kan praat; maar daarvan het ek nog niks van naderby te siene gekry nie, en derhalwe kan mens so `n sage dan nie glo nie. Die laaste is na my mening dan ook die verstandigste!”

[5] Ek sê: “Kyk net, Simon Juda, wanneer ons die beeld van die saaier op jou en julle almal betrek, sal dit met betrekking tot domheid waarskynlik nog duideliker vir jou wees as voorheen; want as jy My simboliese eis om My evangelie aan alle skepsele te verkondig, so begryp het soos jy so pas onder woorde gebring het, het jy jouself daarmee al die getuienis gegee dat jou verstand as saaier nog nie so heel besonder is nie. En tog het Ek met daardie beeld `n baie korrekte en waaragtige eis aan julle gestel. Want kyk, as julle My evangelie aan die regte mense verkondig, sal hulle daardeur in alle dinge wys en magtig word deur My Gees in hulle, en dan sal hulle met die krag van My ook die minder geskikte mense vir My leer win!

[7] Ek het die mens op hierdie aarde geplaas om heerser en meester te wees oor alle skepsele - wat hy egter al baie lank nie meer is nie, en hy moet hom daarenteen deur die skepsele van hierdie aarde laat oorheers. Maar as hy deur My Gees weer die ene word wat hy sou moet wees, sal hy weer meester en heerser van alle skepsele word en in staat wees om hulle vir hulleself diensbaar en nuttig te maak.

[8] As die mens dit nou tot stand sal kan bring, wil dit dan nie soveel sê as: My evangelie is aan alle skepsele verkondig nie? Want as jy met My mag in jou `n leeu, `n tier of `n beer kan beveel om weg te gaan na waar sy plek is - soos wat jy My al verskillende kere sien doen het – sal dit vir jou daarby tog duidelik wees dat My woord en wil deur alle skepsele begryp word.

[9] Het Ek julle nie al herhaaldelik gesê dat julle, as julle `n egte geloof sonder twyfel sou gehad het, selfs aan `n berg sou kon sê: “Verhef jou en stort jou in die see!”, en dit dan sou gebeur wat julle sê? Maar as My woord in julle al deur berge begryp word, sal alle ander skepsele dit sekerlik ook begryp; maar daarvoor is natuurlik die egte skranderheid van `n saaier eers nodig!

[10] My beste Simon Juda, nou sal jy die beeld van die saaier wel duideliker begryp as tot nou toe! As daar nou nog iets is wat jy op dieselfde manier begryp het as My aansporing om My evangelie aan alle skepsele te verkondig, kom dan na vore daarmee!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205