Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 103

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

`n Wonder met simboliese betekenis vir die priesters

103 (Die Heer:) “Julle het My `n teken gevra om te doen, en daarom sal Ek ook een voor julle oë doen; maar julle sal nie deur die teken salig word nie, maar alleen deur julle geloof in My en die lewe volgens My leer!

[2] Kyk, hier op hierdie heuwel, wat heeltemal kaal en woes is, staan nog `n ou vyeboom wat al meer as dertig jaar verdor is! Toentertyd ontlaai hom hier `n geweldige onweer, die reën val in strome uit die wolke neer op die aarde en spoel die skaars bogrond van die aarde weg van die rotsagtige bodem, en so verdor die gras en bome weldra, omdat hulle nie meer gevoed kon word nie.

[3] Kyk, met hierdie heuwel en met die taamlike uitgestrekte omgewing daarvan en dus ook met hierdie boom is dit presies so gestel soos met julle kennis van die een, enige ware God! Sonder die ware, innerlike ken van die een, enige ware en lewende God is alles vir die mens dood en woes en dor en moet dit ook so wees; hy verdor en kwyn weg omdat hy geen voedsel vir sy siel en gees kan vind nie, omdat die storm van sy wêreldse gesindheid die voedende en lewebringende aarde, wat God se lewende woord is, van hulle weggespoel het. So is ook hierdie boom en al die gras daaromheen verdor en dit kan nie uit homself tot lewe kom nie, omdat daar geen grond aanwesig is nie, maar hy kan dit alleen deur God se mag, wat nuwe grond kan skep, wat alles bevat wat vir die lewe van plante nodig het. En so wil Ek dat hierdie hele streek en in die eerste plek hierdie heuwel, ongeveer twee elle hoog met vrugbare aarde bedek word! - Dit geskied!”

[4] Toe Ek dit gesê het, was die hele streek en ook die heuwel met duidelik baie vrugbare aarde bedek, waardeur die heidense priesters so verbaas en van stryk raak, dat hulle begin te bewe en die een, wat die vorige aand al onderrig was, uitroep: “Ja, Die Een wat ek so lank tevergeefs gesoek het, het ek hier gevind! U, o Heer, groot, gewyd en bo alles magtig, is waarlik Self Die Een oor wie U sê dat ek Hom nog sou vind! Want alleen `n God kan `n woeste landskap deur Sy woord in één oomblik met die mees vrugbare aarde bedek; vir `n mens is dit onmoontlik!

[5] Heil ons, dat ons U eindelik heeltemal so gevind het, want ons het al `n lank tyd verlang om U te vind! Nou is die noodlottige sluier van Isis in één oomblik voor ons oë opgelig. O alle eer en alle liefde van julle aan U alleen, ewige groot, enige ware God en Heer!

[6] O, vergeef ons ons baie sonde, wat ons in ons groot blindheid teenoor U en ook vir teenoor ons medemense begaan het! Ons wil en sal van nou af aan met U bo alles magtige hulp soveel moontlik alles weer goedmaak wat ons ooit aan kwaad gedoen het; wees ons genadig en barmhartig, stoot ons sondaars nie te ver van U weg nie, ons God en ons Heer!”

[7] Ek sê: ”Jy het nou goed gespreek, maar jou vlees en bloed het jou dit nie ingegee nie, maar die gees van My woord, wat jy in jou gemoed opgeneem het. Ook jy is nou met geestelike vrugbare aarde bedek soos wat ook hierdie heuwel en hierdie baie wye omgewing bedek is, en wat in jou woes en dor was en geen vrug ten lewe kon voortbring nie, sal oral groen begin te word en `n ryk verskeidenheid aan vrugte voortbring, wat jou siel werklik sal voed en volledig versadig vir haar ewige lewe.

[8] Bly dus werksaam soos wat jy jou dit voorgeneem het; dan sal jy binnekort opbloei tot lewe vir baie, soos wat hierdie heuwel en die hele omgewing daarvan nou deur My woord groen sal word en sal opbloei; en terwyl jy `n mens was wie se gees van lewenswaarheid tot nou toe dood was, sal jy ook net deur My woord, wat jy as `n lewende Godswoord aangeneem en in jou opgeneem het, geheel en al tot lewe gewek word om ware lewensvrugte voort te bring, soos wat ook hierdie vyeboom nou voor julle oë sal doen, terwyl hy dertig volle jare dor en dood was en hier net nog die stam en enkele sterker wortels en takke te sien was.

[9] Ek wil nou, dat hierdie heuwel saam met die hele omgewing groen word en opbloei om ryklik vrugte voort te bring, en dat hierdie ou en verrotte vyeboom weer lewend word en vrugte voortbring as voeding vir die mense en voëls van die hemel! Dit is so!”

[10] Op hierdie woorde van My word die heuwel en die hele omgewing groen en bloei op, en die vyeboom kom vol blare en blomme te sien en kry ook baie nuwe takke en wortels.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205