Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 113

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Hoe moeilik dit is vir verdwaalde siele aan die anderkant om terug te draai

113 (Die Heer:) “En kyk, die siel van hierdie mens, wat Ek jou nou getoon het, het deur baie lyding en pyn, wat hy deur sy lewe in stryd met die orde aan homself besorg het, nugter, geduldig, beskeie, suiwerder geword en kragtiger om aan sy innerlike lewe te werk, en hy is ernstiger en dieper in homself gekeer. So word ook die siele in die groot wêreld aan die anderkant deur allerlei soorte lyding, wederwaardighede (moeilike ervarings) en ook pyn, wat hulle egter alleen maar aan hulleself besorg, mettertyd gelouter, en wel deurdat sy self `n egte afkeer kry van haar verkeerde handelswyse en wat sy in haarself steeds dieper begin te verafsku; sodoende verander sy haar liefde, haar wil en daarmee ook haar denke en strewes volkome, keer in haarself, dit wil sê, in haar ware lewensgees en gaan op die manier as’t ware van tree tot tree oor na `n helderder en gelukkiger bestaan.

[2] In die groot wêreld aan die anderkant gaan dit ewewel moeiliker en moeisamer as op hierdie wêreld, en by baie siele, wat te diep ingesink is in hulle lewe, wat in stryd met My orde is, sal daar vir jou `n onvoorstelbare lank tyd nodig wees, voor hulle in hulleself die weg na My ewige en onveranderlike orde sal gevind het.

[3] Op hierdie aarde staan elke mens op `n vaste bodem en het vóór hom `n groot aantal goeie en slegte weë en om hom heen allerlei raadgewers, leiers en lerare; hy kan met slegs weinig ondersoek maklik vir die goeie kies en so ook sy liefde en sy wil verander, en op die manier kan hy in al sy handelinge volgens My orde, wat aan hom steeds duideliker word, steeds volmaakter word. Maar in die ander lewe het die siel van die mens niks anders as net haarself nie en skep sy haar eie wêreld, net soos in `n droom.

[4] In so `n wêreld kan daar ook geen ander weë wees as die, welke `n siel vanuit haar liefde, wil en fantasie vir haarself gebaan het nie.

[5] As haar liefde en wil volgens My orde goed en geregverdig is, al is dit ook slegs vir die grootste deel, dan sal so `n siel ook spoedig na enkele bittere ervaringe, wat sy waarskynlik opdoen langs die een of ander weg wat in stryd is met my orde, natuurlik vroeër en makliker die weg van die orde kies, daarop voortgaan en op die manier van haar bestaan in fantasie en droom oorgaan na `n ware en reële bestaan, waar in die steeds helderder lig alles wat vroeër nooit in haar gedagtes kon opkom nie, steeds begrypliker vir haar word.

[6] En so `n siel, wat al suiwerder geword het, deurdat sy self haar lewe verbeter het, kom dan natuurlik vinnig en maklik vooruit. Maar `n siel wat in `n wêreld van drome en bose fantasieë leef - dit wat voortgekom het uit haar eieliefde en haar eie wil, beide in stryd met die orde - en waar dikwels nouliks `n weg halfpad binne die orde bestaan en kan bestaan nie, sal daarenteen baie moeite hê om in haarself te verkies om op haar weg, wat nouliks merkbaar so halfpad binne die orde loop, na `n lank tyd `n weg op gaan wat geheel binne die orde loop en na die ware lig van die lewe lei, en daarop met nog baie hindernisse stry om geheel en al binne My orde op te styg.

[7] Hoe sal dit in die ander wêreld met `n siel gaan, wat nog geen halwe- of `n kwartweg binne My orde het nie, en dus ook geen weg sal kan vind nie? Kyk, dit is al die eintlike hel!

[8] So`n siel sal in al haar tallose slegte weë in haar duistere wêreld van drome en fantasieë opgaan en sal haar selfs tot heerskappy oor My wil verhef.

[9] Maar omdat sy nie net niks daarmee sal bereik nie, maar alleen maar steeds meer sal verloor, word sy ook steeds toorniger, grimmiger en in steeds groter woede wraaksugtiger, maar daardeur ook steeds duisterder en magteloser.

[10] Stel jou nou eens die tallose slegte weë in die dwase fantasiewêreld van so `n siel voor! Wanneer sal sy dit alles deurloop, voordat sy sover sal kom dat sy ook maar baie lig gaan vermoed dat al haar strewinge en inspanning sinnelose dwaasheid is, en dat daar daarna in haar `n seker verlange wakker en aktief gaan word, om in die vervolg liewer te gehoorsaam te wees as om self oor alles te wil heers?!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205