Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 188

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Oor valse Christusse (Gesalfdes), vals profete en vals wonders. Wenke vir die gedrag van die leerlinge

188 (Die Heer:) “Ja, vele Judeërs sal ook in My glo, en vele glo al; maar dit sal nie lank duur voor daar `n groot aantal onder hulle sal opstaan, waarvan elkeen `n ander evangelie oor My sal skryf en verkondig, soos dit nou al op baie plekke die geval is, waardeur dan vele valse Christusse sal ontstaan. Want hierdie valse verbreiders van My leer sal aan hulle leerlinge sê: “Kyk, hier is die ware Christus - en ek kan dit weet, aangesien ek Sy ooggetuie was!” En `n ander sal oor sy Christus dieselfde beweer.

[2] En so sal hierdie valse profete weldra ook groot verwarring stig onder die heidene, omdat hulle in die eerste instansie as Judeërs makliker geloofwaardigheid sal vind as deur My gewekte heidene, en onder die predikaat “in My Naam” sal hulle ook valse wonders en tekens doen, daardeur baie mense verlei en hulle vir hul valse Christusse win.

[3] Ek sê dit nou vir julle, sodat julle dit kan weet, as julle self nog teen sulke valse profete sal stoot, en julle dan nie glo wat hulle onderrig nie, maar in My Naam teen hulle getuig en die volk teen hulle waarsku, die valse profete egter self straf en hulle daarvan weerhou om My leer uit te brei.

[4] As julle in dié werksaamhede lou sal word, sal julle soos sout lyk wat kragteloos en nutteloos geword het. En as die sout kragteloos en nutteloos geword het, waarmee moet mens die spyse dan smaak gee? Leer die volkere dus veral dat hulle hul moet behoed vir die valse profete en hulle woorde,en om nóg hulle tekens te glo!

[5] Julle self moet egter nie oneens word nie, in woorde nóg in idees - maar gee alles in die volle, in sigself nêrens teensprekende waarheid aan die mense soos wat julle dit van My ontvang en by My gesien het! Want as julle onder mekaar oneens word en die een dit en die ander dat sal sê, sal julle daardeur self die onheilbrengende saad van die tweedrag in My leer lê en julle daarvoor in weinig beloning by My kan verheug. Merendeels sal mense julle egter herken as My egte leerlinge, as julle mekaar liefhet, soos wat Ek julle ook steeds liefgehad het, en nooit tot twis en rusie verval nie, wat by die valse profete al baie gou die geval sal wees; daarby sal die een Christus wat deur hulle verkondig word, die ander onder allerlei vervloeking en verdoemenis vervolg, waardeur My leer, wat Ek julle gegee het, netso seer in stukke gebreek sal word soos binnekort Jerusalem en ander stede, waar geen steen op die ander gelaat sal word nie.

[6] Maar Ek sal tog weet om My leer wel heeltemal suiwer te bewaar tot aan die einde van die tye. Wee egter mettertyd alle anti-christusse! Hulle sal hul kwade praktyke nie veel langer bedryf as wat die Judeërs sedert die tyd van Moses tot aan My toe met My gedoen het nie, en Ek sal hulle besoek met `n wêreldoordeel wat nog erger sal wees as wat dit ten tyde van Noag, Sodom en Gomorra was, en nog veel ander stede en volkere meer tot in hierdie tyd.

[7] Ek sal egter tot aan die einde van die tye voortdurend by Myne bly en op verskillende wyses na hulle toe kom, nou eers hier en dan weer daar; Ek sal in alle dinge Self hul Leraar wees - want in die tyd sal Ek dan ook kom soos `n bliksem, wat van dit ooste tot die weste ophelder en alles verlig wat op aarde duister en donker was.

[8] Kyk, daardie sterk lig van die bliksem sal hulle, die teenstanders naamlik, net so vernietig as wat die lig van `n bliksem krewe doodmaak, wanneer dit op hulle skyn! Daar bestaan `n ooreenkoms tussen diere en mense wat die voortgaan in My lig verafsku en voortdurend, netsoos die Israeliete, na die volle vleispotte van die duistere Egipte terugverlang. So het `n kreef, wat by voorkeur in Egipte voortkom, ook die eienskap dat hy gewoonlik sy voedsel in duister slyk soek; en as hy al van tyd tot tyd per ongeluk na die lig kruip, maak hy vinnig weer `n terugtrekkende beweging en soek hy weer sy duistere slyk op.

[9] Sê My eers: lyk die Judeërs van nou in die Beloofde Land nie nog volkome op die deur Moses uit Egipte bevryde Israeliete nie, wat in die woestyn, in plaas van om vooruit te gaan om in die Beloofde Land te kom, net terugverlang na die Egiptiese vleispotte en daarom Moses verwyt het dat hy hulle uit Egipte weggelei het, waar dit so goed met hulle gegaan het? Is dergelike mense nie te vergelyk met die lelike slykdiere, wat die lig van `n bliksem nie kan verdra nie en hulle steeds agterwaarts in plaas van na vore beweeg om hul voedsel te soek?

[10] Daarom het Ek by hul uiteindelike oordeel voorsien en bepaal, dat hulle ten slotte almal sal omkom deur die vuur en die lig van My bliksem.

[11] En so sal dit in vervulling gaan wat Ek julle al eens per geleentheid gesê het, naamlik dat Ek die aarde ten slotte deur vuur van haar vuil sal laat reinig.

[12] Ek dink dat Ek jou daarmee meer as voldoende die redes getoon het waarom die lig van die Judeërs afgeneem en aan die heidene gegee sal word.

[13] Weliswaar sal die Judeërs as sodanig nog onder die heidene voortbestaan onder alle volkere op aarde, en hulle sal nog op `n Messias hoop, wat egter nie meer sal kom nie; daarom sal hulle voortdurend lyk na diere soos honde en varke, want `n hond keer altyd terug na wat hy uitgespu het en `n vark na die modderpoel waarin hy hom gebad en bevuil het.

[14] Die drievoudige bedekking voor die gelaat van Moses sal voor hul oë bly hang, aangesien hulle die helder lig van die hemele nie kan verdra nie en daarom die innerlike betekenis van die geskrifte van Moses en die profete nooit sal vat en begryp nie.

[15] Is jy nou tevrede met hierdie goed gefundeerde verklaring van My?"

[16] Die leerling van Johannes sê: “O Majesteit en Heer, ek moet wel daarmee tevrede wees, omdat ek nou maar al te duidelik insien dat dit presies so is en ook in die toekoms sal wees, soos wat U nou hier in alle duidelikheid aan ons almal geopenbaar het.

[17] O, wie kan iets daaraan doen as die mense hul vrye wil soseer misbruik en hulle liewer aan die leiband van die duiwel laat rondlei en verlei as om U raad op te volg, wat hulle so graag wil verhef tot alle vryheid en hulle die ewige lewe in U ryk wil gee!

[18] Ek hoop net dat U, o Majesteit en Heer, nog baie middele sal oorhou om in die loop van vele tye ook uit die krewe mense te voorskyn te roep, wat U sal herken; want U het hulle tog nie op hierdie wêreld laat kom om hulle vir ewig, wat hul siel aanbetref, sulke krewe te laat bly nie?”

[19] Ek sê: “Wat aan die langdurige tye van die toekoms voorbehou is, lê verborge in die raadsbesluit van My liefde en wysheid; dit sal egter nog lang tye duur voordat die lig van die laaste son sal uitdoof. Die mense sal vele sterre aan die hemel sien uitdoof en weer ander in hul plek sien tree - maar die eintlike krewe sal daarby nog nie veel van hul lelike gedaante kwytgeraak wees nie. Maar by My is duisend aardse jare soos `n oomblik; wat één lang tyd nie tot stand kan bring nie, kan miskien `n volgende of die duisendste tydsperiode wel.

[20] Wie wil dat hy gehelp word, sal ook binne `n kort tyd gehelp word; wie egter in sy starheid wil volhard, laat hy volhard so lank dit hom pas - en wil hy ewig daarin volhard, dan staan dit hom ook vry! Want ook die inwendige materiële liggaam van die aarde, netsoos dit van die eindeloos vele ander hemelliggame, het sy voeding nodig om in stand te bly, en dit sal verskriklik lank duur vir `n atoom uit die inwendige van die aarde om weer die oppervlak daarvan te bereik.

[21] Jy sal weliswaar nie begryp wat Ek hiermee wil sê nie: Die verlore seun is weliswaar al op sy weg terug, maar daar sal nog byna eindeloos lang tye nodig wees, voordat hy geheel en al in die ou Vaderhuis sal terugkom.

[22] Op klein skaal lyk elke sondaar ewenwel soos `n verlore seun, oor wie se ware terugkeer groter blydskap sal wees as oor nege-en-negentig regverdiges, vir wie boete nie noodsaaklik is nie.

[23] Die woord wat Ek tot julle spreek, geld egter nie net vir hierdie aarde nie, maar op analogiese wyse vir die hele oneindigheid; want My woorde is geen menslike woorde nie, maar God se woorde, en hulle word ook deur die tallose miriades engele gehoor en van die een einde van My eindeloos vele skeppinge na die ander gedra en sal oral hul uitwerking hê.

[24] Dit begryp jy ook nie; maar wanneer jy in die gees wedergebore is, sal jy ook in die eindelose diepte van My ontferming kan kyk. Neem voorlopig genoeë met wat jy nou gehoor het; want soortgelyke dinge as wat Ek nou aan julle gesê sal Ek in hierdie wêreld nie veel meer sê nie! Hou dit dus by en in julleself tot die tyd van julle innerlike verligting, waarna ook julle met begrypende en verligte mense kan praat oor alles wat julle van My gehoor het; maar hou dit vir jouself teenoor nie begrypende mense, en werp My pêrels nie as voer vir die varke nie!”

[25] Die leerlinge hou dit vir hulle, hou hul ook daaraan by die uitbreiding van My leer en het veral aan die Judeërs weinig ander dinge oor My geopenbaar as veral My lyding en sterwe en My opstanding, en dat Ek dienooreenkomstig werklik die Messias was. Maar selfs oor hierdie laaste gebeurtenisse was hulle dit volkome met mekaar eens. Dit blyk al uit die feite dat na die berig van die vrouens oor My opstanding - veral die van Magdalena - enkele van die leerlinge geglo het, ander weer nie en die mededeling van die vrouens as `n sprokie beskou het, totdat Ek persoonlik aan hulle verskyn het en nog heelwat moeite gehad het om hulle volledig daarvan te oortuig dat Ek opgestaan het. By hierdie geleentheid het Ek die leerlinge weliswaar gesê dat hulle hul veral daarvoor moes behoed dat hulle oneens met mekaar sou word; maar dit gaan by en onder hulle net soos by ander mense: Hulle gees was gewillig, maar hul vlees swak.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205