|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 15
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
RafaEl verklaar die verhouding van die planete tot die son
15 Toe RafaEl alle genoemde planete op die beskrewe wyse aan die Romeine getoon het, sê hy verder vir hulle: “Dit is nie voldoende dat julle nou weet, dat dit met hierdie sterre baie anders gestel is as wat dit tot nou toe totaal onwaar in julle voorstelling bestaan het nie. Julle moet ook baie duidelik begryp in watter verhouding alle planete, wat julle nou gesien het, tot die son staan; let dus nou op!
[2] Ek sal julle die son in `n baie klein afmeting voor julle oë plaas. In die eerste instansie sien julle hier `n taamlike groot bal met `n manslengte deursnee, omgewe deur `n kragtige, wit skynsel; want hierdie bal, wat die son voorstel, mag nie omgewe wees met die volle ligsterkte van die son nie, omdat julle hom nie van naderby sou kon bekyk nie - laat dit vir julle dus voldoende wees, wetende dat hierdie bal die son voorstel.
[3] Kyk, die skynsel, wat hierdie bal omgeef, is die eie atmosfeer van die hemelliggaam, wat dit aan alle kante omring! By die egte son*, wat as geheel ongeveer duisendmaal duisend kere groter is as hierdie aarde, is die ligskynsel baie, baie kragtiger. Maar let nou goed op, ek sal die ligtende omhulsel enkele oomblikke oopmaak, sodat julle kan sien hoe die eintlike vaste sonliggaam daaruit sien en tewens opmerk dat die hemelliggaam vir nog baie ander doeleindes deur die Heer geskape is, as net om die ander hemelliggame te verlig en te verwarm!” *[Die samestelling van die son word uitvoerig beskrywe in die boek “Die natuurlike Son” van Jakob Lorber”.]
[4] Hierop loop die drie nader na die bal toe, na die plek waar hy onthul was, en bekyk hom met groot aandag; RafaEl gee daar `n uitgebreide en maklik te verstane verklaringe by.
[5] Toe die drie, in die kort tydjie van nouliks `n kwartier, in geheel `n ware oorsig van die son gekry het - van haar inrigting, haar bewoonbaarheid en haar aktiwiteit, invloed en verhouding ten opsigte van die ander planete, waarvan hulle die ooreenkomstige inrigting in bepaalde songordels terugvind - en dit ook begryp, sê RafaEl: “Let nou buitengewoon goed op; want nou kom vir julle Romeine die eintlike hoofsaak! Eers wanneer julle dit begryp, sal julle ook volledig van die waangeloof bevry word, waardeur julle dink dat die aarde in die sentrum staan en alles - die son, die maan en alle sterre - om die aarde beweeg en elke dag hulle reis deur die see moet maak, wat na julle mening van die een einde van die hemel tot die ander reik.
[6] Daar is ons sonbal, en kyk, ek sal nou eers alle planete wat julle ken in `n regte lyn vanaf die sonbal in hulle korrekte verhouding en afstand opstel!”
[7] Daarna sien die Romeine eers Mercurius, daarna Venus, toe die aarde en één vir één die orige planete, alles in die korrekte verhouding en korrekte afstand, en hulle moes natuurlik `n aardige endjie langs die vlak oewer van die meer wandel, voor hulle by Saturnus kom. Bowendien merk hulle op `n nog baie groter afstand twee ligpunte op wat soos planete lyk, en hulle vra RafaEl wat sou beteken.
[8] RafaEl sê: “Ek het julle tog al dadelik in die begin gesê dat daar, behalwe die planete wat julle veral ken, nog enkeles is. Maar hulle is nou vir julle nog nie van belang nie; in latere tye sal hulle deur bepaalde wyse mense ook nog ontdek en van naderby beskrywe word.
[9] Tussen Mars en Jupiter sien julle ook nog `n groot aantal ligpunte wat soos planete lyk. Ook dit is vir julle nou nog nie van belang nie; mettertyd sal ook die en baie ander deur die wyse mense ontdek en noukeuriger beskrywe word. As julle later ook meer daaroor wil weet, praat met die leerlinge van die Heer daaroor; want hulle is ingewy in alle geheime van die sigbare sterrehemel. Ook in Kis by die groot tolpagter Kisjona, wat nou hier aanwesig is, sal julle maklik `n Griek vind met die naam Philopold, wat nou ook hier is en net soos enkele hooggeplaaste Romeine selfs in Rome in al die dinge ingewy is; van hulle kan julle baie leer.
[10] Maar ons sal dit nou met rus laat en weer terugkeer na ons sonbal, sodat ek nog vir julle die bewegings van die verskillende planete rondom die son kan laat sien!
[11] Nou keer die drie weer saam met RafaEl terug na die sonbal.
[12] RafaEl plaas hom so hoog in die lug, dat alle planete daar verby kon sirkel; hulle was te midde van alle planete nog wel sigbaar, en die planete sirkel daar verby in die korrekte verhouding, alhoewel in `n korter tyd. RafaEl deel egter die korter tyd van `n uur so goed in, dat Saturnus byvoorbeeld slegs `n uur nodig het vir sy volledige omlooptyd en dat alle nader staande planete hulle in eweredige, matematiese noukeurige korter tydspan beweeg, net soos die mane rondom die planete waarby hulle hoort. Dit gee vir die Romeine `n buitengewone verbasingwekkende skouspel, en te meer omdat RafaEl hulle al die bewegings grondig en baie begryplik verklaar.
[13] Toe Saturnus na `n uur weer op die plek kom waar hy begin beweeg het, laat RafaEl alles weer verdwyn en sê: “Nou het ons die voorbeelde nie meer nodig nie, aangesien hulle `n goeie diens vir julle gedoen het! As julle hierdie saak nou vanuit die ware grondslag begryp en ook insien dat dit alleen maar so en nie anders kan wees nie, sal ons nou weer na die huis van die opregte Ebal terugkeer!”
[14] Daarmee was die Romeine tevrede en loop nou vol blydskap saam met RafaEl na die huis van Ebal, waar hulle ons almal opgewek aan tafel by die aandete aantref.
[15] Die eerste wat hulle doen was om My bedank vir alles wat hulle in so `n korte tydjie deur die wonderbaarlike jongman geleer het.
[16] Ek sê vir hulle: “Kom julle nou by ons sit, en eet en drink en versterk julle - daarna sal ons weer met mekaar praat!”
[17] Dit doen die drie ook dadelik en verkwik hulle nou met vis, brood en wyn.
|
|
|
|
|