Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 184

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die doel van die stryd in die natuur

184 (Die Heer:) “Jou vraag is eintlik, waarom Ek die vyandelikhede toelaat op `n hemelliggaam, soos wat die aarde daar één is. Daarop sê Ek vir jou dat daar, behalwe hierdie aarde, ontelbare veel groter hemelliggame is, en daar sal jy heeltemal geen of slegs baie weinig van hierdie aardse vyandelikhede onder die geskapene aantref.

[2] Ja, waarom dan juis op hierdie aarde? Ek sê vir jou: Omdat die mense van hierdie aarde, wat hulle siel en gees betref, in die posisie is om kinders van God te kan word, waardeur hulle dan tot dieselfde in staat is as Ekself; daarom is deur die mond van die profete ook al aan die oues gesê: “Julle is My kinders en derhalwe elohim (gode), netsoos Ek, julle Vader, God is!”

[3] Maar om `n siel in die posisie te kry moet hulle, soos mens pleeg te sê, na `n lang reeks van jare in `n sekere sin saamgestel word uit `n ontelbaar aantal sielsdeeltjies uit die ryk van alle skepsele op hierdie aarde, en die saamvoeg van die gereeld eindeloos vele siele van skepsele is dit wat die ou wyses, wat wel daarvan op die hoogte was, die “sielsverhuising” noem.

[4] Die uiterlike, materiële vorm van die skepsele vernietig mekaar wel oor en weer, maar daardeur word vele siele, wat in die skepsele woon, vry; die gelyksoortiges verenig hulle en word op `n volgende, hoër vlak weer in `n materiële vorm verwek, en so voort tot by die mens.

[5] En soos dit met die siel gaan, so gaan dit ook met haar bybehorende gees, wat die eintlike opwekker, verdere begeleier, ontwikkelaar en instandhouer van die siele is tot aan die menslike siel, wat daarna eers volledig haar sfeer van vryheid binnetree en in staat is om haarself in morele opsig verder te ontwikkel.

[6] Eers wanneer die siel haar deur haarself tot `n bepaalde graad van geestelike volmaaktheid verhef het, verenig sy haar lig- en liefdegees van die anderkant met haarself, en vanaf daardie oomblik begin die mens in alles steeds meer op God te lyk; en as die liggaam dan van die siel weggeneem word, is sy al `n geheel op God gelykende wese en kan sy vanuit haarself alles tot bestaan roep en ook deur haar wysheid in stand hou.

[7] Wat Ek jou nou gesê het, vind slegs op hierdie aarde plaas en op geen enkel ander hemelliggaam in so `n overweldigende oorvloed as juis op hierdie aarde nie, en wie verstand het, moet dit begryp om die volgende redes: Omdat hierdie aarde ooreenkom met My hart, maar ook Ekself slegs één hart en nie verskillende harte besit nie, kan daar ook maar één deur My gesitueerde hemelliggaam wees, wat volkome ooreenstem met My hart, en wel met die mees innerlike lewenspunt daarvan.

[8] Dit sal jy nou nog nie heeltemal duidelik insien nie, en as Ek dit aan jou verstand so duidelik moontlik wil maak, sou ons meer as duisend jaar besig wees voordat jy My innerlike wysheid ook maar `n bietjie duideliker sou kan begryp.

[9] Maar as jy in jou siel één word met My Gees, sal jy in één oomblik meer insien en begryp as wat jy nou self via die weg van moeisame ondersoek in duisend jaar sou doen.

[10] En omdat Ek nou juis hier is en alle dinge vir My moontlik is, sal Ek jou toon wat daar van die jagparty, wat jy vandag gesien en gadegeslaan het, met betrekking tot die siel geword het.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205