Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 96

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die Heer gee onderrig oor die verval van die mensdom

96 Daarop sê Ek vir die heidense priester: “In jou betoog tot My het jy nie geheel onwaar opgemerk dat bepaalde godhede slegs uit die fantasie van sulke mense ontstaan het, wat wil heers oor hulle medemens, wat vir hulle moes werk en veg nie, sodat die heersende mense buitengewoon goed kon lewe en hulle kon vermaak.

[2] Maar kyk, in die begin van die tye wat die mense op aarde geleef het, was dit nie so nie! Toe ken elke mens die een, enige ware God, en baie duisendmaal duisende is deur Hom onderrig, gelei en beskerm. Aan iedereen was diepgaande en grondig getoon dat hy hom nie vrywillig deur alle bekoringe gevange moes laat neem nie, omdat dit die siel in die oordeel van die materie en haar dood sal trek en doof, blind en gevoelloos maak vir al die goddelike en suiwer geestelike.

[3] Maar omdat God aan elke mens die grootste moontlike vryheid van wil gee om Sy raad op te volg, as om ook die aantrekkingskrag van die wêreld te volg, laat baie mense hulle baie gou deur die wêreld bekoor en verblind; daardeur verloor hulle God uit die oog, omdat hulle innerlike gesig deur die slegte liefde tot die wêreld volkome blind geword het.

[4] En kyk, eers toe `n groot deel van die mense deur die wêreld verblind geraak het en daardeur die enige ware God volkome uit die oog verloor het, begin die blinde mense allerlei gode vir hulle self te maak, wat hierdie blinde wêreldse mense, omdat hulle deur God met allerlei plae besoek word, om hulle van die wêreld af te keer, moes help in hulle groot nood; en dit gebeur vir betaling van allerlei offers en deur die gebede van die priesters - waaruit maar al te gou trotse heersers ontstaan het.

[5] Maar hulle was nie gehelp nie; want die een, enige ware God kon en mag hulle nie gehelp het nie, sodat hulle nie nog meer versterk sou word in hulle verblinding en goddeloosheid nie. Want as God hulle na die aanroep van hulle valse en totaal nonbestaande gode die gewenste hulp sou gegee het, sou dit eers egter `n ware triomf vir die hebsugtige en bo alles heerssugtige priesters gewees het, en diegene wat gehelp sou wees, sou hulle uitgeput het in die bring van offers om te sorg dat die priesters en gode hulle nooit meer vyandiggesind sou word nie.

[6] En kyk, omdat die Judeërs - wat die uitverkore volk van God is, omdat hulle vadere hulle uit liefde vir Hom die langste nie deur die wêreld laat bekoor en verblind het nie - hulle mettertyd ook van God afgewend en hulle net soos die heidene na die wêreld gekeer het, het hulle ook doof en blind geword, en nou erger as die heidene; want hulle het begin om die verlorene te soek, en baie van hulle het dit alweer heeltemal teruggevind.

[7] Maar by die meeste egte Judeërs het dit nog nie opgekom om die verlorene, die ewige waarheid, te soek nie; hulle voel hulle baie behaaglik in hulle lewensnag. Hoewel hulle by hulle self wel voel dat hulle goddeloos is, wil hulle daarvan, vanweë die ryk offers, niks aan die volk laat merk nie en is hulle die bitterste vyande van diegene wat die volk `n ware lig kan gee, wat die korrekte weg na God kan toon en wat werklik kan help om Hom te soek en sekerlik ook te vind.

[8] Daarom sal die bietjie heeltemal wegkwynende lig wat sulke Judeërs nog het, ook nog van hulle afgeneem word en aan die heidene gegee word, wat werklik daarna verlang.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205