Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 83

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die kommandant vra hoe hy hom teenoor die priesters moet gedra

83 Toe die goeie wyn hulle tonge losser gemaak het, was hulle des te meer in die stemming om te praat, en hulle bring dinge na vore, waar selfs My leerlinge hulle erg oor begin te verbaas.

[2] Terwyl die twee baie goeie dinge bespreek, kom een van die rabbi's na ons toe in die eetsaal, om ons herbergier met klem daarop te wys dat ook hy, as Judeër, die God van Abraham, Isak en Jakob `n offer moes bring, omdat Hy hom deur die vrome gebed van beide Sy dienare in hierdie ou stad Golan daartoe laat beweeg het om al sy besittings teen vernietiging te behoed.

[3] Hierdie voorstelling van sake deur die rabbi laat een van die twee bure byna uit sy vel spring van ergernis, en hy staan ook vinnig op van sy stoel, loop na die brutale rabbi toe en sê: “Vriend, het geen van julle ou wyses en profete by een of ander geleentheid eens voorspel, wanneer die tyd sou kom dat daar geen leuenagtige en werkskuwe priester meer geduld sal word nie?

[4] Skaam jy jou werklik nie om as priester, ons mense wat hulle aan die waarheid wy, met `n meer as growwe leuen onder oë te kom nie?

[5] Wanneer en waar het jy tot julle God gebid om die besittings van hierdie agtenswaardige buurman en vriend van my te spaar?

[6] Kyk, ons het jou en jou kollega, wat presies so is soos jy, die nag op die groot plein vol vrees en angs sien kerm en klappertand, en julle het `n plek uitgesoek wat die veiligste blyk te gewees het!

[7] Waarom het julle eintlik nie in julle sinagoge gebly nie, waarvan jy tog self sê dat God daar julle gebede verhoor het? Het julle by die sterk muur by die plein vir die welsyn van julle volk gebid?

[8] O, ons ken julle presies en baie goed soos ons eie afgodedienare, en sê: Julle het niks meer hier te soek nie! Maak dat jy wegkom, anders sou `n baie magtige man onder ons wel eens kan sorg dat jy wegkom!”

[9] Nou kry die rabbi die kommandant in die oog, sê geen woord meer nie en verlaat vinnig ons herberg.

[10] Daarop sê die buurman: “Die een, enige ware God van die ware Judeërs sy alle lof - want ons is een van die smerigste godloënaars kwyt!”

[11] Die kommandant sê: “Ja, ja, hy het hom soos `n dief uit die voete gemaak, en sy kollega sal dit wel agterweë laat om ons te besoek; maar ons heidense priesters, wat nou al goed gehoor het dat ek my hier bevind, sal my waarskynlik nie onbesoek laat nie. As hulle kom - hoe sal ek my as Romeinse kommandant moet gedra? Want ek moet in naam van die keiser die beskermer van die priesters wees; maar hoe moet ek dit doen, noudat ek die een, ware, lewende God leer ken, Hom bo alles liefhet en ons veelgodedom en hulle priesters, wat vol is van dwalinge en skandelike bedrog, bo alles verag en haat?”

[12] Ek sê: Nie so nie, My vriend! Kyk, ook die priesters van julle gode - wat natuurlik nooit in werklikheid bestaan nie, maar net ontspruit het uit die fantasie van mense wat oor hulle medemens wou heers – is in hierdie tyd baie minder skuldig aan die bestaan van die duistere heidendom te beskou as in die begin, toe die mense nog vol in die een, ware God geglo het, die heidendom begin te predik en die mense deur valse tekens steeds uitgebreider en talryker daartoe begin te bekeer!

[13] Hulle glo self nie in hulle gode nie, maar hou die volk tog in die ou bygeloof, in die eerste plek om hulle broodwinning by die volk te vind, in die tweede plek omdat hulle die waarheid nie besit nie, en in die derde plek omdat hulle ook deur die staatswette daartoe verplig was - tewens deur hulle aan `n opperpriester afgelegde eed te bind met die naam Pantheon*, waarin al hulle gode inbegrepe was. (*tempel vir alle gode)

[14] As dit egter so met julle priesters gesteld is, sal jy sekerlik ook insien dat jy nie soseer moet haat as om te bekla nie. Probeer jy dus ook om hulle op die weg van die waarheid te bring, en as hulle dit aanvaar, sorg daarvoor dat hulle ander werk kry! Want vir die keiser is dit nie van belang of iemand `n Jood of heiden is nie, as hy hom maar net gee wat hom toekom – jy hoef jou dus, wat die keiser aanbetref, geen sorg te maak dat hy jou miskien ter verantwoording sou roep vanweë enkele priesters van Zeus en Apollo, wat na die ware en in God lewende Judeërdom oorgeloop het nie.

[15] Bowendien het deur My toedoen die vernaamste maghebbers in die wêrelddeel in hulle hart al sedert baie jare tot die lewende Judeërdom oorgegaan, soos die opperstadhouer Cyrenius, sy jongste broer Cornelius in Rome, die staatsman Agricola en verskillende mense aan sy sy, hulle is dit ook eers sedert `n halfjaar of iets langer.

[16] Aangesien die manne wat Ek nou net aan jou genoem en nog baie ander nog geen harde maatreëls van die keiser te verduur gekry het nie, sal ook jy des te minder vrees daarvoor hoef te hê, omdat Ek jou, as jy aan My trou bly, van My spesiale beskerming verseker en jou ook die vermoë sal skenk om in My Naam siekes te genees en besetenes van hulle kwelgeeste te bevry. En meer het jy voorlopig nie nodig nie.”

[17] Toe die kommandant dit van My gehoor het, word hy meer as gelukkig van groot blydskap in sy hart en sê: “Heer van my bestaan en lewe! Aan U alleen alle lof, alle eer en alle dank vir die so groot, nooit deur my verdiende barmhartigheid; U wil sal deur ons almal uitgevoer word, netsoos U engele in die hemel dit doen, en U heilige naam word altyd hoog geloof en geprys!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205