Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 100

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die vroeëre openbaringe van die Heer aan die priester

100 Ek sê: “Jy het weliswaar in menige opsig gelyk, maar oor die geheel geneem tog volkome ongelyk; want jy beskuldig die Godheid van nalatigheid en volledige onverskilligheid teenoor die mense - en dit, vriend, is nie waar nie, ook al lyk dit so vir jou verstand!

[2] God het Hom altyd aan die mense geopenbaar, en dus ook aan jou, in Rome al en nog duideliker in Thebe, en één keer, toe jy aan die oewer van die Nyl gesit het, het jy `n duidelike stem gehoor wat sê: “Lees Moses, en leef volgens die wette wat daarin geskrywe staan, en jy sal vir jou vind wat jy soek!”

[3] Toe begin jy Moses en ook die ander profete weer te lees; maar tog het jy om allerlei redes nagelaat om volgens die wette te lewe en te handel.

[4] Een jaar later kom jy nogmaals by dieselfde plek aan by die rivier, hoor opnuut dieselfde stem en dink lank daaroor na. Maar tog kom jy nie tot handeling nie. Want ten eerste was jy `n Romeinse priester en wou jy volgens jou denke nie in stryd met die wette van Rome handel nie, omdat `n wêreldse nadeel vir jou daaruit kon voorkom, hoewel jy goed geweet het dat dit nie vir `n priester verbode was om ook in die God van die Judeërs te glo nie. En ten tweede lyk die handeling volgens die wette van Moses te lastig vir jou en beskou jy ten slotte die stem wat jy duidelik gehoor het, tog net as `n sinsbegogeling, wat maklik kon voorkom; en jy dink by jouself dat, as daar iets waar in die stem gesteek het, dit hom wel later sou laat hoor.

[5] En so het jy daarna nog goed verder nagevors en gesoek, maar tot handeling het jy nie gekom nie en jy het gelyk soos `n boumeester, wat die een boutekening na die ander maak; as dit egter op die praktiese uitvoering van die bouplan aankom, laat hy hom deur die moeite en die koste afskrik en kom hy nie tot bou nie.

[6] Dink, besin, oordeel, navors of soek is geen daad nie, vriend, maar alleen die voornemens tot `n daad - maar aangesien die lewe self geen voornemens tot `n daadwerklike lewe nie, maar die daadwerklike en werksame lewe self is, moet die voornemens om te lewe ook `n daadwerklike lewe word, as jy daardeur wil bereik wat jy soek.

[7] Weliswaar het jy af en toe iets gedoen, maar dit was te min om jou innerlike gesindheid `n ander rigting te gee, en so bly jy steeds op een en dieselfde plek staan; eers noudat jy vir die eerste keer die volkome vaste wil opgeneem het om `n heeltemal ander mens te word, en wel volgens die deur My aan jou bekend gemaakte wil van die een, enige ware God van die Judeërs, en daarom sal jy Hom ook in `n oorvloed van waarheid vind wat jy solank tevergeefs gesoek het.

[8] Jy het dit eintlik al gevind; jy is net nou nog te vergelyk met iemand wat midde in `n digte bos die bome van die bos nie kan sien nie.”

[9] Die priester sê: “Luister, werklik baie wyse meester, hoe moet ek dit begryp en opneem?”

[10] Ek sê: “Kyk net daar! Daar staan `n leë beker, maar Ek wil dat dit vol wyn kom, en jy moet van die wyn drink! Neem dit maar en drink, en beoordeel dan of `n magiër dit ook kan bewerkstellig!

[11] Toe die priester dit sien en die wyn beproef, wat buitengewoon kruidagtig smaak, kyk hy My met groot oë aan en sê: “Waarlik goddelike wyse meester, dit is nog nooit deur `n mens tot stand gebring nie! U moet met die enige ware God van die Judeërs wel in `n baie magtige verbinding staan; want U wil en die wil van U God lyk wel volkome één te wees.

[12] Die beker was tog volkome leeg, en U het hom net deur U wil heeltemal gevul met `n uitgelese, uitstekende wyn, soos wat ek slegs één enkele keer in Rome by die hoogste priester `n dergelike wyn geproe het, wat die naam vinum olympicum* gedra het. *(Latyn vir Olimpiese wyn of godewyn.)

[13] Omdat U dit kan doen, sal U nog wel baie ander dinge kan doen! Wie dit met die vriendskap van die Godheid so ver gebring het soos U, kan hom ten slotte natuurlik ook volledig onsterflik maak.

[14] Ja, as ek ook as Judeër op hierdie wêreld gekom het, het ek dit miskien ook tot `n hoë vlak van eenwording met God kon bring - want aan die wil en die ywer sou dit nie by my ontbreek het nie; maar omdat ek as heiden in die diepste nag op hierdie wêreld gekom het, het ek die korrekte weg nooit kon vind nie, en sodoende bly ek in steeds dieselfde nag hang en kon ek tot nou toe geen waaragtige lig verkry nie. Maar van nou af aan moet dit anders word!

[15] Staan my nou egter toe dat ek na my kollegas gaan en hulle meedeel wat ek hier verneem het; want ook hulle voel net soos ek wat hulle ontbreek.”

[16] Ek sê: “Gaan dan, en spreek die waarheid!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205