Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 235

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die ontstaan van die Dooie See

235 Terwyl ons so besig was om ons liggaam te versterk, vra die herbergier My tog weer, of Ek hom nie iets meer kan sê oor die merkwaardige karakter van die Dooie See nie, en of dit wel waar was dat verskillende stede in die ou tyd op die plek bestaan het, wat deur `n besondere beskikking diep in die aarde gesink het en dit op die plek toe hierdie Dooie See gevorm was.

[2] Ek sê: “Jy het `n goeie onderwerp gekies; hierdie behoorlik groot see het sedert die tyd die naam “Dooie See” gekry, omdat op die bodem daarvan twee groot stede, Sodom en Gomorra, en nog sewe ander, kleiner stede met al hulle inwoners en diere begrawe lê.

[3] In dié tyd het die Jordaan `n heel ander loop en stroom uit in die egte see gehad, en wel in die seeboesem by Arabië, wat ook die “Rooi See” genoem word. Maar in die tyd van Abraham en Lot vind die ramp plaas deur die wil van die een, enig ware en almagtige God, en die stroomgebied van die Jordaan self het laer kom lê as eers; en so stroom die Jordaan rivier nie meer uit in die Arabiese seeboesem nie, maar in die Dooie See.

[4] Wanneer jy of iemand anders met `n geskikte skip langs die oewer van die see sou vaar, op `n tyd dat die see geen dampe afgee nie, sou jy nog enkele reste van kleiner stede onder die waterspieël sien; maar, soos gesê, die oewers van die see mag alleen bevaar word as daar bo die oppervlak van die water geen damp te siene is nie.”

[5] Die herbergier sê: “Dit is dus tog waar wat die profeet Moses in sy boeke oor die ontstaan van hierdie see sê! Weliswaar het al verskeie reisigers wat op verskillende plekke oor hierdie see gereis het, vertel dat hulle vanaf die hoë, steil oewers wat die see omring, bepaalde mure sou gesien het; maar ekself het tot nou toe nog nooit iets te make gehad met die omgewing van die Dooie See nie. Wat sou jy ook daar moet doen? Want sover die oog reik sien jy niks anders as hoë rotse, wat na die see toe steil na benede gaan en net so dood is - dit wil sê: sonder enige begroeiing - soos die see self, waarin jy selfs daar waar die Jordaan daarin uitmond, geen vis meer kan ontdek nie.

[6] Mens sê dat daar maar weinig plekke is waar jy met veel moeite onder by die waterspieël kan kom, wat voortdurend `n sterk swaelgeur afgee, en ek het dus nooit besonder veel sin gehad om die natuur van hierdie dooie see nader in oënskou te neem nie. Ek is geen jagter nie, en verder sou ek nie weet waarom ek as ou man my aan die gevaar sou moet blootstel om die steil, rotsagtige oewers van hierdie dooie see te klim nie, wat hier en daar behoorlik hoog is; die vlak oewers, waar mens makliker nader by die see kan kom, lê `n paar dagreise hiervandaan en behoort al tot die klipperige Arabië. Ek glo dus liewer in alle rus wat U sê, want ek is geen vriend van die dood nie, en daarom ook nie van die Dooie See nie. Ek het die geleentheid gehad om die egte, groot see te bevaar en te leer ken, en dit het my genoeg probleme gegee; hierdie Dooie See sal my dus nie sien nie!

[7] Wat was eintlik die oorsaak, waardeur die een, enig ware, groot God die stede in die diepte van die aarde laat versink het?”

[8] Ek sê: “Niks anders as die ongehoorsaamheid teenoor die enig ware, groot God, wat die volk herhaalde male heel ernstig gewaarsku het om van sy groot sondigheid af te sien en sy sondige woonplek te verlaat, omdat dit geheel op `n diep in die aarde geleë swaellaag geleë was en die Godheid wel geweet het wanneer dit sou ontbrand.

[9] Maar die volk bly in sy groot sondigheid, hoerery, swelgery van allerlei aard en slaan geen ag op die goddelike vermaning nie, behalwe Lot en sy klein familie. En sien, in die hele wye omtrek van die Dooie See kom dit tot die geweldigste vuuruitbarstings, soos wat jy dit ook in die omgewing van Italië en Sicilië gesien het, en die hele uitspansel was so vol vuur, dat dit in `n digte reën van brandende klompe swael en pik op alle stede begin neer te stort.

[10] Daardie vuur het meer as veertien dae lank geduur. Daardeur word daar onder die dun aardlaag van daardie stuk land `n hol ruimte gevorm, en die land stort met alles wat hul daarop bevind in die vurige diepte, wat eers geleidelik aan met die water van die Jordaan en enkele kleiner stroompies gevul word. As dit nie gebeur het nie, sou ook die hele dal van die Jordaan inwendig aan die brand geraak en ingesak het; want ook daardie hele dal rus op swael en aardpik. En hiermee het Ek jou nou in kort alles op natuurlike wyse onthul wat julle by Moses in breër verband gelees het!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205