Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 201

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die veranderde omgewing by die berg Nebo

201 Die opperstadsregter staan op en rig sy blik na alle kante op die omgewing en herken dit nie meer nie; want hy sien `n groot aantal baie weelderige, volledige ryp graanlande, verder met naby grasbegroeide weiding, wat homself byna onafsienbaar ver uitstrek, en rondom die stad groot tuine, wat vol staan met die edelste vrugtebome. Ook die berg Nebo, waarop ons onsself bevind, het heeltemal groen geword en rondom begroeid met die pragtigste vyebome en wynstokke. Ook sien hy ietwat benede die stad `n behoorlike groot vywer, van waaruit verskeie stroompies in verskillende rigtings stroom.

[2] Toe die opperstadsregter en ook die ander dit alles sien, slaan hy - netsoos die herbergier, die drie Apollopriesters en ook die fariseërs en die Judeërs - sy hande van verbasing bo sy hoof en sê: “O Heer, dit is haas oneindig veels te veel, en dit gaan werklik al my voorstellings te bowe! Wat sal die mense, wat in hierdie stad en in die taamlik uitgestrekte gebied daaromheen woon, van dié verskynsel sê? Daar kan onmoontlik `n ander gedagte by hulle opkom as dat een of ander barmhartig geworde God dit alles gedoen het deur die bede van een van sy priesters; maar ek sal die volk baie gou daarvan op hoogte bring hoe en waardeur dit alles so geword het.

[3] Maar nou vra ek U, o Heer, om nóg vir my nóg vir hierdie hele streek `n tweede teken te doen; want die teken het my, behalwe my verbasing, tegelyk ook buitengewoon in verleentheid gebring, en daar sal daaroor waarskynlik vandag nog en môre van alle kante soveel vrae kom, dat ons nie voldoende passende antwoorde daarop sal kan gee nie!”

[4] Ek sê: “Dit sal natuurlik wel so wees; maar Ek sal ook daarvoor sorg dat dit julle nie sal ontbreek aan die regte antwoorde nie, en die hele bevolking van hierdie uitgestrekte streek sal bly en dankbaar huiswaarts gaan en vergader wat daar op elke stuk grond groei. Maar jy kan dit met die hulp van jou vele ondergeskiktes wel tot `n wet vir julleself maak dat jy die volk ernstig op die hart druk om geen rugbaarheid hieraan te gee nie, omdat dit hulle daardeur uit veel verder geleë streke vele hebsugtige en afgunstige mense op hulle hals sou haal en uiteindelik na die wapen sou moet gryp om die afgunstige vyande weg te hou van die geseënde grense van hierdie landstreek.

[5] En ook julle, My leerlinge en julle Judeërs, moet onder die Judeërs daar in die Beloofde Land geen ophef hieroor maak nie; want vele sou julle nie glo nie, maar julle maar net uitlag en vervolg. En veel ander, swak Judeërs sou julle wel glo, en deur julle ook in My glo; maar daardie geloof sou vir hulle geen stewige basis hê nie, omdat hulle dit ten eerste deur hulle eie toevoegings maar al te gou groter sou maak, soos wat hulle met al hulle bygeloof doen, en ten tweede sou so `n manier van verder uitbrei te baie na die ou bygeloof ruik en sodoende slegs `n baie twyfelagtige geloof bewerkstellig; want as mens later in hierdie streek sou kom om hulle van die wonder te oortuig, sou mens sê dat ook egte vlyt en ywer van die mense dit tot stand kon gebring het.

[6] Maar later kan julle dit wel op verstandige wyse vermeld by die mense, wat My leer al volkome aangeneem en daardeur My ryk binnegegaan het. Die sal julle glo, maar ook sê: “Ja, wat sou daar vir die Almagtige onmoontlik kan wees? As ons Hom het, het ons deur Hom alles!”

[7] Bly dus in die eerste instansie slegs by die leer, en naderhand kan julle eers oorgaan tot My tekens, wat ewenwel met verloop van tyd tog weinig geloof sal vind, hoe waar hulle ookal is; want die verstand van die mense sal eers ophou om die dinge te bekritiseer, as hulle ingewy kan word in die fundamentele oorsaak van die ontstaan daarvan, en die inwyding sal by baie, nie hier op aarde nie, maar eers aan die anderkant, kan plaasvind.

[8] Volg hierdie raad van My op, dan sal julle daardeur sonder probleme vorderings maak; in die ander geval sou julle wel eers met baie klippe des aanstoot te make kry! Goed is dus goed, maar beter is ook ewig beter, en die beste is dit wat Ek julle gesê het.”

[9] Hierop gee almal My hulle woord dat hulle hierdie raad baie getrou sou opvolg, en die opperstadsregter vra My of hy die keiser ook daarvan op hoogte moes stel.

[10] Ek sê aan hom: “Laat die keiser voorlopig daarbuite, maar oor `n jaar kan jy My vriend Agricola in Rome daarvan in kennis stel, en hy sal dit te enige tyd tot jou voordeel ook wel aan die keiser oorbring! Vir die oomblik is dit egter voldoende om net jou gebied te onderrig; en as daar `n buurman uit die noordelik geleë stede na jou toe sou kom, sal hy jou self sê wie daarvoor gesorg het. Die kommandant Pellagius kan jy daarvan op hoogte bring; want hy is in militêre opsig ook oor hierdie stad aangestel, en ken My!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205