Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

RafaEl red Perse en Indiërs

4 Tydens die vyf dae, wat Ek saam met die nou bekende en volledig bekeerde Romeine by Markus deurbring, gebeur daar niks wat van besondere belang was nie. Ons maak klein togte in die omgewing, hier en daar genees Ek `n sieke, en die tweede dag het Markus op My woord `n groot visvangs onderneem en `n meer as ryklike vangs gemaak.

[2] Op die sesde dag nader `n skip die kuuroord vroeg in die oggend. Soos dikwels was ons voor die oggendmaal aan die oewer van die meer bymekaar en het na die uiteenlopende oggendtaferele en verskynsels gekyk; RafaEl verklaar dit aan die leerlinge en aan Kisjona en Philopold, wat nog aanwesig was, waaraan almal, behalwe Judas Iskariot, `n meer as groot vreugde beleef.

[3] Die skip wat die oewer nader het Perse en selfs enkele Indiërs aan boord, en het met behoorlike hoë golwe te kampe. Die skippers was Gadareners en ken ons oewer vol klippe; daarom laveer (vaar) hulle ook twee honderd tree van die oewer heen en weer, om te sien waar en hoe hulle die oewer met minder gevaar kon nader. Maar omdat die taamlike hewige oggendwind nie minder waai nie, gee die skippers tekens na die oewer dat hulle in nood was en hulp nodig het.

[4] Nou vra Markus My wat daar gedoen kan word, as Ek om die een of ander rede geen wonder wil doen nie.

[5] Ek sê: “Die Perse en Indiërs kan hulle met hulle diere en towerspel die beste wel bietjie bang laat maak deur die golwe, totdat ons klaar is met die oggendmaal; as ons dan weer na die oewer terugkeer, sal dit wel duidelik word hoe die skip gehelp kan word.”

[6] Daarmee was Markus tevrede, en vervolgens begewe ons onsself dadelik na die huis, na die welbereide oggendmaal.

[7] Na `n uur gaan ons almal weer na die oewer en tref daar die skip in dieselfde nood en moeilikheid aan. Nou eers gee Ek RafaEl `n wenk om die skip na die oewer te bring. Om nie by die aankomelinge te opvallend te wees nie, klim hy nou in `n roeiboot en roei vinnig na die groot skip.

[8] Toe hy daar aankom, vra die skippers hom, baie verbaas oor sy moed: “Wat wil jy, swak jongman, eintlik hier hê? Het jy ons te hulp gekom? Daaraan sal ons nie baie hê nie, want jy het nie eens `n tou of `n haak in jou boot nie! Waarmee wil jy ons sterk, - die groot skip aan jou ligte roeiboot vasmaak en ons as hulp via veilige diep water na die oewer bring?”

[9] RafaEl sê met `n luide stem: “Laat dit maar aan my oor! As julle wil en julle aan my toevertrou, kan en sal ek julle wel help; maar as julle dink dat ek te swak daarvoor is, laat julle dan by die sterk golfslag deur iemand anders help!”

[10] `n Skipper sê: "Laat ons eers sien wat jy kan doen en hoe sterk jy is, en wel onmiddellik, noudat ons jou gevra het, want anders sal ons weldra vergaan!”

[11] Nou gryp RafaEl een van die groot skip se uitstekende balke en trek dit pylvinnig na die oewer; en omdat hy sodoende, maar ook deur sy wil, `n groot massa water in `n sekere sin na die oewer opstu, raak die bodem van die skip nie die vlak grond nie en ly derhalwe ook geen skade nie.

[12] Die skippers en reisigers verbaas hulle buitengewoon oor die volkome onbegryplike krag van die jongman, wat so speels met die mag van die elemente omgaan, asof hy met `n aan `n grashalm hangende doudruppel en `n baie sagte oggendbriesie te make het, in plaas van met `n groot en sterk wind.

[13] Toe die skippers hulle nou op die rustige en veilige oewer bevind, prys hulle die moed en die goeie wil van die jongman en in die besonder sy uitsonderlike krag en handigheid by die gebruik daarvan, wat vir hulle alles aan die wonderbaarlike grens, en hulle vra hom hoeveel hulle as beloning daarvoor moes gee.

[14] RafaEl sê: “Ek persoonlik het julle beloning nie nodig nie. Maar as julle iemand teëkom wat nog armer as julle is, wat merendeels so is, bewys dan so liefde en barmhartigheid aan hulle!”

[15] Dit laat hulle almal verstom staan, en selfs die vreemdelinge sê: “Werklik, dit is `n buitengewone jongman!”

[16] Die voorval het groot opsien gebaar, en alle dienare van Markus kom na die oewer om te sien wat daar weer groots en ongehoord gebeur het.

[17] Toe die saak van naderby aan hulle uitgelê word, sê hulle almal: “Ja, ja, as die hemel en die aarde deur die Heer verenig word, word wonders al byna natuurlike verskynsels; maar as die Heer eenmaal weer sal teruggaan na agter al die sterre, sal daar weer `n groot gebrek wees aan dergelike grootse en buitengewone gebeurtenisse onder die mense op die aarde!”

[18] Daarop begin die reisigers hulle bagasie aan land te bring, en hulle vra inligting hoe hulle hul reis oor land tot aan die groot see kon voortsit. Dit word hulle ook uitgelê, en ons RafaEl neem dit op My aanwysing op hom om hulle verder te bring, sonder dat hy aan die reisigers ook maar in die minste verraai dat hy meer was as `n gewone aardse mens. Wel deel hy daarna in Tirus die reisigers mee in wie se nabyheid hulle hulleself bevind het, daar waar hy hulle op wonderbaarlike wyse gered het.

[19] Toe die reisigers dit hoor, wil hulle weer omdraai om My persoonlik te leer ken, en hulle bied RafaEl groot somme geld daar aan. Maar toe verdwyn RafaEl baie plotseling uit hulle gesig en bevind hy hom weer by ons.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205