Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 46

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die belang van die waarheid

46 Ek sê: “Jy hoef nie soveel woorde te gebruik het nie, dan sou Ek die goeie wil en die suiwer ingesteldheid van jou baie helder verstand ook begryp het. Maar omdat jy nou eenmaal gespreek het, is dit ook goed vanweë die ander, omdat jy baie goed gespreek het!

[2] Ek het tog ook nie gesê dat diegene wat My leer aan ander mense verkondig, My dade gladnie moet vermeld nie, maar daar moet nie teveel ophef daaroor gemaak word nie; en dan moet by voorkeur slegs die dade vermeld word, wat Ek die mense uit suiwer liefde bewys het, as Arts en Helper in die grootste nood van één of ook van verskillende mense.

[3] Daar moet egter geen ophef gemaak word van die dade egter, wat Ek- weliswaar uit liefde vir die mense - gedoen het om hulle vinniger van die waarheid van My leer te oortuig nie - wat net spesiaal in hierdie tyd nodig is, maar nie in die toekomstige tyd, waarin My woord op sigself al tekens sal doen nie. Want dit sou die mense baie gou meer laat verlang en begerig maak na allerlei wonderwerke as na die invloed van die ware lewe wat My leer in die mens het; en op wonderwerk beluste mense is ook sekerlik baie makliker en vroeër deur valse wonders, wat deur valse lerare en profete gedoen word, van die eintlike, innerlike lewenswaarheid af te bring, wanneer hulle dit alles noukeurig ondersoek en alleen die goeie en ware vir hulleself behou.

[4] Ek sal almal wat sonder twyfel en metterdaad aan die waarheid van My leer vashou, sonder meer wel die mag gee om in My Naam allerlei tekens van suiwer liefde te doen; so sal My woord vanself al wonders doen, wat vir die verspreiding van My leer sekerlik nuttiger sal wees as wanneer julle al die baie duisende tekens wat Ek gedoen het, aan die mense sou vertel.

[5] As julle egter vanuit die lewende gees van My woord die gawe verleen word om tekens te doen, moet julle ook nie al te openlik en opvallend daarmee omgaan nie, want daardeur sou julle die goeie saak van die waarheid van My leer baie meer skade as nut bring. Want alles wat opgedring en afgedwing is, wek nie My Gees in die siel nie, of hier en daar slegs gedeeltelik.

[6] Slegs die vrye, selfgekose en nie opgelegde (nie-opgedringde) waarheid, wat die eintlike lig en lewe van My Gees van liefde in die menslike siel is, is daartoe in staat. Doen dus by die mense wat na die waarheid dors, so min as moontlik wonderwerke, as julle geen halfdooie geloofspoppe van hulle wil maak nie!

[7] As julle egter by mense, wat meer in allerlei wêreldse wetenskappe tuis is, een of ander teken gedoen het, versuim dan nooit om hulle ook die oorsaak van die welslae te toon nie, sodat hulle geloof in My ook daardeur meer lewend word! Die oorsaak is egter altyd net Ek, en sonder My is niemand in staat om iets waaragtig tot stand te bring nie.

[8] Hoe dit aan mense met `n reeds helderder gees en kragtiger wil verklaar moet word, daaroor hoef niemand van julle sy hoof te breek nie; want as iemand van julle dit nodig het, sal dit hulle ook woord vir woord in die mond gelê word! Want na hulle wat My liefhet en My gebooie hou, sal Ek Self in die gees van alle waarheid toe kom en My aan hulle openbaar. Hulle sal van Myself te hore kry wat Ek alles in hierdie tyd geleer en gedoen het.

[9] Want as julle dit nou met alle omstandighede en bykomende gebeurtenisse alles in boeke sou wil opskryf, sou julle vir `n honderd jaar lank meer as duisend skrywers daarvoor nodig hê; en as alles in die byna ontelbaar baie boeke opgeskrywe sou wees, wie sou dit alles deurlees en tewens dadelik ook kan handel volgens My leer, wat hy uit die baie boeke selfs in verskeie honderde jare nouliks vlugtig sou kon deurlees? Daarmee sal julle nou almal goed kan insien waarom julle, van die tekens wat Ek gedoen het, nie baie ophef moet maak nie! Die waarheid sal wel vir haarself werk.

[10] As julle dit nou begryp het, laat ons na buite gaan, en sal Ek julle versterk en daarna sê wat daar vandag nog alles moet gebeur.

Toe loof almal My Wysheid, staan saam met My van die tafel af op en gaan saam met My na buite, na `n heuwel naby die stad Pella.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205