|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 119
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Die Heer onderweg na Betsaida
Die ontmoeting met die karavaan uit Damaskus
119 En nou sal ons weer na onsself terugkeer en sien - maar ook so min as moontlik - hoe dit vanaf Afek verder met ons gegaan het.
[2] Toe ons ongeveer twee uur deurgaans van die eerdergenoemde stad verwyder was, ontmoet ons `n baie groot handelskaravaan, wat vanuit Damaskus na die kusstede trek om daar haar ware te verkoop.
[3] Toe hierdie karavaan haarself egter, in plaas van om haar in die bekende woeste streek te bevind, in `n bloeiende, geseënde streek beland, ken sy die weg nie meer verder nie en verkeer onder die waan dat sy verdwaal het.
[4] Toe ons by die karavaan kom, kom die leier van die karavaan na My toe, omdat Ek vooruit loop en die leerlinge My volg, en hy vra My: “Kyk eens, goeie vriend, ons is handelsliede uit Damaskus en trek twee maal per jaar na die kusstede, omdat ons ons ware daar maklik en goed kan verkoop! Ons het altyd die weg via Afek, Golan, Abila, Pella en Genésaret geneem en ken die weg dus baie goed. Tot hier kon ons onsself onmoontlik met die weg vergis het en sou ons onsself nou al so naby die omgewing van die stad Afek moet bevind, dat ons dit binne `n paar uur sou moet bereik. Ons ken egter die onvrugbare gebied waarin die ou stad lê; dit begin hier, waar die weg baie hobbelrig word en tussen hierdie swart basaltrotse deur begin te loop, en dan weet ons dat ons in die omgewing is van ons haltplek vir die nag.
[5] Maar kyk net - hier is geen sprake meer van `n dor gebied nie! Alles is groen, en langs die weg staan groepe van allerlei vrugtebome, terwyl jy nog geen halfjaar gelede, toe ons ook oor hierdie weg getrek het, hier en daar nouliks `n heel verskrompelde dorningstruik gesien het! Ons moet ons dus tog `n keer vergis het op die weg, wat ons al solank ken, en nou weet ons nie waar ons onsself bevind en in welke rigting ons moet gaan om weer op die goeie weg te kom nie. Maar julle sal hier ter plaatse wel bekend wees om so goed en vriendelik te wees om ons te sê hoe dit is.”
[6] Ek sê: “As julle hierdie reis al baie dikwels gemaak het en tot by hierdie plek nie verkeerd gegaan het nie, sal dit van hier af verder ook wel die goeie weg wees, aangesien ons self nou langs hierdie weg van Afek afkom!”
[7] Die leier van die karavaan sê: “Jawel, jawel, jy sou baie goed gelyk kan hê, goeie vriend; want die ligging van die hele omgewing lyk tog te wees soos wat ons dit baie goed ken! Maar tog is daar streke wat presies die vorm het soos wat twee druppels water op mekaar lyk, maar tog geheel anders is, soos wat jy dikwels langs die Eufraat dergelike streke aantref.
[8] Maar ek glo wat jy sê, naamlik dat ons onsself hier al op die goeie weg na Afek bevind. Maar wat het die burgers van die stad gedoen, dat hulle die baie groot dorre gebied, in die midde waarvan hom in die stad met slegs enkele klein boomtuine bevind, in so `n kort tyd in so `n weelderige en bloeiende land verander het? Waar het hulle die duidelik baie vrugbare aarde vandaan gekry om in die wye omtrek die kaal gesteentes mee te bedek, en met welke middele het hulle dit hiernatoe gebring?
[9] Ons ken die mense in Afek goed en weet, dat hulle nog lank nie die vereiste middele en ewemin voldoende arbeidskragte besit vir so `n werk nie; en as dit die omgewing rondom Afek is - waaraan ek nou nie meer wil twyfel nie - sal dit egter nie op `n natuurlike manier gebeur het nie.
[10] As die inwoners van Afek nou streng en vroom Judeërs was, soos wat daar in Damaskus nog enkele is, dan sou jy jou kan voorstel dat daar `n groot profeet opgestaan het, iemand soos Moses of Elia, wat hierdie woesteny op wonderbaarlike wyse van grond en daarna van allerlei soorte plante en vrugtebome voorsien het. Maar die mense in Afek is verstokte heidene en bekende vyande van die Judeërs, en aan hulle sou iemand soos Moses of Elia sekerlik nie in die naam van JaHWeH so `n weldaad bewys het nie, maar hy sou baie waarskynlik net vir hulle gedoen het wat Moses die farao en Elia die afgodspriesters aangedoen het.
[11] Die verandering van die behoorlike groot gebied is dus egter `n raaisel, en ons kan ons maar net steeds meer daaroor verbaas. Ons verstand skiet egter te kort daarby en is te onnosel om vas te stel wat hier gebeur het. Vergeef ons dat ons julle, wat ook reisigers is, langer as wat betaamlik is, op hierdie plek staande gehou het!
[12] Maar staan my nog één ding toe, beste en baie gedienstige vriend, naamlik dat ek jou nog met die volgende vraag lastig val: Het julle hierdie streek nooit vroeër besoek, toe dit nog `n volkome woestyn was nie? Want ek vind dit merkwaardig dat julle dit absoluut nie vreemd vind dat hierdie streek nou `n uiters vrugbare land is nie.”
|
|
|
|
|